August 9, 2020
Passage: Hebreërs 11: 1 tot 16

Die erediens is deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.

Die sopraan tydens die erediens was Zani Ludick.

Die orrelis is Lourie Coetzee.

Teksverse:

Hebreërs 11: 13 - 16

13 Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is.
14 Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland.
15 As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. 

16 Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.