Die erediens word deur ds Kobus Botha, ons dominee, waargeneem.
EREDIENS:
Skriflesing:
Johannes 20:1-10
Teksverse:
Johannes 20:1-10(Die hele voorgelese gedeelte)
Gesange gedurende die erediens:
Liedboek 422: 1 tot 3
Skrifberyming 8-1: 1 & 2
Psalm 68: 15
Skrifberyming 19-3: 1 tot 4
EREDIENSTE:
Aangesien hierdie Sondag in die langnaweek val, sal daar net een erediens om 08:30 (halfnege) gehou word.
Lidmate wat dit wil bywoon moet asseblief ook die skriba in kennis stel.
Die Sakrament van die Heilige Nagmaal sal DV volgende week, naamlik op Sondag 11 April 2021, gevier word.
Daar sal DV weer twee dienste om 08:30 en 10:00 gehou word.
Lidmate wat dit wil bywoon moet asseblief ook die skriba in kennis stel.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend tydens Voorberedingsdiens weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Bybelverspeiding word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.
KATKISASIE
Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders het reeds vir die eerste kwartaal afgesluit.
GEMEENTE-ETE
Lidmate wat volgende Sondag na Nagmaal die Gemeente-ete wat om 11:30 begin, wil bywoon, moet asseblief voor Woensdag u naam by die skriba opgee of u naam vandag nog op die blou vorm wat in die voorportaal is, aanbring.
Almal wat die ete wil bywoon moet asseblief u eie breekgoed en drinkgoed saambring. Breekgoed sluit in messegoed, borde, nageregbakkie, glase en ook servette.
Die ete kos R50 per volwassene en hoërskooljongmens en R40 vir laerskoolkinders.
Sorg word gedra dat die regulasies mbt sosiale afstand en totale aantal persone, nagekom word.
ATTESTASIES
Opgeneem in die Gereformeerde Kerke: Br Gert Andries Coetsee van Eikelaan 6 Bainsvlei.
Baie hartlik welkom!
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR –4 April 2021 tot 10 April 2021
Gelukwense aan Senior Lidmate wat hierdie week verjaar:
Sr Rita Venter van Serenitas verjaar Saterdag
Hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag
Sr Maryke Carstens – 64 498 2583
5 April
Miné Aucamp – 073 490 5945
6 April
Sr Francien Nel – 082 688 3138
8 April
Sr Sanet Lombard – 073 472 2487
9 April
Sr Karen Ehlers – 071 388 2590
Sr Minke Pretorius – 083 310 1532
Sr Rina-Maria Schepers – 079 186 1358
10 April
Sr Helét de Klerk – 082 202 4798
Prieur Otto – 082 762 7892
Sr Rita Venter – 083 309 8766