Die eredienste word ds Kobus Botha, ons herder en leraar, bedien.
VANAF VANDAG WORD TWEE EREDIENSTE GEHOU:
Die eerste erediens om 8:30 vir gesinne sonder learskoolkinders;
Die tweede erediens om 10:00 en Katkisasie daarna.
Hierdie reëlings geld vir solank ons beperk word tot 50 persone per erediens.
U word versoek om asseblief nogsteeds u naam voor Saterdagaande 17:00 by ouderling Wikus Vorster opgee.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend by die eerste en ook by die tweede diens slegs een kollekte wees wat by die deure opgeneem sal word. Dit is vandag bestem vir die President Kruger Kinderhuis te Reddersburg.
KATKISASIE
Die katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders open weer vanoggend direk na die tweede oggenderediens wat DV om 10:00 ’n aanvang neem.
BREë KERKRAADVERGADERING
Die Kerkraad en Diakonie (Breë Kerkraad) vergader DV vanmiddag om 17:00 in die kerkgebou.
BAIE GELUK
Hartlik geluk aan Christiaan Kirstein, seun van br Jaco en sr Gerda Kirstein wat aangewys is as onderhoofleier van die Hoërskool Martie du Plessis.
Hy is die vierde jong lidmaat van ons Gemeente wat in so ’n leierposisie vir hulle skole verkies is en volg op Louwrens de Beer, hoofseun van Hoërskool Sentraal; Jurie Geldenhuys, onderhoofseun van Grey Kollege en Emile Aucamp, onderhoofseun van Willem Postma Primêr.
Hartlik geluk aan hulle alvier EN hul ouers.
Baie seën en sterkte word almal toegebid! Ons is baie trots op julle!
GELUKWENSE
Gelukwense aan Senior Lidmate wat hierdie week verjaar:
Dr Japie Gerber van Santé verjaar môre en is dan 90 jaar oud!!
Br Charles du Preez van Gratias verjaar Saterdag
ONS DINK AAN:
Sr Annet Knoester van Carel van Pletzenlaan 7 wat in die hospitaal opgeneem;
Sr Herlina Pienaar van Paul Farreltraat wat ook in die hospitaal opgeneem is.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR – 21 tot 27 Februarie 2021
Hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag
Br Wilhelm Klopper – 073 745 3746
Juva Odendaal – 062 355 6548
22 Februarie
Dr Japie Gerber – 082 375 2521
23 Februarie
Pieter Smits – 072 482 3280
24 Februarie
Br Fanus le Roux – 083 522 9130
25 Februarie
Anzelle Patterson – 083 500 7136
Sr Magdaleen Venter – 082 454 8906
26 Februarie
Dianike de Beer – 072 682 2425
27 Februarie
Br Charles du Preez – 083 427 7896