Ds Kobus Botha (ons herder en leraar) gaan vanoggend die erediens lei.
LITURGIE VANOGGEND
Die HERE groet ons met Sy seen
Lofsang
Skrifberyming 1-6: 1 tot 3
Ons Bely ons geloof
Verootmoediging – Die wet
Sang
Liedboek 334: 1 tot 4
Na gebed
Liedboek 509: 1 & 2
Skriflesing:
Openbaring 2: 1 tot 7
Slotsang
Skrifberyming 11-2: 1,2 & 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seen
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.
EREDIENSTE GEDURENDE INPERKINGSTYD
Ons het verlede Sondag melding gemaak dat ons nou tot 170 lidmate by ’n diens kan toelaat. Dit is die helfte van die gebou se kapasiteit.
Ons moet egter nog steeds maskers dra, hande en die gebou ontsmet en volledig rekord hou van die persone wat die diens bywoon. Daarom word dit nog steeds van lidmate verwag om die skriba in kennis te stel as en wanneer hulle die diens gaan bywoon.
Stuur sommer ’n WA of SMS na Wikus Vorster by 083 475 6777.
Lidmate wat die dienste baie gereeld bywoon kan met hom reël sodat hulle name permanent op die lys is en hulle kan hom dan net in kennis stel as hulle NIE die diens kan bywoon nie. Reël net met hom. Baie dankie.
KATKISASIE
Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders is DV vanoggend direk na die erediens.
Daar sal nie teebediening wees nie.
BR MORNEY VORSTER OORLEDE
Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat
br Morney Lion Vorster
op Dinsdag 25 Mei 2021 in die ouderdom van 91 jaar en sewe maande in ’n Kimberleyse hospitaal as gevolg van die Corona-virus oorlede is.
Br Morney en sr Anita en hul dogters het in Julie 1980 vanaf GK Bloemfontein by ons aangesluit toe hulle in Waverleyweg 143 woonagtig was.
Sr Anita is op 22 Mei 2010 oorlede waarna br Morney met sr Lettie Stander van Middelburg getrou het.
Hulle het later na Striata Aftree-Oord verhuis.
Sr Lettie is op 30 September 2019 weens hartversaking oorlede.
Br Morney het ’n groot rol in die Diakonie gespeel en was tot op die ouderdom van 83 jaar ’n getroue diaken!
Ons harte gaan uit na sy kinders en kleinkinders en ons bid dat die Here wat oor lewe en doodbeskik, hulle sal vertroos en dat hulle die aangename herinneringe aan hul ouers altyd sal koester.
Die datum vir die troosdiens is nog nie bekend nie.
ONS DINK VERDER AAN….
Br Henk, sr Wilna en Heinrich Pretorius van Frans Venterstraat 7 met die oorlye van sr Wilna se vader as gevolg van die Corona-virus.
Ons dra hulle en die ander familie op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader.
Mag Hy hulle vertroos en mag hulle elke dag van Sy nabyheid bewus wees!
Sr Mariëtte Klopper van Dersleystraat wat haar hand gebreek en vanoggend ge-opereer word. Sterkte aan haar, br Steva en Alex!
Mag die Here hulle kennelik naby wees!
NAGMAALDATUMS
Omdat die begin- en einddatums van die skoolkwartale nou effens verander het, moes ons noodgedwonge die datums vir Nagmaal ook aanpas want Nagmaal word teen die einde van elke kwartaal gehou.
Vir die res van die jaar sal Nagmaal op Sondae 27 Junie, 19 September en 28 November gehou word.
Behalwe as die inperkingsmaatreëls verskerp gaan word, sal daar DV ook weer Gemeente-etes na Nagmaal gehou word wat gewoonlik teen 11:30 begin.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
30 Mei:
Sr Chrisna Aucamp – 071 609 9312
Sr Annelize Marais – 082 770 6662
31 Mei:
Sr Clarissa Coetzee – 083 319 8193
Br Niël Storm – 079 081 9910
1 Junie:
Sr Annet Knoester – 083 885 7830
2 Junie:
Br Martiens du Plessis – 082 550 9743
Br Hannes Otto – 082 762 7892
3 Junie:
Br Herman Britz – 084 827 1314
4 Junie:
Ouderling Dirk Coetzee – 082 784 1993
Ouderling Hennie de Bruin- 082 335 2030
Sr Anita Knoester – 083 465 6415
Sr Lydia van der Walt – 083 647 8282
5 Junie:
Br Nico Beek – 082 831 2313
Stefan van Niekerk – 082 290 8889
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
WEER GEEN KERMIS VANJAAR NIE
Soos dit in 2020 die geval was, sal daar vanjaar ook nie ’n Kermis gehou word nie!!
