ONS NUUSBRIEF GEREFORMEERDE KERK BLOEMFONTEIN-NOORD

VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die
nuwe lewensjaar!

25 Feb: Anzelle Patterson 083 500 7136
28 Feb: Sr Elna de Bruin 082 562 2871
Sr Olga Ras 072 229 1127
29 Feb(!) Br Steward Anderson 083 376 9960
01 Mrt: Sr Estelle Ackerman 082 935 3858
Sr Ronél Coetzee 083 743 8137
Sr Chanelle Fouche 083 925 8279
01 Mrt: Br Hannes Fourie 082 923 5412
Sr Christi Storm 079 791 4377
Sr Natasha van Heerden 072 130 6690
Br Johan van der Poel 082 940 4620
03 Mrt: Sr Danielle Vorster 083 661 9344
Marlise de Witt 083 662 3462

BROEDERS TER APPROBASIE AS OUDERLINGE

Op die jongste Kerkraadsvergadering is eervolle ontslag toegeken aan oudl Koot Klopper (wyk Paul Rouxstraat). Daar is nog steeds vier ander wyke vakant nl Eeufeesweg, Jan Wilkenstraat, Langehovenpark 1 en Whitesweg. Ons hulpdienspredikant, dr Frans de Bruyn, het weer aangebied om die lidmate van laasgenoemde drie wyke te besoek waarvoor ons baie dankbaar is. Die name van die volgende broeders word nou ter approbasie aan die Gemeente voorgehou sodat hulle in bepaalde wyke as ouderlinge kan dien:

►Br Louis Steyn van Castaliastraat 10 – wyk Paul Rouxstr
►Br Francois van Niekerk van Schanskraal – wyk Eeufees weg

Ons bid hierdie twee broeders die seën van die Here toe by die oorweging van dié roeping!

GEMEENTEVERGADERING VOLGENDE SONDAG

Direk na die diens volgende Sondagoggend sal daar DV ’n Gemeentevergadering gehou word om die Gemeente in te lig
oor die stand van die Finansies in 2017 en om die begroting vir 2018 aan die Gemeente voor te hou. Dit sal nie lank duur nie en die katkisasie en teebedieing sal daarna normaalweg voortgaan. ’n Vriendelike beroep word op
alle lidmate gedoen om die vergadering by te woon en sodoende op die hoogte van sake te kom.

JAARLIKSE SUSTERSBYDRAE

Die susters word herinner aan hul vrywillige bydrae van R150 vir die jaar. Dit kan in die kassie in die voorportaal geplaas word, of nog beter, betaal dit in in die Susters se bankrekening by ABSA, takkode 632 005, rekeningnommer 0470 341 769.

TEEBEDIENING

Die gebruiklike teebediening vind weer vanoggend na die erediens plaas. Vandag is dit die beurt van wyk Groenvlei waar lidmate in daardie wyk die wyksouderling en sy vrou behulpsaam is. Volgende Sondag is dit die beurt van wyk
Heliconhoogte. Baie dankie aan almal wat daarmee gemoeid is!

EGSKEIDINGBEDIENING

Die Egskeidingbediening se derde van 13 byeenkomste het reeds plaasgevind. Oudl Dirk Coetzee is weer die aanbieder en
dit word vanjaar by die GK Bloemfontein-Suid in Walter Sisuluweg gehou. Enigeen wat die trauma van ’n egskeiding of
’n verhouding wat verbreek is, ervaar, is baie welkom om dit nog steeds by te woon. Skakel vir Dirk by 083 784 1993.

DEURKOLLEKTES

►Vandag se deurkollektes word vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg afgesonder. Ons weet hoe dringend hulle fondse van buite en veral van Gereformeerde Gemeentes nodig het, anders sal hulle nie kan bestaan nie, en gevolglik nie ’n tuiste aan die kinders kan bied nie!
►Volgende Sondag se deurkollektes sal vir die GKSA se Sustentasiefonds opgeneem word. Hierdie fonds help Gemeentes
wat nie finansieel onafhanklik kan bestaan nie sodat die Woordverkondiging steeds daar kan voortgaan. Verder word dit ook gebruik om voorposgemeentes te stig waar Woordverkondiging dringend noodsaaklik is.

