Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 407: 1 & 2
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 105: 1 & 2
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Skrifberymming 9-3: 1 & 2
Formulier van die Heilige Doop – aan Ian du Pisanie
Sang
Psalm 134: 4
en
Psalm 105: 5
Skriflesing
Openbaring 20: 1 tot 6
Teksvers
Openbaring 20: 1 tot 3
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 11: 1,2 & 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir Teologiese Studente Kas bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
KATKISASIE/TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskoolkinders vanoggend plaasvind, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Bartmanstraat en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.
Volgende Sondag sal daar nie katkisasie of teebediening wees nie aangesien dit weer ‘n langnaweek is.
SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE DOOP
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend tydens die erediens bedien aan Ian du Pisanie, verbondskindjie van diaken Koos en sr Kelsey du Pisanie van Monte Video 40.
Ons wens hulle en die familie van harte geluk en ons bede is dat die Here hulle in besonder sal begenadig om hierdie doopbelofte tot die eer van Sy naam na te kom.
KERKRAADSVERGADERING
Die Breë Kerkraad (ouderlinge en diakens) vergader DV vanoggend na afloop van die katkisasie, in die kerkgebou.
Verskeie sake sal aandag geniet waaronder die finalisering van die finansiële state vir 2022.
NOOD IN OEKRAïNE
Die Deputate Ekumeniese sake het bevestig dat daar ‘n betroubare manier is vir finansiële hulp deur middel van ‘n gereformeerde kerk in Hongarye. Indien u sou belangstel om ‘n bydrae te maak, kan u die Kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.
.ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
SPESIALE AANBIEDINGE OP BYBELS
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ‘n spesiale Paasfees-aanbod op die volgende Bybels wat geldig is tot 30 April 2022:
- Afrikaans 1933/53 vertaling Bybel, mediumgrootte, bruin egte leer omslag, goud-op-snee, duimindeks:
Gewone prys – R849, Spesiale prys – R450.
- Afrikaans 1983 vertaling Bybel, mediumgrootte, bruin egte leer omslag, goud-op-snee, duimindeks:
Gewone prys – R1 199, Spesiale prys – R450.
- Afrikaans 2020 vertaling Bybel, mediumgrootte, swart hardeband:
Gewone prys – R199, Spesiale prys – R99.
- Afrikaans 2020 Bybel, hoofletteruitgawe, mediumgrootte, swart hardeband:
Gewone prys – R199, Spesiale prys – R99.
Indien die waarde van die bestelling meer as R550 is, is aflewering gratis – so nie sal ‘n afleweringsfooi van R65 van toepassing wees.
Belangstellendes word versoek om met die skriba te skakel vir verdere reëlings.
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Woensdag 27 April Vryheidsdag
Sondag 1 Mei Werkersdag
Maandag 2 Mei Openbare vakansiedag
Donderdag 26 Mei Hemelvaartdag – Erediens om 18:00
Sondag 5 Junie Pinkstersondag
Ouderlinge vergader
Diakonie vergader
Sondag 12 Junie NAGMAAL
Gemeente-ete om 11:30 in kerksaal
Donderdag 16 Junie Jeugdag
Vrydag 17 Junie Openbare vakansiedag
Vrydag 24 Junie Skole sluit
Dinsdag 19 Julie Skole open
DIE KERKBLAD.
Bestaande sowel as voornemende intekenare het nou die geleentheid om op die tydskrif in te teken vir ‘n jaar, naamlik. vanaf 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023.
Die kostes hieraan verbonde vir die huidige jaar beloop R437.00 vir 11 gedrukte uitgawes, afleweringskostes ingesluit.
Om dit in ‘n elektroniese formaat te ontvang, beloop R135.00 vir 11 uitgawes.
Belangstellendes kan gerus hulle name by die skriba opgee.
SLINGERVEL
Ouers wat vir hulle kinders op Die Slingervel wil inteken vir die tydperk 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023, het nou die geleentheid om dit te doen.
Dit sal slegs in elektroniese formaat beskikbaar wees en die kostes hieraan verbonde beloop R80.00 vir die jaar.
Omrede daar nie weer ‘n gedrukte Slingervel uitgegee gaan word nie, verval ons bestaande jaarlikse bestelling.
Diegene wat dus die tydskrif vir 2022/23 wil ontvang, moet dit nou bestel.
Belangstellendes moet asseblief hulle name by die skriba opgee .
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
GELUKWENSE AAN SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Sr Marietjie Viljoen76 van Noorderbloem 6A wat Dinsdag verjaar.
BELYDENDE LIDMATE
Vandag
Br Grové Coetzee – 083 743 8137
Br Andries Coetzee – 083 776 6989
25 April
Sr Luchell Coetzee – 051 436 5836
Br Hanno Geldenhuys – 082 450 9535
26 April
Sr Ine-Mari Smith – 079 129 6090
Ouderlig Louis Steyn – 083 303 0228
28 April
Br Cobus Venter – 082 055 7083
29 April
Br Banie du Toit – 084 554 0902
30 April
Br Koot Klopper – 082 498 5791
DOOPLIDMATE
25 April
Riley du Plessis – 060 826 7721
Janco Aucamp – 073 496 5945
29 April
Nica de Beer – 082 789 6793
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as
gevolg van ons oortredings,
saam met Christus lewend gemaak.
Uit genade is julle gered!
Efesiërs 2:5