Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 163: 1
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 150: 1 & 3
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Skrifberymming 5-4: 1 & 2
Gebed
Sang
Skrifberymming 14: 1
Skriflesing
Openbaring 20: 1 tot 15
Teksvers
Openbaring 20: 12
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 18-7: 1 & 12
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir Emeritaatsfonds bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
KATKISASIE/TEEBEDIENING
Daar sal nie vanoggend katkisasie en ook nie teebediening wees nie as gevolg van die langnaweek. Volgende Sondag is dit die beurt van wyk Dealeweg.
Alhoewel die wyk tans vakant is, word daar tog staatgemaak op die lidmate in die wyk om behulpsaam te wees. By voorbaat dankie!
WOORD VAN DANK
Baie dankie aan ouderling Stephan Kruger wat kosteloos die een lig in die portaal herstel het nadat daar fout met die bedrading was.
Ons opregte waardering daarvoor!
PARKEERTERREIN
Soos almal sekerlik opgemerk het, het die toestand van die parkeerterrein na die baie reën met rasse skrede verswak.
Die kerkraad het tydens verlede week se vergadering hieroor besin en is daar besluit om, met inagneming van die kerk se begroting, tog te poog om die situasie aan te spreek.
Van drie moontlike oplossings is twee op hierdie stadium onbekostigbaar, nl. teer en plaveisel. Daar word tans kwotasies ingewin om die terrein te hergruis.
As daar intussen lidmate is wat dalk van nog ander moontlikhede weet wat oorweeg kan word om die terrein te verbeter, kan hulle gerus van hulle laat hoor.
FONDSINSAMELINGSPROJEK
Die Gemeentefunksiekommissie het twee Swartwildebeeste as skenking bekom.
Hulle beplan om 20 kaartjies per bok teen R300 stuk te verkoop.
Die twee wenners word deur middel van ‘n trekking bepaal en die prys is ‘n geleentheid om self die bokke te skiet en ‘n “verrassingspakkie”. Dit sal onder streng toesig geskied en wapens is beskikbaar indien u nie oor een beskik nie.
Die vleis sal verwerk en verkoop word as nat/droë wors.
Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word om groter geleenthede, bv. ‘n Gala-aand met ‘n gaskunstenaar, te befonds.
‘n Kermis is ook deel van die beplanning.
Om suksesvol te wees, is die betrokkenheid van die Gemeente egter van kardinale belang. Daarom word almal se insette benodig.
Kontak asseblief die volgende persone om u idees oor te dra asook vir die aankoop van kaartjies vir die wildebeeste:
Louis van Niekerk
082 651 0001
Louwrens de Beer
082 789 6793
Hannes van Jaarsveld
072 436 5915
BEROEPENUUS
BEROEPE ONTVANG
Ds KP Steyn (Karel) van GK Vredenburg/Saldanha na GK Port Elizabeth.
BEROEPE AANVAAR
Proponent JH Kuhn (Jacques) na GK Tsumeb.
ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Sondag 1 Mei Werkersdag
Maandag 2 Mei Openbare vakansiedag
Donderdag 26 Mei Hemelvaartdag – Erediens om 18:00
Sondag 5 Junie Pinkstersondag
Ouderlinge vergader
Diakonie vergader
Sondag 12 Junie NAGMAAL
Gemeente-ete om 11:30 in kerksaal
Donderdag 16 Junie Jeugdag
Vrydag 17 Junie Openbare vakansiedag
Vrydag 24 Junie Skole sluit
Dinsdag 19 Julie Skole open
DIE KERKBLAD.
Bestaande sowel as voornemende intekenare het nou die geleentheid om op die tydskrif in te teken vir ‘n jaar, naamlik. vanaf 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023.
Die kostes hieraan verbonde vir die huidige jaar beloop R437.00 vir 11 gedrukte uitgawes, afleweringskostes ingesluit.
Om dit in ‘n elektroniese formaat te ontvang, beloop R135.00 vir 11 uitgawes.
Belangstellendes kan gerus hulle name by die skriba opgee.
SLINGERVEL
Ouers wat vir hulle kinders op Die Slingervel wil inteken vir die tydperk 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023, het nou die geleentheid om dit te doen.
Dit sal slegs in elektroniese formaat beskikbaar wees en die kostes hieraan verbonde beloop R80.00 vir die jaar.
Omrede daar nie weer ‘n gedrukte Slingervel uitgegee gaan word nie, verval ons bestaande jaarlikse bestelling.
Diegene wat dus die tydskrif vir 2022/23 wil ontvang, moet dit nou bestel.
Belangstellendes moet asseblief hulle name by die skriba opgee .
ATHALIA UITREIK
Athalia Uitreik het ‘n dringende behoefte aan drie goeie, bruikbare enkelbeddens om vir bejaardes verblyf te kan verskaf.
Indien lidmate moontlik ‘n enkelbed het wat geskenk kan word, kan u die volgende nommers skakel:
Kantoor by 051 522 6089 of 079 826 6363, of Pieter by 072 735 0655.
U kan ook ‘n e-pos stuur na ans@athalia.co.za
PSALM- EN ORRELFEES
Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid bied ‘n Psalm- en Orrelfees aan op Saterdag,
4 Junie, om 10:00.
Toegang is gratis en vir meer inligting kan Tiaan Herbst gekontak word by 076 221 7071
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
GELUKWENSE AAN SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
SENIOR LIDMATE
Br Jan van der Walt75 van Koedoedraai 1 wat Vrydag verjaar.
BELYDENDE LIDMATE
Vandag
Br Willem Ackerman Jnr – 082 363 9227
Br Danie Storm – 072 745 0227
Diaken Koos du Pisanie – 076 775 0991
2 Mei
Sr Lizelle van der Walt – 082 800 4601
3 Mei
Sr Anneke Badenhorst – 072 682 2425
5 Mei
Sr Elbie Swanepoel – 083 775 8540
Br AJ van Wyk – 082 564 2785
7 Mei
Sr Magda Otto – 082 573 0310
DOOPLIDMATE
3 Mei
Anicia Knoester – 063 267 1673
7 Mei
Albertha Marais – 082 770 6662
Christo van der Walt – 082 411 4445
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Vrede laat Ek vir julle na;
my vrede gee Ek vir julle.
Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie
Johannes 14: 27