GK SHALOM IN BOTSHABELO

Ons het verlede week berig oor die behoefte wat daar in Botshabelo bestaan om ’n eie kerkgebou te besit waarin hulle eredienste en ander gemeentefunksies kan hou. Op die jongste Kerkraadsvergadering het daar hoeka ’n skrywe vanaf die Klassis SuidVrystaat gedien waarin gevra word vir geldelike bystand. Die kerk se naam is die GK Shalom en is op 3 September 2016 as selfstandige Gemeente aan die westekant van GK Botshabelo, afgestig. Hulle besonderhede verskyn nog nie in die GKSA se Almanak 2018 nie. Hierdie Gemeente (daar is tans reeds 70 belydende lidmate) hou elke Sondag eredienste en hulle werk regtig baie hard om hul droom te verwesenlik. Hulle het reeds ’n erf bekom waarop hulle
’n kerkgebou wil oprig. Hulle hou ook gereeld fondsinsamelings. Bydraes vir die ontwikkeling van ’n kerkperseel in Botshabelo vir die GK Shalom kan met u naam en “Kerkgebou” as verwysing, in die volgende rekening inbetaal word:

Jabulani Bybelskool:
FNB. Takkode 230 234
Rekeningnr. 6222 007 2029.

BELANGRIKE DATUMS EERSTE KWARTAAL 2018

Die eerste kwartaal van 2018 is reeds halfpad verby! Hier volg ’n paar belangrike datums om vir die res van die kwartaal in gedagte te hou:
Sondag 04 Maart: Gemeentevergadering na die oggenddiens
Sondag 11 Maart: Voorbereidingsdiens
Sondag 11 Maart: Voorskoolse- en Laerskoolkatkisasie sluit af
Sondag 11 Maart: Diakonievergadering 17:00
Sondag 11 Maart: Ouderlingevergadering na aanddiens
Woensdag 14 Maart: Hoërskoolkatkisasie sluit af
Donderdag 15 Maart: Bybelstudie sluit af
Sondag 18 Maart: NAGMAAL
Woensdag 21 Maart: Menseregtedag
Woensdag 28 Maart: Skole sluit
Vrydag 30 Maart: Goeie Vrydag
Maandag 02 April Gesinsdag

HULP TYDENS FUNKSIES

Daar is nog geleentheid vir susters om hulp aan te bied tydens 1) die bediening van verversings tydens begrafnisse
en 2) met Nagmaaletes of ook 3) hulp by die Torings van Hoopprojek, en om hul name op die lyste wat in die voorportaal is, aan te teken.

LITURGIE VANDAG: DR FRANS DE BRUYN

Ons is dankbaar dat ons hulpdienspredikant, dr Frans de Bruyn, vandag weer die eredienste gaan waarneem. Ons dank die Here vir dié mate van gesondhed waaroor hy nog beskik en bid hom en sr Petro die seën van die Here toe!

OGGENDDIENS
Skriflesing: Dan 10:1-5;11-21
Ef 6:10-13
Opb 19:9,10
Teksverse: Dan 10:12-14;20,21
Voorafsang:Lb 200:1,2,3
Sang: Lb 184:1,3,4
Ps 38:1,17
Ps 119:7
Ps 68:1,2
Ps 2:1,2
Ps 33:8,9,11

AANDDIENS

Skriflesing: Opb 12
HK 49
Voorafsang:Lb 489:1,3
Sang:Lb 151:1,2
Ps 25:2,7
Sb 10-1:2,4
Sb 18-7:1,11,12

BEROEPE- EN ANDER KERKNUUS BEROEP AANVAAR

Prop JPL (Vickus) van Jaarsveld na Krugersdorp-Wes/Magaliesburgkombinasie

BEROEPE BEDANK

Ds C(Christiaan) Jooste van Waterberg na Brits
Ds FJ (Frikkie) van Rensburg van Rustenburg-Noordoos na
Komatipoort

PREDIKANT OORLEDE

Met leedwese word die afsterwe bekend gemaak van dr Daniël Nkulu – predikant van die Eglise de la bonne Nouvelle – op 19 Februarie 2018

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig , en dit is julle 1 Kor 3:16,17 OAV