GEMEENTE-ETE NA NAGMAAL
Nagmaal word DV volgende Sondag 9 Junie gevier. Na afloop van die diens gaan die gebruiklike en aangename Gemeente-ete om 11:30 in die kerksaal begin wat deur srs Charlene Klopper en Mareli Venter en hul helpers aangebied gaan word. Ons sê noual vir hulle baie dankie daarvoor!!.
Dit kos steeds R40 per volwassene en Hoërskooljongmens en R20 vir Laerskoolkinders. Kleuters eet gratis. Alles behalwe drinkgoed word voorsien. By dieselfde geleentheid sal ’n stuk of vyf nuwe lidmate wat sedert die Maart-Nagmaal by ons aan-gesluit het, ook verwelkom word. Hulle is die gaste van die Kerkraad, betaal dus niks, maar moet net hul eie drinkgoed saambring.
Diegene wat die ete wil bywoon, moet asseblief u name op die blou vorm wat in die portaal is, aanteken. Die geld kan in die bussie gemerk Sustersbydrae geplaas word of in hul rekening by Absa 632 005 rekeningnommer 0470 341 769 inbetaal word met u naam en “ete” as verwysing
DIE LITURGIE VANOGGEND
Skriflesing:
Hebreërs 13:1-19
Teksvers:
Hebreërs 13:8
Voorafsang:
Liedboek 168:1,2,3
Sang:
Skrifberyming 1-6:1,2,3
Skrifberyming 8-1:1,2
Psalm 33:10,11
Skrifberyming 14-3:1,4
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid terwyl die deurkollektes vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg afgesonder word
Volgende Sondag tydens die Nagmaalsdiens sal die deurkollektes vir die Kas Teologiese Studente te Potchefstroom opgeneem word.
TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening by die kerksaal wees waarheen alle lidmate van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Langenhovenpark 2 en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.
Vanaf volgende Sondag 9 Junie (Nagmaal) tot en met 7 Julie sal daar nie teebediening wees nie. Die teedrinkery hervat weer op Sondag 14 Julie en dan sal dit die beurt van wyk Paul Roux-straat wees.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
02 Jun:
Br Martiens du Plessis – 082 550 9743
Br Hannes Otto – 082 762 7892
03 Jun:
Br Herman Britz -084 827 1314
04 Jun:
Oudl Dirtk Coetzee – 082 784 1993
Oudl Hennie de Bruin – 082 335 2030
Sr Anita Knoester – 083 465 6415
05 Jun:
Br Nico Beek – 082 831 2313
Jun: LJ Fouche – 073 205 4340
Stefan van Niekerk – 082 290 8889
06 Jun:
Sr Chrissie Coetzee – 066 212 1282
07 Jun:
Sr Judy du Plessis – 082 550 9743
Br Anton Klopper snr – 051 436 6602
08 Jun:
Br Jaco Kirstein snr – 082 881 4060
OMGEEBOEKIE 2019
Die Omgeeboekie vir 2019 is gratis in die voorportaal beskikbaar. Neem asseblief net een per gesin. Bring asseblief enige foutiewe inligting onder die aandag van sr Vanessa van der Walt van Woodland Hills. Gebruik haar e-posadres: info@gkbfnnoord.co.za.of of skakel haar telefoonnommer 079 890 4234. Sy gaan voortaan die aanteken en byhou van die gegewens behartig. Lidmate van wie daar nie foto’s verskyn nie of wat hul foto graag wil vervang, kan dit per e-pos aan sr Vanessa stuur.
KERMIS 1 JUNIE 2019
Ons kan nie noual sê wat die opbrengs was nie, maar ons weet wel dat die kaartjies flink verkoop het. Ons dra ons hartlikste dank oor aan al die sameroepers en hul helpers wat met sulke ywer en entoesiasme opgetree het.
Dankie ook aan die lidmate vir hul ondersteuning en die Gemeentefunksiekommissie onder leiding van oudl Louwrens de Beer vir al die voorbereiding, vleisverwerking, tafels in orde kry en weer die saal skoon en netjies maak vir vandag se teebediening!
Ons waardeer al die harde werk maar dis die lekker saamkuier en saamwerk wat alles die moeite werd maak!
