Die erediens word vandag deur Ds Kobus Botha, ons dominee, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Liedboek 184:1 tot 4
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Romeine 3:10- 12 en 21 & 22;
en Romeine 13:8-14
Sang
Liedboek 334:1 tot 4
Gebed
Sang
Psalm 46:3 & 6
Skriflesing & teksverse:
Psalm 139: 1 tot 24
Teks
Psalm 139: 5a
“U omsluit my van alle kante, U neem my in besit”
Slotsang;
Skrifberyming 11-2: 1,2 & 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
EREDIENSTE:
Omdat dit ‘n langnaweek is, het ons een erediens om 09:30 vandag.
Daar is nie vandag Katkisasie nie.
Volgens die jongste regulasies is ons nou weer beperk tot 50 mense per samekoms.
Ons hou volgende Sondag weer twee eredienste, 09:00 en 10:30.
Katkisasie vind plaas na die eerste diens.
U moet asb nog steeds vir br Pieter du Plessis per Whattsapp of SMS (082 570 1804) laat weet watter diens u wil bywoon.
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Die Paul Kruger Kinderhuis Reddersburg word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.