VANOGGEND SE EREDIENS word deur Dr Frans de Bruyn waargeneem

Skriflesing:

Genesis 3: 1-20

Teksverse:

Genenesis 3:20

Sang voor die erediens begin:

Liedboek 324: 1 & 3

Sang tydens die erediens:

Psalm 138:1,3

Psalm 130:2,4

 Liedboek 334: 1-4

 Liedboek 203: 1,3,5

 Psalm 72: 2,6,11

Ons is dankbaar dat ons hulpdienspredikant, dr Frans de Bruyn, vanoggend weer die Woord van die Here hier gaan verkondig. 

Ons bid hom en sr Petro die seën van die Here toe! 

Ds Kiepie Jafta van die Gereformeerde Kerk Heidedal emeriteer vanoggend na ’n dienstyd van 42 jaar waarvan die laaste 32 jaar by Heidedal was. 

Ds Kobus hanteer hierdie aangeleentheid namens die Klassis.

KOLLEKTES

Vandag se deurkollektes word vir die GKSA se Emeritaats-fonds afgesonder. 

Volgende Sondag sal die deurkollektes vir Bybelverspreiding opgeneem word.

Die kollektes onder die erediens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid. 

EREDIENSTE IN DIE VAKANSIE

Aanddienste

Vanaf vanaand tot en met Sondag 12 Januarie 2020 sal daar nie aanddienste in ons kerkgebou gehou word nie. 

Vanaand en ook op Sondae 15, 22 en 29 Desember is daar gesamentlike dienste om 18:00 in die kerkgebou van Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidheuwels.

Op 5 en 12 Januarie 2020 in die kerkgebou van Die Gereformeerde Kerk Bloempark wat ons kan bywoon.

Geloftediens en Kersdiens

Op Maandag 16 Desember sal daar DV om 09:00 ’n Geloftediens in ons kerkgebou gehou word wat ds Kobus sal lei.

Daar is ook ’n Kersdiens op Woensdag 25 Desember om 09:00 wat dr Frans de Bruyn sal waarneem.

Ds Kobus se verlof

Ds Kobus neem verlof op Sondae 22 en 29 Desember wanneer dr Frans telkens hier sal preek.

VERJAARSDAE

Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.

Baie hartlik geluk!

Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

9 Desember:

Br Jan Beyers  – 083 290 2907

Sr Emmie Smit – 082 414 1993

10 Desember:

Sr Magda du Plessis – 083 258 9047

11 Desember:

Sr Welmarie van Niekerk – 083 276 4716

13 Desember:

Sr Sumari Janse van Rensburg – 076 681 4585

Sr Nelmé Opperman – 078 458 8182

14 Desember:

Sr Anita Botha – 078 508 7204

PRES KRUGER KINDERHUIS TE REDDERSBURG

Daar is tans 60 kinders in die Kinderhuis waarvan 4 kleuters is.  Ses en vyftig kinders in verskillende grade woon dus die skool by. 

Ons Diakonie, wat soos al ons lidmate ’n baie sagte plek vir die Kinderhuis het, het navraag gedoen oor spesifieke behoeftes van die kinders in 2020.          Dit blyk hoofsaaklik skryfbehoeftes te wees!

Die Diakonie doen dus ’n baie vriendelike beroep op lidmate om skenkings aan die Kinderhuis te maak en dit in die aangewese houers in die voorportaal te plaas. 

Vir enige navrae of meer inligting kan geskakel word met diak Hardus van Heerden by 071 123 7803. 

Kontantbydraes is uit die aard van die saak baie welkom en kan in die Diakonie se rekening inbetaal word. 

Die besonderhede is as volg: Absa 632005, rekeningnommer 0470 280 026 met Skryfbehoeftes as verwysing asseblief.

Onthou dat daar ook skryfbehoeftes vir die Beudene nasorgsentrum gevra word – maak dus seker dat dit duidelik vir die Kinderhuis gemerk is en in die regte houer geplaas word.  Die skenkings vir die Beudene nasorgsentrum moet ewe-eens duidelik gemerk wees. 

ONS GEMEENTE SE JAARPROGRAM/KALENDER 2020

Ons Jaarprogram/Kalender vir 2020 is gratis in die voorportaal beskikbaar! 

Gert Izaakse van Genl Hertzogstraat 96 het weer die drukwerk op uiters professsionele wyse gedoen waarvoor ons hom opreg bedank!                                              Hy is ook verantwoordelik vir die druk van ons Omgeeboekie en ons ontvang uitstekende en per-soonlike diens van hom!!

Ons bedank ook alle lidmate wat op een of ander wyse ’n bydrae gelewer het om die Kalender die lig te laat sien.                                                                                      Ons sal DV volgende jaar met ons 60ste bestaansjaar ’n foto van die kerkgebou plaas waar die uitgrawings en die mooi tuin sigbaar sal wees!

In die Jaarprogram is heelwat inligting vervat soos eredienste, kollektes, vergaderings, katkisasie, Bybelstudie, huisbesoek deur ds Kobus in bepaalde wyke en nog vele meer.

Ons vertrou dat dit ’n handige gebruiksartikel in elke huishouding sal wees.

NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SA

BEROEPENUUS

BEROEP ONTVANG

Ds OJ (Ockie) Struwig van Frankfort na Pretoria

BEROEP AANVAAR

Prop MW (Thinus) Kruger na Newcastle

EREDIENSTE IN VAKANSIE BY KUSDORPE

AMANZIMTOTI

15, 22, 25, 29 Desember om 09:00. 

Taborsaal, Middletonweg 5,

Winklespruit

VREDENBURG/SALDANHA

15,22,25,29 Desember om 09:30.

Langstraat 23,

Vredenburg.

HERMANUS

Sondae om 09:30 & Kersdagdiens om  08:00 en 10:00. 

 Bergsigstraat, Sandbaai,

Hermanus

DURBAN-NOORD

Sondae en op 16 Desember en Kersdagdienste om 09:00

Waterkantstraat 121,

Durban-Noord

WOONSTEL BESKIKBAAR

Eenslaapkamerwoonstel vir student in Menlopark Pretoria vanaf 12 Januarie 2020 beskikbaar.  Skakel 083 303 1122.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Toe God sien wat hulle doen,

en hoe hulle hulle bekeer van

hulle verkeerde dade,

het Hy afgesien van die

ramp wat Hy gesê het

Hy oor hulle sal bring. 

Hy het nie die ramp gestuur nie.

Jona 3:10 NAV