Kinders ervaar ook geweldige trauma wanneer hul ouers skei.
Hulle het ook ‘n behoefte om deur die helingsproses te gaan !
Sessies word aangebied terwyl die ouer die groepsessies bywoon.
By die groepsessies word DVD’s met verskillende temas vertoon. Bespreking word oor verskillende onderwerpe gevoer. Hulpmiddels soos ‘n aktiwiteitsboek, speletjies,musiek, stories en video’s word in sessies gebruik.
Daar word GEEN berading gedoen nie ! Waar probleem gevalle ontstaan en geïdentifiseer word, word persone na gekwalifiseerde praktyke/persone verwys !
Byeenkomste: Tans Maandae vanaf 18h00 tot 20h00 (Dae van die week kan verander)
Kontak: Dirk Coetzee – selfoon: 082 784 1993 e-pos: djc001@mweb.co.za
Divorce Care for Kids(DC4K) se program word as hulpmiddel gebruik.
Besoek gerus hul webtuiste vir meer inligting.