DIE LITURGIE VAN VANOGGEND SE EREDIENS
Skriflesing:
Lukas 2:1-20
Teksverse:
Lukas 2: 13,14
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 350:1,2,3
Sang tydens die erediens:
Skrifberyming 1-6:1,2,3
Liedboek 334:1-4
Psalm 20:4,5,6
Liedboek 345:1,2,4
KOLLEKTES
Vandag se deurkollektes word vir Bybelverspreiding afgesonder.
Volgende Sondag sal die deurkollektes ook vir Bybelverspreiding opge-neem word.
Die kollektes onder die erediens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid
EREDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Aanddienste
Daar sal nie aanddienste in ons kerkgebou gehou word tot en met Sondag 12 Januarie 2020 nie.
Vanaand is daar ’n gesamentlike diens om 18:00 in die kerkgebou van Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidheuwels, maar nie op 22 en 29 Desember nie.
Op 5 en 12 Januarie 2020 sal die gesamentlike aanddienste in die kerkgebou van Die Gereformeerde Kerk Bloempark wees.
Geloftediens en Kersdiens
Daar sal môre, 16 Desember, DV om 09:00 ’n Geloftediens in ons kerkgebou gehou word wat ds Kobus sal lei.
Op die Jaarprogram is foutiewelik aangedui dat die diens om 09:30 begin.
Daar is ook ’n Kersdiens op Woensdag 25 Desember om 09:00 wat dr Frans de Bruyn sal waarneem.
By beide dienste sal die kollekte vir Bybelverspreiding opgeneem word.
Ds Kobus se verlof
Ds Kobus is die volgende twee Sondae, dit is 22 en 29 Desember met verlof uitstedig.
Dr Frans de Bruyn sal beide eredienste lei.
Ons wens ds Kobus en sr Ester ’n aangename tyd van rus en ontspan en lekker kuier toe!
Hy verdien beslis hierdie blaaskans! Mag die Here hulle reis voorspoedig maak en in die feesseisoen ryklik seën!
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag:
Sr Bianca Pieterse – 084 415 7824
Charmari Steyn – 051 436 1290
17 Desember:
Br Roelof Coetzee – 083 294 9445
Sr Hantie Kruger – 082 419 3046
19 Desember:
Br Steve van Niekerk – 082 290 8889
BLOEMFONTEIN-NOORD SE JAARPROGRAM/KALENDER 2020
Ons Jaarprogram/Kalender vir 2020 is gratis in die voorportaal beskikbaar!
In die Jaarprogram is heelwat inligting vervat soos eredienste, kollektes, vergaderings, katkisasie. Bybelstudie, huisbesoek deur ds Kobus in bepaalde wyke en nog vele meer.
Ons vertrou dat dit handig te pas sal kom.
GKSA ALMANAK 2020
Die GKSA se Almanak 2020 is in die konsistorie teen R86 beskikbaar.
Hierdie gewilde publikasie met die statistiek en besonderhede van al die Gereformeerde kerke in SA, bevat vanjaar weereens die baie waardevolle Dagstukkies wat dit iets besonders maak.
Dit is in die konsistorie by die spieël uitgepak en ’n selfhelpdiens geld.
Dit kan dadelik of later betaal word. Daar is kleingeld beskikbaar.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Toe vra die Here vir Jona:
“Het jy rede om kwaad te word?”
Jona 4:4 NAV
