Die erediens word vandag deur Professor Johan Janse van Rensburg, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Liedboek 190: 1 tot 3
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Skrifberyming 9-3: 1 & 2
Gebed
Sang
Psalm 119: 7 & 33
Skriflesing
2 Korinthiërs 3: 1 ot 18
Prediking
Slotsang;
Liedboek 292: 1 & 2
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Teologiese Studentekas word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
VANOGGEND SE EREDIENS
Ds Kobus bedien vanoggend die Sakrament van die Heilige Nagmaal op Barkly-Oos.
Ons is besonder dankbaar en bevoorreg dat Professor Johan Janse van Rensburg, emeritus-professor in Praktiese Teologie, weer vanoggend die erediens gaan lei.
Ons heet hom en sy eggenote van harte welkom in ons midde en bid prof. Johan die seën van die Here toe met die Woordverkondiging.
KATKISASIE/TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Fichardtpark en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.
Volgende Sondag sal wyk Frans Rumpffstraat DV aan die beurt kom.
EREDIENS OP HEMELVAARTDAG
Eerskomende Donderdag, 26 Mei, herdenk ons die Hemelvaart van Christus.
Alhoewel dit nie meer ‘n vakansiedag is nie, sal daar steeds om 18:00 ‘n erediens wees wat deur ds Kobus gelei sal word.
Daar sal NIE Donderdag vir sowel die oggend- as die aandgroep bybelstudie wees NIE.
HARTLIK GELUK AAN…
Br Wilhelm en sr Lize Loretz van High Ridge 4 met die geboorte van ‘n seuntjie en dus ook ‘n kleinseun van br Henk en diak Elize Venter en agterkleinseun van br Jannie en sr Ina Venter.
Ons bede is dat die kleinding vir hulle baie vreugde sal bring.
ONS DINK AAN…
Oudl Gert en sr Magdaleen Venter van Heliograafstraat 5 met die afsterwe van oudl Gert se vader verlede Maandag nadat hy die Covid-virus opgedoen het asook ‘n beroerte gehad het.
Br Gert het self weer ‘n keer onder die virus deurgeloop en ook longontsteking opgedoen.
Br Charles en sr Mainy du Preez met die afsterwe van hulle skoonseun.
Ons bid hierdie lidmate die troos en nabyheid van die Here toe in hierdie tyd van beproewing.
KLERE VIR LESOTHO-GEMEENTES
Daar bestaan ‘n groot behoefte in die Lesotho-gemeentes vir bruikbare klere.
Indien daar lidmate is wat van hulp kan wees hiermee, kan u vir Dirk Coetzee kontak by 082 784 1993.
LIDMAAT TER APPROBASIE AS DIAKEN
Die naam van sr Retha Britz van Totiusstraat 22 word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou om te dien as diaken.
Sr Retha het die roeping opgevolg en sal DV op 29 Mei tydens die erediens in die amp van diaken bevestig word.
TOEKOMSTIGE FORMAAT VAN ONS NUUSBRIEF
Vanaf hierdie week sal ONS NUUSBRIEF hoofsaaklik in elektroniese formaat deurmiddel van die WhatsApp-gemeentegroep,webblad(www.gkbfnnoord.co.za) en Facebook aan lidmate beskikbaar gestel word.
Vandag se uitgawe is reeds gister uitgestuur.
Die grootste oorweging by die neem van hierdie besluit was die besparing in die koste van papier wat dit te weeg sal bring.
Daar sal egter steeds elke Sondag ‘n beperkte aantal gedrukte nuusbriewe beskikbaar wees.
U word dus vriendelik versoek om net een te neem indien u nie die elektroniese weergawe verkies nie.
ONS OMGEEBOEKIE
Terwyl die opdatering van die inligting aandag geniet, is daar steeds geleentheid vir lidmate wat hulle ou foto wil vervang, of diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, om foto’s van die gesin vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
Slegs ‘n paar foto’s is nog tot dusver ontvang. Neem asseblief die vrymoedigheid en stuur u foto’s in!!
PSALM- EN ORRELFEES
In die vorige berigte is genoem dat die Psalm- en Orrelfees deur die GK Bfn-Suid aangebied word. Dit word egter deur die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidheuwels aangebied op Saterdag, 04 Junie, om 10:00.
Toegang is gratis en vir meer inligting kan Tiaan Herbst gekontak word by 076 221 7071.
Daar sal ook worsbroodjies en skyfies teen R25 elk beskikbaar wees.Vooraf bestellings kan gemaak word by Anel Herbst – 082 496 6439.
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Donderdag 26 Mei
Hemelvaartdag – Erediens om 18:00
Sondag 05 Junie
Pinkstersondag
Ouderlinge vergader
Diakonie vergader
Sondag 12 Junie
NAGMAAL
Gemeente-ete om 11:30 in kerksaal
Donderdag 16 Junie
Jeugdag
Vrydag 17 Junie
Openbare vakansiedag
Vrydag 24 Junie
Skole sluit
Dinsdag 19 Julie
Skole open
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Die Gemeentefunksiekommissie het twee Swartwildebeeste as skenking bekom. Hulle beplan om 20 kaartjies per bok teen R300 stuk te verkoop. Die twee wenners word d.m.v. ‘n trekking bepaal en die prys is ‘n geleentheid om self die bokke te skiet en ‘n “verrassingspakkie”.
Dit sal onder streng toesig geskied en wapens is beskikbaar indien u nie oor een beskik nie.
Die vleis sal verwerk en verkoop word as nat/droë wors. Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word om groter geleenthede, bv. ‘n Gala-aand met ‘n gaskunstenaar, te befonds. ‘n Kermis is ook deel van die beplanning.
Om suksesvol te wees, is die betrokkenheid van die Gemeente egter van kardinale belang. Daarom word almal se insette benodig.
Kontak asseblief die volgende persone om u idees oor te dra asook vir die aankoop van kaartjies vir die wildebeeste:
Louis van Niekerk
082 651 0001
Louwrens de Beer
082 789 6793
Hannes van Jaarsveld
072 436 5915
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
BELYDENDE LIDMATE:
Vandag
Br Nico van der Walt 082 550 2227
23 Mei
Sr Ronel van der Walt 051 436 3582
Br Fanus le Roux 082 900 9561
24 Mei
Br Jorrie Jordaan 082 787 7177
Br Kurt Kruger 078 016 9859
Sr Christine de Wet 083 391 8052
27 Mei
Sr Rosalien Roode
DOOPLIDMATE
Vandag
Suzanne van Eeden – 064 833 3933
26 Mei
Kara Otto – 082 762 7892
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie
en sondaars nie ‘n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad,
maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. Psalm 1 vers 5 & 6