Die erediens word vandag deur Ds Kobus Botha, ons dominee, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 138: 1 & 4
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Eksodus 20
Sang
Psalm 119: 6 & 7
Gebed
Sang
Psalm 18: 14
Skriflesing
Psalm 88: 1 – 19
Teksvers:
Psalm 88: 2
“Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U”
Gebed
Slotsang;
Skrifberyming 19-3: 1 – 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
EREDIENSTE:
Volgens die jongste regulasies is ons nou weer beperk tot 50 mense per samekoms.
Ons hou dus elke Sondag weer twee eredienste om 09:00 en 10:30.
Katkisasie vind plaas na die eerste diens.
U moet asb nog steeds vir ouderling Pieter du Plessis per Whattsapp of SMS (082 570 1804) laat weet watter diens u wil bywoon.
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir GKSA se Emeritaatfonds word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.