Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voordat die erediens begin.
Lied 509:1 & 4
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 145: 1,2,5 &10
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Psalm 38:1 & 17
Gebed
Sang
Psalm 71:1 & 2
Skriflesing
Spreuke 30: 24 tot 28
&
Efesiërs 4:1 tot 16
Teksvers
Spreuke 30: 27
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 19-3: 1 tot 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir GKSA Teologiese Studentekas bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
VIERING VAN DIE HEILIGE NAGMAAL
Die Sakrament van die Heilige Nagmaal word DV volgende Sondag, 13 Maart 2022, gevier.
Daar sal net een erediens gehou word wat om 09:30 begin.
Daar sal ook weer ‘n gesamentlike Gemeente-ete in die kerksaal wees wat om 11:30 sal begin.
Almal word hartlik uitgenooi om dit by te woon – bring net asseblief u eie eetgerei en drinkgoed saam.
Die koste beloop R50 vir volwassenes en hoërskoolkinders en R30 vir laerskoolkinders, terwyl dit gratis is vir voorskoolse kinders.
Belangstellendes moet asseblief vandag nog hulle name op die groen vorm in die voorportaal invul of vir Pieter du Plessis per sms/whatsapp by 082 570 1804 laat weet voor Vrydag, 11 Maart.
TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Sewe Damme en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.
Alhoewel die wyk tans vakant is, vertrou ons dat daar genoeg helpers sal wees. Volgende Sondag sal daar nie teebediening wees nie as gevolg van die Gemeente-ete.
KATKISASIE AFSLUITING
Die katkisasieklasse vir voorskoolse-en laerskoolkinders sluit vanoggend af vir die eerste kwartaal en hervat weer DV op 10 April 2022.
Die Gr 8-10 leerders sowel as die Belydeniskatkisante het reeds afgesluit en sal weer DV op 06 April 2022 klasse hervat.
LIDMAATREGISTER
Met attestasis het vertrek uit die gemeente:
Br Nico Venter van Murray Huis, Grey Kollege.
na die GK Boshof: Br Johan Pretorius van die plaas Vriendskap, Tierpoort.
na die GK Rustenburg Kruisberg: Br Dewald Potgieter van Grey Kollege.
HARTLIK GELUK AAN…
Sr Anita du Plessis en haar ouers, br Wikus en sr Machteld, met haar aanwysing as beste student in Toerisme in Suid-Afrika deur die CTU College.
Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie! Ons wens haar alle seën en voorspoed toe vir die toekoms.
ONS DINK AAN
Sr Mariëtte Klopper van Dersleystraat 26. Haar moeder is verlede Sondag oorlede.
Ons dra vir haar, haar man, br Steva en hulle dogter, Alex, op aan ons Hemelse Vader en ons bede is dat Hy hulle sal vertroos in hierdie tyd.
Die troosdiens was gister vanuit Sewe-Damme Aftree-oord se Gemeenskapsaal.
KERKRAADSVERGADERINGS
Die Ouderlinge en Diakens vergader vanmiddag om 15:00 hier in die kerkgebou.
Verskeie sake sal aandag geniet, onder andere die goedkeuring van die 2022 Finansiële Begroting.
Na afloop van hierdie vergadering, sal die Ouderlinge en Diakens afsonderlik vergader.
Tydens die Ouderlinge se vergadering sal daar verslag gelewer word oor die pasafgelope huisbesoeke met die oog op die nagmaalviering.
GEMEENTEVERGADERING
U word daaraan herinner dat die Gemeentevergadering wat volgens die Jaarprogram vanoggend na die erediens sou plaasvind, verskuif is na 10 April 2022.
Tydens dié vergadering sal ‘n opsomming van ons gemeente se finansiële state vir 2022 aan die gemeente voorgehou word.
ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
RADIO ROSESTAD OORDENKINGS
Ds Kobus bied weer gedurende die komende week sy baie gewilde en geliefde oordenkings op Radio Rosestad aan.
U kan gerus daagliks om 05:50 en 18:50 daarop inskakel.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Gelukwense aan senior lidmate wat hierdie week verjaar
Sr Santie Prinsloo79 van Hoewe 1 wat Dinsdag verjaar.
Br Jannie Venter83 van Sterling Aftree-oord no 4 wat Donderdag verjaar.
7 Maart
Br Rudi Smits – 072 482 3280
Sr Carien Nortjé – 073 584 7700
8 Maart
Sr Ezette Fouché – 051 451 1137
Br Gideon de Wet – 073 101 5199
Br TC Pretorius – 076 896 9614
10 Maart
Br Robert Patterson – 083 500 7136
Sr Kirné van Driel – 051 436 9313
Sr Leanné Naudé – 082 520 4677
11 Maart
Br Johan Pretorius 065 539 7656
12 Maart
Sr Naomi Jordaan – 082 787 7177
VERLORE ITEMS
Tradisioneel bly daar altyd ‘n paar items agter in die saal en kombuis na afloop van ‘n funksie.
Daar is nou weer ‘n aantal items op ‘n tafel in die saal uitgepak wat nie aan die kerk behoort nie.
Lidmate word vriendelik versoek om te gaan kyk of daar nie items is wat bekend lyk nie.
BELANGRIKE DATUMS OM VAN KENNIS TE NEEM
Sondag 13 Maart
Nagmaal
Gemeente-ete
Donderdag 17 Maart
Skole sluit
Maandag 21 Maart
Menseregtedag
Dinsdag 05 April
Skole open
Sondag 10 April
Gemeentevergadering
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.
Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het,
nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
2 Korinthiërs 9: 6 & 7
