Nuusbrief – 23 September 2018
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE DOOP
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend tydens die erediens bedien aan LJ Fouché, Verbondseuntjie van br Louis en sr Louise Fouché van Forest Hill 4, Agstestraat.
Hulle is nog maar ’n paar maande in ons Gemeente nadat br Louis vir 18 maande rugby in Japan gespeel het.
Ons wens hulle en die grootouers van harte geluk en ons bede is dat die Here hulle familie sal seën en dat die ouers die krag en genade sal ontvang om klein LJ op te voed in die vrese van Sy naam en so die dure Doopbelofte na te kom!
ONS DINK AAN …
Br Jannie en sr Ina Venter van High Ridge.
Hulle skoonseun, John Jacobs van Vredefort, is Donderdagoggend tydens die uitvoering van sy werksverpliging, in ’n vliegtuigongeluk by Bethlehem oorlede.
Ons harte gaan uit na sy vrou, Anrie en hul drie kinders en ook haar twee broers en skoonsusters naamlik oudl Henk en diak Elize Venter en diak Cobus en diak Marlise Venter. Dit is ’n groot skok om te verwerk en ons bede is dat die Here, wat oor lewe en dood beskik, hulle besonderlik naby sal wees en met die Heilige Gees sal vertroos!
Die begrafnis sal DV Woensdag om 10:00 te Vredefort plaasvind.
LITURGIE VANOGGEND
Skriflesing: Romeine 5: 1-11
Teksverse: Romeine 5:8
Sang voor die erediens:
Liedboek 168:1,2,3
Sang tydens die erediens:
Skrifberyming 1-6:1,2,3
Skrifberyming 8-1:1,2
Psalm 134:4
Psalm 105:5
Skrifberyming 11-2:1,2,4
DEURKOLLEKTE VANDAG
Vandag word die deurkollektes vir Bybelverspreiding afgesonder en volgende Sondag sal die deurkollektes vir die GKSA se Emeritaatsfonds opgeneem word.
Die kollektes onder die diens is soos altyd, bestem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid.
GEEN AANDDIENS VANAAND
As gevolg van die langnaweek, sal daar nie vanaand ’n aanddiens in ons kerkgebou gehou word nie.
Die suidelike Gereformeerde Kerke hou wel vanaand en ook volgende Sondagaand om 18:00 ’n gesamentlike diens in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidheuwels.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
23 September:
Sr Jolandi Lubbe – 084 619 7600
Miné Steyn en haar tweelingsussie Maylee Steyn – 082 052 0421
Sr Tokkie Vivier – 051 436 1529
24 September:
Br Francois Harvey – 051 436 8679
25 September:
Sr Ria Gerber – 082 375 2521
Anika Robbertse – 051 436 2415
27 September:
Sr Hester Odendaal – 082 045 8875
28 September:
Pieter Knoester jnr – 083 461 4128
28 September:
Br Herman Pretorius – 083 462 0958
Albert van Jaarsveld – 072 436 5915
Sr Juan-Mari Vermeulen – 084 575 2010
Cobus de Witt – 083 662 3462
29 September:
Diak Joey Nell – 076 745 2131
Almé van Jaarsveld – 073 436 5915
Sr Yolandi van der Linde – 084 999 5512
Br Wilhelm van der Merwe – 081 417 6838
BYBELSTUDIE
Die twee Bybelstudiegroepe sluit hul bedrywighede eerskomende Donderdag vir die derde kwartaal af en begin DV weer op Donderdag 11 Oktober 2018.
DANKWOORD
Ons wil graag ons hartlikste dank oor-dra aan sr Charlene Klopper en haar skoonmoeder vir die tuin wat sy onder die moerbeiboom tussen die saal en die kerkgebou uitgelê het.
Dit lyk pragtig en vervang die minder mooi plante wat daar was! Daar sal nog plantjies ook geplant word.
Ons waardeer sulke meelewlng opreg! Baie dankie Charlene!
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
BEROEPE ONTVANG
►Dr JA (Jannie) Erasmus van Odendaalsrus na Lichtenburg
►Ds MJ (Thys) Lourens van Vaalpark na Nelspruit as medeleraar
BEROEPE BEDANK
►Ds WJ (Wilhan) Jobse van Jeffreysbaai na Kemptonpark
►Ds TMJ (Jeremia) Moletsane van Sandveld na Zamdela, Boipatong, Sharpeville en Sebokeng
Ds EJ (Janré) van Jaarsveld van Tsumeb na Durban-Noord
GEDAGTE VIR DIE WEEK
14Moenie met ongelowiges
in dieselfde juk trek nie.
Hoe kan daar vennootskap wees
tussen reg en onreg?
Hoe kan daar gemeenskap wees
tussen lig en duisternis?
15Hoe kan ’n gelowige dieselfde
belange hê as ’n ongelowige?
II Kor 6:14,15 NAV
