GKSA – Dringende kennisgewing – Nuwe COVID-inperkings

From: Cassie <anberg@absamail.co.za>
Sent: Monday, 28 December 2020 9:14 PM
To: wymiedup@gksa.co.za
Subject: Nuwe COVID-inperkings

Goeienaand almal!

Ons het pas die President se aankondiging oor verskerpte regulasies gehoor.

‘n Paar opmerkings:

  • Uit die woorde en lyftaal van die President is dit duidelik dat daar tans ernstige risiko en bedreiging is.
  • Dit kom voor asof die verskerpte inperkings veral gemik is op samekomste en vergaderings, en nie individuele kontak nie.
  • My informant in die binnekring van COGTA (Min. Dlamini Zuma se Deprtement) sal my inlig sodra hy die nuwe regulasies ontvang het. Die mate waarin dit sterker is as Vlak 3, is nog nie aan hom bekend nie.
  • Tans lyk dit vir my beslis asof onder die “all public gatherings” wat vir twee weke verbied is, eredienste ingesluit is. Let op die word “public” en nie “social” nie. Daar sal nog in die regulasies uitgespel word watter byeenkomste wel mag plaasvind, maar dit lyk nie vir my of eredienste in die skopus val soos die die President uitgespel nie: All indoor and outdoor gatherings will be prohibited for 14 days from the date hereof, except for funerals and other limited exceptions as detailed in the regulations, such as restaurants, museums, gyms and casinos,” explained Ramaphosa. Lyk my ons het nou ‘n keuse tussen kerkhou in die museum of die casino!
  • Wat ander wyksbyeenkomste of Bybelstudie betref: Ons sal uit die regulasies wat gaan uitkom sien of dit in beperkte getalle wel mag plaasvind.
  • Die protokolle van masker dra, sosiale afstand en saniteer gaan baie sterker toegepas word. Waar tot nou toe die eienaar/bestuurder van ‘n kompleks of voertuig strafregtelik aanspreeklik was, geld dit nou elke individu wat buite sy private eiendom sonder ‘n masker beweeg.
  • Die aandklokreël is nou van 9 uur saans tot 6 uur soggens.

Geseënde internetdiens Sondag!

Cassie

Ds. Cassie Aucamp

Gereformeerde Kerk Andeon

anberg@absamail.co.za

082-377 1112

IMG_2211