Daar het sekerlik heelwat dankbetuigings na die Sustersaamtrek ingekom. Een daarvan is na die kerkkantoor gestuur wat ons na sr Ester verwys het. Omdat dit so sprekend is van wat almal ervaar het, gee ons graag enkele uitreksels uit haar skrywe: “My naam is Tersa Buter en ek wil net graag vir die susters van GK Bloemfontein-Noord baie
dankie sê vir ’n wonderlike ervaring met die Sustersaamtrek verlede Saterdag. “Wat ’n heerlike dag was dit nie! Die verrassings ontvangs deur twee pragtige dogtertjies was briljant en ek glo dit wys dat die Here sy kinders van kleins af in Sy diens kan gebruik! Dit het mens van die begin af so spesiaal laat voel! “Die sak met allerhande klein geskenkies en inligting asook skryfgoed en leesgoed, water en lekkertjies was so in enige vrou se (skaap)kraal. Dit herinner my aan die tema – ek is ’n moeder-skaap – baie oorspronklik! “Ons het die spreker geweldig geniet – hy was vir ons almal, glo ek, ’n inspirasie om oortreflik te wees in alles wat mens teenoor ander doen. “Die naamhouertjies met gehekelde blommetjies, die twee heerlike etes en die hartlikheid waarmee alles aangebied is, wil sommer nou trane in my oë bring so ’n heerlike ervaring was dit! “Dankie aan een en almal – ek is so dankbaar dat ek dit kon beleef – julle is pragtig!”

UIT ONS NUUSBRIEF SONDAG 9 MAART 2014
SUSTERSAAMTREK 8 MAART 2014

Die Sustersaamtrek wat gister in ons kerkgebou gehou is, was ’n uitsonderlike sukses! Ongeveer 230 susters van Klassis Suid- Vrystaat het dit bygewoon. Die susters is met ’n heerlike plaasontbyt in die konsistorie verwelkom, waarna die verrigtingein die kerkgebou voortgesit is met GP van Rheede van Oudtshoorn as. Hy is van die departement Kommunikasiekunde aan die NWU te Potchefstroom en het die susters se volle aandag gehad met sy kwinkslae en waarhede. Die dag is afgesluit met ’n heerlike middagete wat in die saal bedien is en wat almal baie geniet het. Ons sal DV volgende Sondag meer breedvoerig rapporteer, maar wil graag vandag die Bestuur met sr Ester Botha aan die roer van sake, van harte bedank. Hulle was baie oor-spronklik en het baie dinge (tot in die fynste detail!) gedoen wat ’n heerlike atmosfeer geskep het enwaar almal gesellig kon saam kuier en saam luister.

Ons noem graag die susters wat saam met sr Ester op die Bestuur dien en wat die leeueaandeel gehad het om alles so vlot en professioneel te laat verloop: Srs Lizelle van der Walt, Rina-Maria Schepers, Corlia van Heerden, Dornay Janse van Rensburg, Lézill Erasmus. Alida Woityczka en Isabel Vorster. Hulle het letterlik ’n jaar gelede al beplan en met hulle helpers baie hard gewerk om alles op so ’n hoë standaard gereed te kry. Baie, baie dankie! Ons is trots op julle!

4,058 Thoughts on “Sustersaamtrek 2014”