Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Die HERE groet ons met Sy seën !
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 169: 1,2 & 3
Lofsang
Psalm 8: 1, 3 & 4
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Skrifberyming 5-4: 1 & 2
Gebed
Sang
Liedboek 203: 1 & 2
Skriflesing & teksverse
Ester 6 : 1 tot 14
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 18-7: 1 & 12
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
Om die verspreiding van die Corona-virus te beperk, neem ons nie tans in die erediens kollektes op nie omdat te veel persone dan die sakkie moet hanteer. Daarom word BEIDE kollektes by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir die GKSA Sustentasiefonds bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word
TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Rayton en ons bedank byvoorbaat almal wat daarmee behulpsaam is.
Volgende Sondag is dit wyk Pentagonpark se verantwoordelikheid
MATRIEKUITSLAE
In opvolging van die berig in verlede week se nuusbrief, wens ons graag ook die volgende kinders geluk met hulle puik prestasies in die Matriekeindeksamen:
Louwrens de Beer, seun van oudl Louwrens en sr Magda de Beer
Sumari Janse van Rensburg, dogter van br Frik en sr Dornay Janse van Rensburg
Andries Jansen van Vuuren, seun van br Andries en sr Marlien Jansen van Vuuren
Christiaan Kirstein, seun van br Jaco en sr Gerda Kirstein
Anika Robbertse, dogter van br Theo Robbertse
Charmari Steyn, dogter van oudl Louis en sr Hetta Steyn
Rian Swanepoel, seun van sr Carien Nortjé en kleinseun van sr Marietjie Viljoen
LIEF EN LEED
Ons dink aan die volgende lidmate:
Sr Leonie Coetzee van Musket Groenvlei, wat Donderdag ‘n skouervervangingsoperasie ondergaan het. Dit gaan onder die omstandighede goed met sr Leonie.
Br Piet Pretorius van Woodland Heights wat ‘n ernstige besering aan sy oog opgedoen het tydens ‘n besoek aan hulle kinders in George. Hy moes daar ‘n operasie ondergaan om die skade te herstel. Ons dink ook aan sy vrou, sr Franrien.
Ons dra hierdie lidmate in ons gebede op aan ons Hemelse Vader. Mag Hy hulle versterk in hulle uur van beproewing.
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het by ons Gemeente aangesluit vanaf die Gereformeerde Kerk Bethlehem :
Br Johan en sr Karin du Plessis en twee dooplidmate, Zoë en Riley.
Ons heet hierdie gesin van harte welkom in ons midde en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees.
Met attestasie het vertrek uit ons Gemeente na die Gereformeerde Kerk
Cachet: Sr Charmari Steyn van Castaliastraat 10.
Bloemburg: Br Andries, sr Marlien, br Ben-Hendrik en br Andries (Jnr) Jansen van Vuuren van Du Preezstraat 53, Brandwag.
HAMBURGERAAND – 5 FEBRUARIE 2022
Die Gemeentefunksiekommissie skop 2022 af met ‘n Hamburger-aand op DV Saterdag, 5 Februarie, om 15:30 vir 16:00.
Die koste beloop R30 vir ‘n burger en R5 vir ‘n koppie koffie. Kaartjies is by die saal te koop.
U word versoek om u eie breekgoed, eetgerei en drinkgoed saam te bring.
Diegene wat hierdie geleentheid wil bywoon, moet asseblief u naam asook die aantal persone, op die groen vorm wat in die voorportaal is, aanteken, of ‘n boodskap vir Francois Venter stuur by 082 229 4411.
Die volgende funksie op die jaarprogram is ‘n Kerrie-en-Rys aand wat DV op 30 Julie sal plaasvind.
SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Baie geluk !
Sr Sinta van Sittert78 van Constantiapark 40 wat vandag verjaar.
Sr Petro de Bruyn84 van Valley Court 6 wat Donderdag verjaar.
EGSKEIDINGS- & GELIEFDE OORLEDE ONDERSTEUNINGSESSIES
(Uitreikaksie van ons Gemeente)
Hierdie waardevolle sessies word Sondagmiddae te Paul Rouxstraat 50, Dan Pienaar aangebied.
Albei die sessies duur vir dertien weke.
Die koste van elke reeks is R195.00.
Persone wat die trauma van ‘n egskeiding ervaar, is welkom om dit DV Sondagmiddae vanaf 17h00 tot ongeveer 19h00 bywoon.
Die Geliefde Oorlede ondersteuningssessies begin DV 15h00 tot ongeveer 17h00 elke Sondagmiddag.
Enigeen wat van hierdie sessies wil bywoon, is baie welkom om vir Dirk Coetzee (082 784 1993 / dirk@gkbfnnoord.co.za)
te kontak vir meer inligting.
Inligtingspamflette is ook in die voorportaal beskikbaar.
VERTEL GERUS VIR FAMILIE EN VRIENDE HIERVAN !
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag
Wihan Pienaar – 076 181 3764
Sr Sinta van Sittert – 082 773 2617
31 Januarie
Miané Fouche – 051 451 1137
Elizé Jordaan – 076 834 4604
2 Februarie
Sr Marie Coetsee – 082 835 6150
Sr Elizé Heyns – 072 469 7778
2 Februarie
Oudl Erik van Driel – 083 287 1047
3 Februarie
Phillip Nel – 061 407 6525
Sr Petro de Bruyn – 082 776 6826
4 Februarie:
Sr Heleen Klopper – 051 436 6602
5 Februarie
Br Henk Venter Jnr – 082 391 7987
Br Francois van Niekerk – 082 796 7196
VAKATURES BY AROS
Die volgende poste is tans vakant by Aros in Pretoria:
– Tutor (Intermediêre fase)
– Tutor (Grondslagfase)
– Dosent (Grondslagfase)
Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2022.
Belangstellendes kan die skriba kontak vir meer inligting.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood,
mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.
Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion.
Psalm 20: 2 & 3