Die erediens word vandag deur Prof Johan Janse van Rensburg gelei.
Dit is weereens vir ons ‘n besondere voorreg om vir Prof. Johan Janse van Rensburg, emeritusprofessor in Praktiese Teologie, hier in ons midde te verwelkom.
Ons bid hom die seën van die Here toe by die verkondiging van die Woord vanoggend sowel as vanaand.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Liedboek 159:1 & 2
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Matteus 5: 17 tot 20
Sang
Skrifberyming 9-3
Gebed
Sang
Psalm 46: 1 & 6
Skriflesing
Lukas 2: 22 tot 38
Slotsang;
Liedboek 358: 1 & 3
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir GK Teologiese Studente word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
EREDIENSTE
Daar sal vandag net een erediens gehou word om 9:30.
Die katkisasieklasse vir voorskoolse en laerskoolkinders het reeds vir die skoolvakansie gesluit.
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word en beskikbaar op ons webblad(www.gkbfnnoord.co.za)
KERSSANGDIENS
Die jaarlikse Kerssangdiens sal DV vanaand om 18:00 plaasvind.
Dit sal ook deur Prof. Johan Janse van Rensburg gelei word.
ONS DINK AAN:
Sr Ricka Venter wat in die hospitaal is.
Br Wimpie Pienaar wat in die hospitaal is.
Br Renier en sr Rina Strydom wat beide in die hospitaal is.
ALMANAK VAN DIE GKSA VIR 2022
Diegene wat die Almanak van die GKSA vir 2022 bestel het teen R100 stuk, kan dit in die konsistorie afhaal.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
SENIOR LIDMATE
Sr Trix de Bruin 72 van Waverleyweg 163 verjaar môre.
Sr Hester van den Berg 83 van Monsweg 9 verjaar Woensdag.
Sr Emmarencia van der Bijl86 van Serenitas verjaar Woensdag.
Sr Lettie Erasmus 92 van Aliquando verjaar Vrydag.
BELYDENDE LIDMATE:
30 November
Sr Geert Mosca – 082 801 1057
3 Desember
Br Piet Pretorius – 082 412 3595
Sr Marlise Venter – 082 055 7083
4 Desember
Sr Joey Pretorius – 083 383 7929
DOOPLIDMATE
30 November
Wihan Loretz – 083 930 5590
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee;
Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
(Jesaja 9: 5)
