Prayer

Liewe Broers en Susters,

Ons wil DV eerskomende Sondag (21 Junie ) kontakeredienste hervat. 

Ter wille van veiligheid geld die volgende:

Ons is steeds beperk tot 50 mense per samekoms.

Gesigmaskers is verpligtend. Sosiale afstand: Ons mag slegs op gemerkte plekke sit.

Daar sal ook nie na kerk tee bedien word nie.

Slegs die suidelike hek in Kiplingstraat kan gebruik word.

Elkeen moet ‘n inligtingsvorm voltooi, en elkeen se koors sal gemeet word.

Handreiniger sal beskikbaar wees.

Geen verwarmers mag aan wees nie.

Een kollekte slegs by die deur.

 

Vir eerskomende Sondag:

Die eerste 42 lidmate wat by br Wikus “bespreek”, sal hierdie Sondag kan bywoon. Die volgende 42 sal dan volgende Sondag aan die beurt kom.

Ons hou hierdie Sondag net een diens. Die preek sal steeds deur Whattsapp aangestuur word.

Die kerkraad hou DV Maandagaand vergadering om die fynere detail te bespreek.

Baie dankie vir u geduld en begrip in hierdie vreemde omstandighede.

U broers in Christus