Op 07 April 1990, dertig jaar gelede,

het twee jongmense hulle in die huwelik begewe.\

Voor die DRIE ENIGE GOD as hul SOWEREINE HOOF,

het hul ewige trou aan mekaar beloof.

                                       Maar kom laat ons by die begin, begin,

                            ek wil graag aan jul as gemeente hul storie bring.

                                Dis ’n lewensreis van veel langer as dertig jaar,

                                          wat GOD hul al vir HOM bewaar.

Op 01 November 1965 word W J (Kobus) Botha te Baberton gebore,

‘n paar dae later was ‘n dogter (Ester) vir die van der Walt’s van Bethal beskore.

Ester voltooi haar Hoërskool loopbaan in Potchefstroom en Kobus in Vereeniging,

die tyd het aangebreek vir die volgende fase in hul lewe om te begin.

                Die uitverkore plek om te studeer was die Potchefstroomse Universiteit,

                                                  ’n tyd van studeer, maar ook pret en jolyt.

                                     Eers in hul derde jaar het hul vir die eerste keer ontmoet.

               Kobus het teenoor een van sy vriende opgemerk “sy lyk op die oog af baie goed”.

’n  Spontane opmerking by ’n braaivleis vuur,

het sy verhouding met sy destydse vriendin versuur.

Ester was op daardie stadium ook nog “gekys” gewees,

maar met verloop van tyd loop die verhouding toe skeef.

                           Nie lank daarna nie het hulle begin kuier,

                            en die vriendskap kring toe vining weier.

                     Hulle was daarna betrokke by ’n gemeenskap projek,   

                       en hier het hulle hul gevoelens vir mekaar ontdek.

Kobus het skielik ’n baie bedrewe busdrywer geword,

’n student het mos maar altyd aan geld ’n tekort.

Maar dit was alles deel van die groter plan,

om te wees waar Ester ookal vakansies gaan.

                         As gekwalifiseerde onderwyseres en ’n HOD in haar sak,

     en wiskunde en rekenaarswetenskap vaardig het sy haar tasse vir Zeerust gepak.

     Die verlange was egter te groot en nie lank daarna het Kobus die JA word gevra,

                       en haar antwoord natuurlik ’n spontane, JA.

Aan die einde van die jaar vang Kobus graad,

verpligte Nasionale Diensplig maak egter van hom die volgende jaar ’n soldaat.         

Die tydjie in Bloemfontein (Tempe) vlieg egter vining verby,         

en kort voor lank is hy van die Weermag lewe vry.

          Sy eerste beroep was na Barkley – Oos in die Oos-Kaap gewees,

           die gemeente sou gou uitvind hulle is doppers in hart en gees.

           Na sy bevestiging sal hy voortaan bekend staan as Ds. Kobus,

             deur die HEILIGE GEES volkome vir sy taak toegerus.

Frankfort en Bloemfontein-Noord (huidige gemeente) was daarna deel van hul lewensreis,

ons kan die HERE net vir sy GOD gegewe talente wat HY aan hul gegee het prys.

Hullle is ook met drie kinders (twee seuns en ’n dogter) geseën,

vandag is hul oor die land (of is dit nou oor die wêreld) heen.

Ds. Kobus en Ester baie geluk met jul huweliks herdenking van 30 jaar,

mag die HERE jul nog lank saam spaar.

JUL LEWE SAAM IS NOG LANK NIE KLAAR,

 MôRE BEGIN JUL MET DIE VOLGENDE 30 JAAR!! 

Gedig deur ouderling Gert VENTER

SPESIALE DANK AAN MARTIN WAT “SUSSIE” (Marisa) SE SELFOONNOMMER VERSKAF HET VIR AL DIE INLIGTING EN FOTO’S.