Ds Kobus Botha (ons herder en leraar) gaan vanoggend die erediens lei.
LITURGIE VANOGGEND
Die HERE groet ons met Sy seen
Lofsang
Liedboek 184:1 tot 4
Ons Bely ons geloof
Verootmoediging – Die wet (Kol 2 & 3)
Sang
Skrifberyming 5-4:1,2
Na gebed
Sang
Psalm 119:39 & 40
Skriflesing & teksverse:
Openbaring 2: 8 tot 11
Slotsang;
Skrifberyming 19-3: 1 tot 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seen
MET LEEDWESE MAAK ONS DIE VOLGENDE TWEE STERFGEVALLE BEKEND:
Sr Titia Cronje,
van Eloffstraat 8 is op Sondagaand 30 Mei 2021 in die ouderdom van byna 70 jaar, (nie agv die Coronavirus nie), oorlede.
Sr Titia het in 1991 vanaf Kemptonpark by ons aangesluit en het ’n tyd as diaken in ons gemeente gedien.
Ons harte gaan uit na br Martin en sr Janette Cronjé en die ander familie en ons bid hulle die nabyheid en vertroosting van ons Hemelse Vader toe. Die troosdiens is Woensdag in ons kerkgebou gehou.
Br Boet Pretorius
van Sewe Damme Versorgingseenheid is Woensdagaand 2 Junie in die ouderdom van 86 jaar oorlede.
(Ook nie die virus nie).
Br Boet en sy eggenote, sr Margaretha, het in Oktober 2012 vanaf GK Bloemfontein by ons aangesluit.
Vanweë hul hoë ouderdom kon hulle geruime tyd nie meer die eredienste bywoon nie.
Ons harte gaan uit na sr Margaretha en hul kinders, veral sr Ansi Pretorius en ander familie en ons dra hulle almal op aan ons Hemelse Vader dat Hy hulle altyd naby sal wees.
Die datum vir die troos- en gedenkdiens is nog nie bekend nie.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir die GKSA se Emeritaatsfonds word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.
EREDIENSTE GEDURENDE INPERKINGSTYD
Vanoggend en die Sondae vorentoe sal daar weer twee eredienste om 09:00 en 10:30 gehou word aangesien ons nou beperk word tot 100 lidmate per diens.
Ons moet egter nog steeds maskers dra, hande en die gebou ontsmet en volledig rekord hou van die persone wat die diens bywoon.
Daarom word dit van lidmate verwag om die skriba in kennis te stel as en wanneer hulle die diens gaan bywoon.
Stuur sommer ’n WA of SMS na Wikus Vorster by 083 475 6777.
Lidmate wat die dienste baie gereeld bywoon kan met hom reël sodat hulle name permanent op die lys is en kan hom dan net in kennis stel as hulle NIE kan kom nie. Reël net met hom. Baie dankie
KATKISASIE
Daar sal weer vanoggend katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders na die eerste diens wees.
Daar sal nie teebediening wees nie.
ONS DINK AAN….
Die skriba, br Wikus Vorster en sr Hettie Vorster, is beide positief vir Covid-19 getoets.
Sr Hettie was vir ’n paar dae in die hospitaal.
Ons dra hulle op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader vir spoedige herstel.
Daar is ongelukkig nie vanoggend ’n Nuusbrief beskikbaar nie.
NAGMAALDATUMS
Omdat die begin- en einddatums van die skoolkwartale nou effens verander het, moes ons noodgedwonge die datums vir Nagmaal ook aanpas want Nagmaal word teen die einde van elke kwartaal gehou.
Vir die res van die jaar sal Nagmaal op Sondae 27 Junie, 19 September en 28 November gehou word.
Behalwe as die inperkingsmaatreëls verskerp gaan word, sal daar DV ook weer Gemeente-etes na Nagmaal gehou word wat gewoonlik teen 11:30 begin.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Vandag
Sr Chrissie Coetzee – 066 212 1282
Luan du Toit – 073 241 8173
7 Junie
Br Anton Klopper snr – 083 378 5950
8 Junie
Br Jaco Kirstein snr – 081 881 4060
9 Junie
Sr Janet Boshoff – 082 202 5950
11 Junie
Sr Hettie Bezuidenhout – 082 785 8829
Br Bernard Marais – 082 770 6662
Ouderling Gert Venter – 082 856 1781
12 Junie
Sr Poppie Marais – 082 882 2730
GELUKWENSE AAN SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR:
Sr Chrissie Coetzee van Sewe Damme verjaar vandag
Sr Poppie Marais ook van Sewe Damme verjaar Saterdag
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