EREDIENSTE IN VAKANSIE
Ds Kobus en sr Ester Botha gaan dié vakansie vir hul seun Nico en sy vrou, Adrie in Nederland kuier. Ons gun hulle dit van harte want dit is maar nie lekker as mens se pasgetroude kinders nie in Suid-Afrika is om by te kuier nie.
Hulle vertrek DV die 14de Junie en sal DV Maandag 1 Julie terug wees. Ons bid hulle ’n veilige reis en aangename kuiertyd toe! Tydens ds Kobus se afwesigheid sal die eredienste DV as volg waargeneem word:
16 Junie – Prof Rantoa Letsosa, dekaan van die Fakulteit Teologie UV en voormalige hoogleraar aan ons Teologiese Skool te Potchefstroom. Hy sal in Afrikaans preek!
23 en 30 Junie – Dr Frans de Bruyn, ons hulpdienspredikant.
GK BFN-SUID HOU WILDFEES
Ons maak graag bekend dat die GK Bloemfontein-Suid op Saterdag 27 Julie 2019 vanaf 15:00 ’n Wildfees in Bainsvlei gaan hou. Die koste beloop R150 per persoon en R50 vir kinders onder 12.
’n Groot verskeidenheid wildsvleis gaan gespit en gebraai word. Vir verdere inligting en om kaartjies te bekom, skakel hul kerkkantoor vanaf 09:00 tot 12:00 op Maandae tot Vrydae by 051 522 1304 of e-posadres: gkbloemsuid@gmail.com
LOOPRAAM VIR BEJAARDE LIDMATE
Die Diakonie deel ons mee dat hulle ’n loopraam aangekoop het en dat dit onder die trap in die voorportaal geplaas is. Die idee is dat lidmate wat moeilik loop se familie of vriende die loopraam neem, die lidmaat daarmee tot in die kerk help en dit dan weer onder die trap plaas sodat ’n volgende lidmaat daarvan gebruik kan maak.
Dit beteken dat sodanige lidmaat nie hul eie loopraam hoef saam te karwei nie. Ons wil lidmate aanmoedig om daarvan gebruik te maak en bedank graag die Diakonie vir hierdie inisiatief!
ONS DINK AAN ….
Br Arie Kruger van Kiepersol Close wat ’n draai in die hospitaal gemaak het en Dinsdag weer vir behandeling gaan sodat daar verligting van erge rugpyn kan wees. Ons dra hom en sr Martie op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader. Mag Hy hulle elke dag kennelik naby wees!
BEROEPENUUS
BEROEP ONTVANG
Ds R (Reghard) Janse van Rensburg van GK Reitz/Lindley na GK Delmas
BEROEP AANVAAR
Ds C (Chris) Botha van GK Nylstroom na GK Die Kandelaar
KATKISASIEKLASSE SLUIT VANDAG AF
Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders sluit vanoggend vir die tweede kwartaal af. Dié klasse hervat DV weer op Sondag 14 Julie 2019. Ons wens al die kinders en leerkragte ’n aangename rustyd toe sodat hulle weer lekker verfris die derde kwartaal kan aanpak! Mens rus natuurlik nooit van eie Bybelstudie en gebed nie, al is die vakansie ook hóé lekker.
Ons bedank graag die leerkragte vir hulle opoffering en toege-wydheid. Om met die Woord van die Here besig te wees en dit aan die kinders oor te dra, is sielsverrykend. Wees verseker van ons hoë waardering!
PASTORALE BERADINGSKURSUS
Prof Wentzel Coetzer van NWU bied op 20 Julie te Potchefstroom ’n Pastorale Beradingskursus – Verryk en verdiep jou huwelik – aan. Besonderhede is by ons Kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING
Die Kerkraad, dit is die ouderlinge, vergader DV vanaand direk na die aanddiens in die kerkgebou vir hul tweede kwartaallikse vergadering vanjaar. Die belangrikste saak op die agenda is die wyksverslae van die wyksouderlinge na die huisbesoeke. Die Diakonie vergader nie vanmiddag nie.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Aan elkeen van ons is ’n genadegawe
gegee volgens die mate waarin
Christus die gawes
uitgedeel het
Ef 4:7 NAV
