embleem

Die gemeente van Bloemfontein-Noord het op 15/16 Oktober 2011 sy 50-jarige bestaan luisterryk herdenk. Die fees het amptelik afgeskop toe die reëlingskomitee op 6 Junie 2010 sy eerste beplanningsvergadering gehou het.

embleemHierna het die dinge gebeur en op 19 November 2010 is die eeste stap geneem toe die feesembleem ontwerp deur br Hendrik Fritz, ‘n gemeentelid en grafiese kunstenaar, bekend gestel is.

Bydraes en gedagtes is uit die gemeente gevra en so is op die gedagte van feesliedere gekom Om tydens die fees te sing. Spontane bydraes is gevra, en weer het 2 lidmate gereageer, sr Hettie Vorster en br Dave Lubbe.  Sr Hettie, wat voorheen kinder- en kortverhale geskryf het en br Dave, ‘n hoogleraar in Rekeningkunde aan die Vrystaatse Universiteit en ‘n kompetisie-wenner van Huisgenoot se Tempo-liedjiekompetisie het met die volgende 2 liedere vorendag gekom: GODS GENADE IS ONEINDIG GROOT & VYF DEKADES VAN GENADE

Die 2 liedere is gereeld geoefen en tydens die fees by al die geleenthede gesing.

Die Kantate “Vyftig Jaar van Genade”, saamgestel deur Charles Kotze, ‘n ouderling van die gemeente, was op
15 Oktober 2011 die openingsgeleentheid van die fees. Die Kantate het die Vyftigjarige bestaan aangedui en
getoon hoe die hand van genade van ons Hemelse Vader in die geskiedenis van die gemeente voortdurend
opgemerk kon word. Die verskillende stemme is behartig deur ds Kobus Botha, Wikus Vorster, Charles Kotze
en Rina-Maria Schepers (almal lidmate). Die sang en sangbegeleiding is gedoen deur Susan Conradie en haar
sanggroep, almal deel van die groep wat die sangbegeleiding hanteer tydens die gemeente se Jeugdienste, en
‘n spreekkoor wat uit studente en katkisante vanuit die gemeente bestaan. Die soliste wat opgetree het
tydens die aand is die bekende gospelsanger ds Jan de Wet en ‘n plaaslike kunstenaar van Bloemfontein
Daneel van Wyk. Die hele Kantate was ‘n belewenis en is deur ongeveer 250 mense in die Eeufeessaal van die
Hoërskool Sentraal bygewoon.

5,542 Thoughts on “50 Jarige-Fees”