Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 203:1 tot 5
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 48: 4 & 5
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Psalm 130: 2 & 4
Bevestiging van Diakens
Sang
Psalm 134: 4
Skriflesing
Matteus 26: 1-13 & Johannes 12: 1-8
Teksvers
Johannes 12: 1-8
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 15-1: 1 tot 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir Deputate Jeugsorg bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
BEVESTIGING VAN DIAKENS
Br Koos du Pisanie, br Piet Mosca en sr Anel Havenga het die roeping opgevolg om as diakens te dien en sal vanoggend tydens die erediens in hulle amp bevestig word.
Daar sal DV vanoggend direk na die erediens ‘n Gemeente-vergadering in die kerkgebou gehou word om die Gemeente in te lig oor die stand van die kerk se finansies in 2021 en om die begroting vir 2022 voor te lê. Dit sal nie lank duur nie en die katkisasieklasse gaan daarna
normaalweg voort. U word vriendelik versoek om weer u sitplekke na die sing van die “Amen” in te neem, aangesien hierdie vergadering baie belangrik is deurdat lidmate op hierdie wyse bewus gemaak word van wat op die finansiële terrein aan die gang is. .
KATKISASIE/TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend weer begin, sal daar ook weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Willows en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.
Volgende Sondag sal daar nie katkisasie of teebediening wees nie weens die langnaweek.
EREDIENS OP GOEIE VRYDAG
Eerskomende naweek is Paas-naweek en sal daar nie Sondag na die erediens katkisasie of teebediening wees nie.
Op Goeie Vrydag (die 15de) sal daar DV om 09:00 ‘n erediens in ons kerkgebou gehou word wat deur ds Kobus gelei sal word.
Lidmate is welkom om hulle vriende daarvan te vertel.
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het oorgekom van die Gereformeerde Kerk Bfn-Suidheuwels:
Sr Gertie Venter woonagtig te Serenitas 191.
Ons heet sr Gertie van harte welkom in ons gemeente en vertrou dat sy baie gelukkig hier sal wees.
NUUTSTE COVID-REGULASIES
Alhoewel die Nasionale Ramptoestand nou opgehef is, is daar steeds sekere regulasies wat nog vir ‘n tydperk van 30 dae geld. Die volgende is op ons van toepassing (soos deur die Adminburo deurgegee):
- Maksimum 50% van kapasiteit geld nog.
- Dra van maskers binnenshuis is nog ‘n vereiste.
- Sosiale afstand (1.5 m) is nie meer verpligtend nie.
- Sanitasie, koors meet en rekordhouding is nie meer verpligtend nie. Alhoewel laasgenoemde twee nie meer toegepas was nie, was dit nog in die regulasies.
- Geen beperkinge t.o.v. begrafnisse behalwe die 50% maksimum perk.
NOOD IN OEKRAïNE
Die Deputate Ekumeniese sake het bevestig dat daar ‘n betroubare manier is vir finansiële hulp deur middel van ‘n gereformeerde kerk in Hongarye. Indien u sou belangstel om ‘n bydrae te maak, kan u die Kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.
.ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
SPESIALE AANBIEDINGE OP BYBELS
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ‘n spesiale Paasfees-aanbod op die volgende Bybels wat geldig is tot 30 April 2022:
- Afrikaans 1933/53 vertaling Bybel, mediumgrootte, bruin egte leer omslag, goud-op-snee, duimindeks:
Gewone prys – R849, Spesiale prys – R450.
- Afrikaans 1983 vertaling Bybel, mediumgrootte, bruin egte leer omslag, goud-op-snee, duimindeks:
Gewone prys – R1 199, Spesiale prys – R450.
- Afrikaans 2020 vertaling Bybel, mediumgrootte, swart hardeband:
Gewone prys – R199, Spesiale prys – R99.
- Afrikaans 2020 Bybel, hoofletteruitgawe, mediumgrootte, swart hardeband:
Gewone prys – R199, Spesiale prys – R99.
Indien die waarde van die bestelling meer as R550 is, is aflewering gratis – so nie sal ‘n afleweringsfooi van R65 van toepassing wees.
Belangstellendes word versoek om met die skriba te skakel vir verdere reëlings.