Dit was beplan vir eerskomende. Saterdag 5 Junie 2021.
Die rede is maar steeds die gevaar van die verspreiding van covid19 waar daar soveel mense byeenkom. Ander aksies word egter steeds beplan:
Vleisverkopings gaan nog soos gewoonlik plaasvind.
Verder word daar beplan om op Vrydag 30 Julie 2021 ’n kerrie-en-rysverkoping en op Vrydag 27 Augustus 2021 ’n verkoping van hamburgers te hou.
Planne word gemaak om te verhoed dat daar groot samedromming van lidmate gaan wees.
Ons bedank die Gemeente-funksiekommissie vir hul organisasie en vertrou dat ons lidmate dit goed sal ondersteun.
Lidmate sal betyds en volledig van die besonderhede in kennis gestel word.
VLEISVERKOPE UITGESTEL!!
In verlede week se nuusbrief is genoem dat die Gemeentefunk-siekommissie op 2 en 3 Julie weer vleis as fondsinsamelingaksie gaan verkoop.
Weens onvermy-delike omstandighede moet dit ongelukkig uitgestel word tot later in Julie.
Ons sal lidmate betyds van dié datum in kennis stel.
Ons vra verskoning daarvoor maar dis darem nie afgestel nie!!
Indien daar nog lidmate is wat graag beeste of skape aan die kerk wil skenk sodat dit verwerk en die vleis aan ons lidmate verkoop kan word, moet u asseblief dringend vir oudl Piet Knoester by 072 991 8882 skakel.
Afgesien van die feit dat hoë kwaliteit vleis teen billike pryse bekom kan word, beteken die inkomste wat daaruit verkry word ook geweldig baie vir die kerk wat juis finansieel swaarkry.
KERKKANTOOR
Die tye wanneer die kerkkantoor oop is, is nie meer dieselfde as wat op die Jaarprogram en selfs op die Nuusbrief aangedui is nie.
Vanweë die voorsorg wat ons tref vir die verspreiding van die Corona-virus, werk Wikus Vorster nou meer van sy huis af.
Hy is egter elke Donderdag vanaf 09:00 tot 11:00 by die Kerkkantoor. Verder is hy dag en nag per telefoon beskikbaar.
Kontak hom gerus by 083 475 6777 !
VRIENDELIKE VERSOEK VAN DIE SKRIBA
Noudat die Nuusbrief weer gereeld gaan verskyn, wil ons graag die onderlinge meelewing in ons Gemeente probeer bevorder deur inligting oor die soet en suur van lidmate aan ander deur te gee. Sodoende kan ons in tye van vreugde aan mekaar dink en in tye van droefheid mekaar aan die Here in gebed kan opdra.
Skakel dus asseblief die skriba by 083 475 6777 of laat weet hom per e-pos by kantoor@gkbfnnoord.co.za.
Moenie beskeie wees nie !
Ons hoor graag van enige provinsiale, nasionale of internasionale prestasie of van siekte of ander hartseer-omstandighede.
Stuur dié inligting asseblief laastens teen Vrydagmiddag vir hom.
Baie dankie!!
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Terwyl die skoolkwartale nou bietjie anders verloop as wat in ons kerk se Jaarprogram opgeneem is, noem ons enkele belangrike datums sodat ons almal ons sake daarvolgens kan inrig.
Woensdag 16 Junie
Openbare vakansiedag, geen katkisasie
Sondag 20 Junie:
Voorbereidingsdiens
Diakonievergadering 16:00 kerksaal
Ouderlingevergadering 16:00 kerkgebou
Katkisasie vir Laerskoolkinders sluit
Sondag 27 Junie
Nagmaal en Gemeente-ete
Woensdag30 Junie
Katkisasie vir Hoërskooljeug sluit af
Donderdag 8 Julie
Bybelstudie sluit af
Vrydag 9 Julie
Skole sluit
Maandag26 Julie
Skole begin weer
Sondag 19 September
Nagmaal en Gemeente-ete
Sondag 28 November
Nagmaal en Gemeente-ete
MUSIEKKONSERT
Ons orrelis, br Louri Coetzee, deel ons mee dat daar op e.k. Donderdag 3 Junie 2021 om 18:30 by die NG Kerk Langenhovenpark in Boerneefstraat, ’n Bach-konsert gehou gaan word.
’n Verskeidenheid van Bach se orrelwerke sal deur Louri self en ook deur Stefan Steyn uitgevoer word. Almal is baie welkom om dit by te woon.
Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Louri by 083 776 6989
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Toe het God gekyk na alles wat Hy
gemaak het, en dit was baie goed.
Dit het aand geword
en dit het môre geword.
Dit was die sesde dag
Genesis 1:31
