VANOGGEND se erediens word deur ds Kobus Botha waargeneem.
Skriflesing:
Hebreërs 7:11-28
Teksverse:
Hebreërs 7:23-25
23 En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;
24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.
25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
Tema van die preek:
“Ons het ‘n Hoëpriester wat vir ons intree “
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 334:1-4
Sang tydens die erediens:
Psalm 118:1,2
Psalm 25:5,6
Psalm 18:14
Skrifberyming 18-7:1,12
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid bestem.
Die deurkollektes is vir Bybelverspreiding bestem.
Volgende Sondag sal die deurkollektes vir die GKSA se Emeritaatsfonds afgesonder word.
Die opbrengs van hierdie fonds help om ememerituspredikante, hul weduwees en wese met mediese bystand en lewensonderhoud, eervol te versorg.
AANDDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Vanaand en ook volgende Sondag 29 September sal daar nie aanddienste in ons kerkgebou gehou word nie.
Die suidelike Gereformeerde Kerke hou wel gesamentlike dienste in die kerkgebou van Gereformeerde Kerk Bloempark in Stollreitherstraat om 18:00 wat ons kan bywoon.
Vanaf Sondag 6 Oktober sal ons aanddienste weer normaalweg tot en met 1 Desember voortgaan.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag
Br Jacques de Bruin – 082 268 9702
Br Jurie Geldenhuys snr – 082 822 3300
Heinrich Pretorius – 082 337 7558
23 September:
Miné Steyn en haar tweelingsussie Maylee Steyn – 082 052 0421
Sr Tokkie Vivier – 051 436 1529
25 September:
Sr Ria Gerber – 082 375 2521
Anika Robbertse – 051 436 2415
26 September:
Oudl Basie du Plooy – 073 207 3076
27 September:
Sr Hester Odendaal – 082 045 8875
28 September:
Pieter Knoester jnr – 083 461 4128
Br Herman Pretorius – 083 462 0958
Albert van Jaarsveld – 072 436 5915
Sr Juan-Mari Vemeulen – 082 446 1473
Cobus de Witt – 083 662 3462
BELANGRIKE DATUMS IN DIE VIERDE KWARTAAL
Alhoewel die vierde kwartaal nog nie aangebreek het nie, noem ons tog enkele datums om beplanning te vergemaklik:
1 Okt: Skole heropen
2 Okt Katkisasie vir Hoërskooljeug begin
3 Okt Bybelstudie begin
6 Okt Katkisasie vir Voorskoolse en Laerskoolkinders begin
15 Okt Gemeente se 58ste bestaansjaar – geen spesiale funksie nie
16 Okt Belydeniskatkisante word ondervra
20 Okt Breë Kerkraadsvergadering na aanddiens
27 Okt Belydenisaflegging van katkisante
27 Okt Ons woon aanddiens by NG Kerk Berg-en-Dal by
1 Nov Ds Kobus verjaar
6 Nov Sr Ester Botha verjaar
7 Nov Bybelstudie se gesellige afsluiting
10 Nov Voorbereidingsdiens
10 Nov Katkisasie vir Voorskoolse en Laerskoolkinders sluit af
10 Nov Diakonie vergader 17:00 in die kerksaal
10 Nov Ouderlinge vergader na aanddiens
17 Nov Nagmaal
24 Nov Kerssangdiens 18:00
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Vra vir die Here reën in die tyd
wanneer die reëns moet kom.
Hy maak die reënwolke en
laat die stortreën val.
Hy gee vir die mense (Sagaria 10:1 NAV)