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Vrydag 15 April Goeie Vrydag – Erediens om 09:00
Maandag 18 April Gesinsdag
Sondag 24 April Breë Kerkraadsvergadering na die erediens
Woensdag 27 April Vryheidsdag
Sondag 1 Mei Werkersdag
Maandag 2 Mei Openbare vakansiedag
Donderdag 26 Mei Hemelvaartdag – Erediens om 18:00
Sondag 5 Junie Pinkstersondag
Ouderlinge vergader
Diakonie vergader
Sondag 12 Junie NAGMAAL & Gemeente-ete om 11:30 in kerksaal
Donderdag 16 Junie Jeugdag
Vrydag 17 Junie Openbare vakansiedag
Vrydag 24 Junie Skole sluit
Dinsdag 19 Julie Skole open
DIE KERKBLAD
Ingesluit by hierdie nuusbrief vind u ‘n artikel wat in die April uitgawe van Die Kerkblad verskynmet die opskrif “Die Kerkblad op pad na 150 jaar”.
In die lig van dié artikel, doen die kerkraad ‘n ernstige beroep op elke belydende lidmaat om oorweging daaraan te skenk om in te teken op die tydskrif of, indien u reeds ingeteken is, dit te hernu.
Bestaande sowel as voornemende intekenare het nou die geleentheid om op die tydskrif in te teken vir ‘n jaar, nl. vanaf 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023.
Die kostes hieraan verbonde vir die huidige jaar beloop R437.00 vir 11 gedrukte uitgawes, afleweringskostes ingesluit.
Om dit in ‘n elektroniese formaat te ontvang, beloop R135.00 vir 11 uitgawes.
Belangstellendes kan gerus hulle name by die skriba opgee.
SLINGERVEL
Ouers wat vir hulle kinders op Die Slingervel wil inteken vir die tydperk 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023, het nou die geleentheid om dit te doen.
Dit sal slegs in elektroniese formaat beskikbaar wees en die kostes hieraan verbonde beloop R80.00 vir die jaar.
Omrede daar nie weer ‘n gedrukte Slingervel uitgegee gaan word nie, verval ons bestaande jaarlikse bestelling.
Diegene wat dus die tydskrif vir 2022/23 wil ontvang, moet dit nou bestel.
Belangstellendes moet asseblief hulle name by die skriba opgee .
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
11 April
Sr Marietjie van der Merwe – 051 553 1016
12 April
Br Gerrie van der Walt – 072 384 3057
Br Bennie van der Walt – 082 348 1904
13 April
Br Hennie Pretorius – 082 923 1610
15 April
Sr Magda Brummer – 082 457 2047
16 April
Br Piet Knoester – 072 991 8882
BELYDENDE LIDMATE
Vandag
10 April
Sr Helét de Klerk – 082 202 4798
11 April
Sr Mareli Venter – 082 826 0689
12 April
Sr Izelda Aucamp – 073 496 5945
14 April
Sr Annetjie Badenhorst – 082 925 8581
Sr Laetitia Badenhorst – 082 925 8581
Dooplidmate
10 April
Prieur Otto – 082 762 7892
11 April
Hanlie Mosca – 071 352 8915
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Ja, aan Hom het God alles onderwerp,
Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.
Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Efesiërs 1:22,23
Die Kerkblad op pad na 150 jaar
Gaan ons die mylpaal bereik?
Op 1 April 2023 sal Die Kerkblad DV vir 150 jaar deel wees van die bestaan van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Op 1 April 1873 het die eerste uitgawe as De Maandbode verskyn, en sedert 1 Oktober 1894 was dit bekend as Het Kerkblad en later Die Kerkblad soos ons dit vandag ken.
Dit is interessant dat daar blykbaar geen amptelike sinodebesluit was wat tot die stigting van die blad gelei het nie. Die eerste redakteur en “stigter” van De Maandbode, prof. Jan Lion Cachet, meld wel in die eerste uitgawe dat die behoefte aan ’n tydskrif, gewy aan die belange van die kerke, deur vele gevoel is en toe daar op die Algemene Vergadering in die Kaapkolonie “met een enkel woord” daaroor gepraat is, het die gedagte soveel aanmoediging ontvang dat hy nie langer gedurf aarsel het om die uitgawe van die blad te beproef nie (vry vertaal – CFCC). Prof. Cachet noem dit die “eerste spreken onzer Kerk”.
Op die Sinode van 1873 (Handelinge 1873:38, art. 137) deel prof. Cachet die Sinode mee dat hy onderneem het om ’n kerklike blad, genaamd De Maandbode, uit te gee, waarvan die eerste nommer reeds verskyn het. Die Sinode neem met genoeë hiervan kennis en spreek die hoop uit dat die onderneming mag slaag.
Nadat die saak op verskeie sinodes gedien het, en daar onder andere besin is oor die vraag of De Maandbode, wat as ’n “private onderneming” begin het, voortaan “van wege de kerk” uitgegee sal word, het die Sinode van 1894 besluit (Handelinge 1894, art. 155) om die sorg vir die uitgee van die blad aan die kuratore met die professore van die Teologiese Skool op te dra. Verder word alle kerkrade opgewek om ywerig in belang van De Maandbode te werk.
