27 Maart 2020

Na aanleiding van die afkondiging dat ‘n tydperk van afsondering tot 16 April 2020  ingestel is, die volgende:

  1. NUUSBRIEF

Daar sal geen Nuusbrief beskikbaar wees nie.

Indien u enige inligting aan die gemeente wil deurgee, kan u gerus u ouderling, ds Kobus Botha of ouderling Wikus Vorster kontak.

Inligting kan ook na dirk@gkbfnnoord.co.za gestuur word.

 

  1. PREKE

Ons beskik tans nie oor toerusting om direkte uitsendings te doen nie.

U is welkom om eredienste in klank by ons webblad(www.gkbfnnoord.co.za)  of Facebook (GK BFN Noord), te luister.

Die oggenddienste is met volledige liturgie beskikbaar,  terwyl die aanddienste soos normaalweg nie die Twaalf Artikkels en die Tiengebooie insluit nie.

 Daar was twee reekspreke vanaf die begin van 2020 waarna u kan luister:

  • Preke uit Efesiërs – Oggenddienste vanaf 2 Februarei tot 1 Maart 2020
  • Preke uit Rut – Aanddienste vanaf 9 Februarie tot 1 Maart 2020. (Hierdie eredienste sal vanaf elke Sondag 29 Februarie 2020 op Facebook beskikbaar wees).

Inligting van prosedure om eredienste na u rekenaar of slimfoon oor te dra,  word per afsonderlike inligtingstuk  beskikbaar gestel.

  1. ALGEMENE INLIGTING
  • Daar is wel direkte uitsendings van eredienste deur ander Gereformeerde Kerke beskikbaar. Inligting kan by Facebook “My Dopperdagboek” verkry word.
  • By die tuisblad van ons webwerf, gkbfnnoord.co.za, is heelwat inligting beskikbaar. Lees gerus Die Kerkblad, Vroueblad, Slingervel, ens deur op elkeen te kliek .

 

Doppergroete!

Dirk Coetzee

IT Kommissie.