Die erediens word vandag deur Ds Kobus Botha, ons predikant, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Vooraf sang
Psalm 93: 1 & 4
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 146: 1 & 3
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Matteus 22 & Romeine 13
Sang
Liedboek 334: 1 tot 4
Gebed
Sang
Psalm 33: 5 & 6
Skriflesing
1 Korinthiërs 1: 1 – 9 & 18 – 31
Teks
1 Korinthiërs 1 18
”Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God”
Slotsang;
Skrifberyming 10-2
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
EREDIENSTE
Daar sal vandag net een erediens gehou word om 9:30.
Die katkisasieklasse vir voorskoolse en laerskoolkinders neem vanoggend na afloop van die erediens, weer ‘n aanvang vir die laaste kwartaal van die jaar.
U moet asseblief nogsteeds vir br Pieter du Plessis per Whattsapp of SMS (082 570 1804) laat weet watter diens u wil bywoon
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word en beskikbaar op ons webblad(www.gkbfnnoord.co.za)
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Bybelverspreiding word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
KATKISASIE AFSLUITING
Die jaarlikse katkisasie-afsluitingsgeleentheid word DV eerskomende Vrydag, 29 Oktober, om 06:00 in die kerksaal gehou.
HERVORMINGSDIENS
Weens omstandighede is die jaarlikse Hervormingsdiens wat DV volgende Sondag by die NG-Kerk Berg-en-Dal sou plaasvind, afgestel.
Almal word egter uitgenooi om DV volgende Sondagmiddag, 31 Oktober, om 15:30 ‘n Hervormingsdiens wat deur Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid en Gereformeerde Kerk Shalom aangebied word.
Dit vind plaas in die kerkgebou van Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
BELYDENDE LIDMATE:
Vandag
Sr Cornel Bonthuys – 074 453 7347
Sr Retha Britz – 084 827 1314
Br Pieter Fouche – 051 451 1137
Sr Sindy Richards – 082 906 5010
Sr Rina de Kock – 082 566 2255
25 Oktober
Sr Carien Coetzee – 082 772 9083
28 Oktober
Br Ryno Opperman – 082 567 2804
Sr Ansie Pretorius – 082 353 8439
29 Oktober
Diaken Muller Heyns – 072 469 7778
DOOPLIDMATE
26 Oktober:
Nienkie Lowings – 082 333 3329