“Veelledige” doel
Prof. Cachet stel dit in die eerste uitgawe van 1 April 1873 dat die doel van die blad “veelledig” is. Daar sou elke maand ’n woord van stigting (’n oordenking of preek – CFCC) geplaas word vir lesers wat van die kerk af woon en nie elke Sondag die eredienste kan bywoon nie. Verder sou daar ’n spesiale gedeelte vir die kinders wees, sodat nie alleen leeslus nie, maar ook ware godsdiens opgewek word. Daar sou mededelings wees oor belangrike sake wat in die kerke gebeur, ook buitelands. Die saak van die onderwys sou besondere klem ontvang. En daar sou geleentheid wees vir bespreking van die belange van die kerke, die verdediging van ons geloof, die bestryding van dwalinge, ensovoorts.
Dit is ook duidelik gestel dat “geen twisgeskrif of persoonlikhede” die blad mag ontsier nie.
In die eerste uitgawe was daar ook ’n ope brief van ds. (prof.) Dirk Postma aan al die gemeentes wat hy kort tevore besoek het. Die besluite van die kuratore oor die saak van die onderwys is ook geplaas, asook ’n spesifieke gedeelte vir die kinders, ’n opwekking deur ds. Postma vir ywerige ondersteuning van die blad, en beskrywingspunte wat op die volgende sinode sou dien.
Die pad vorentoe
En nou is dit 149 jaar later. Baie dinge het verander. Maar daar is onveranderlike waarhede wat steeds geldig is en sal bly, hoe die tye en omstandighede ook al wissel.
Daarom is dit ons oortuiging dat die behoefte aan ’n blad soos Die Kerkblad selfs meer relevant is as in 1873. In die uitgawe van Februarie 2014, met die wisseling van redakteurs, is onder andere daarop gewys dat ons in ’n tyd van ongekende verwarring, twyfel en vervlakking leef. “Oor godsdienssake was daar nog nooit soveel uiteenlopende menings en groepe nie. Dwaalleer floreer soos onkruid wat kunsmis gekry het. Daar was ook nog nooit soveel twyfelaars nie.”
Teen hierdie agtergrond word dit dan gestel dat daar “’n groter behoefte as ooit” bestaan aan die uitdra van die gereformeerde godsdiens. Die grondslag van Die Kerkblad word onomwonde en duidelik gestel as die onfeilbare en gesagvolle Woord van God en ons gereformeerde belydenisskrifte wat die waarhede van die Woord in geloofstaal formuleer.
In ooreenstemming met die oorspronklike doel van De Maandbode wil Die Kerkblad steeds Koninkryksgerig die gesag van God se Woord op elke terrein van die lewe bestry, ons geloof verdedig, dwalinge bestry en ons lesers toerus en opbou vanuit die Woord om staande te bly in die stormagtige en verwarrende tye wat ons beleef. Uiteindelik moet ook alles in Die Kerkblad die ewige waarheid dien en uitdra dat die drie-enige God deur Jesus Christus oor alle dinge regeer, waak oor sy kerk, die wêreldgeskiedenis lei na die oomblik van die voleinding, en dat aan Hom alleen al die lof en eer en aanbidding toekom.
Gaan ons die mylpaal bereik?
So is Die Kerkblad op pad. En tog, aan die vooraand van die viering van die 150-jarige bestaan, het ons met besondere konkrete uitdagings te doen, wat ons die afgelope tyd telkens met ons lesers gedeel het. Dit is duidelik dat die entoesiasme wat in 1873 tot die stigting van De Maandbode gelei het, drasties afgeneem het. Ten spyte van herhaalde oproepe ervaar ons steeds dat die intekenare minder word. Wat die finansies betref, voer ons van maand tot maand ’n oorlewingstryd. Sonder die konkrete en ywerige ondersteuning van ons kerke en lidmate lyk die toekoms donker.
Opwekking en gebed
Die redaksie doen alles in ons vermoë om met nuwe bemarkingsmetodes en beplanning die voortbestaan van Die Kerkblad te verseker. Sonder die samewerking van ons kerke kan al ons pogings egter moeilik slaag. Daarom vereenselwig ons ons met die opwekking van ds. Postma in die eerste uitgawe dat Die Kerkblad weer in elke huis gelees sal word en elke kerkraad hulle konkrete ondersteuning sal gee.
En in die woorde van prof. Cachet in die eerste uitgawe, kyk ons op na Hom wat ons tot sover gehelp het, en vertrou ons biddend dat Hy ook hierdie werk sal seën tot versterking en uitbreiding van die kerk … en bo alles tot verheerliking van sy Naam. Aan Hom al die eer. CFCC