February 7, 2021
Passage: 1 Samuel 17

Die erediens is deur dr Frans de Bruyn(emeritus) waargeneem.

Teksverse:

1 Samuel 17: 37

Verder het Dawid gesê: "Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hý sal my red uit die mag van hierdie Filistyn." Toe sê Saul vir Dawid: "Gaan, en mag die Here by jou wees."

1 Samuel 17: 45-47

45  Maar Dawid sê vir die Filistyn: "Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.

46  Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het.

47  Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee."