VANOGGEND SE EREDIENS word deur dr Frans de Bruyn waargeneem.
Skriflesing:
Jona 1
Teksverse:
Jona 1:3a, 5c, 12a
Jon 1:3 Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af. Jona is af Joppe toe, en daar het hy ‘n skip gekry wat op vertrek was Tarsis toe. Hy het vir die reis betaal en aan boord gegaan om saam met die bemanning Tarsis toe te gaan, weg van die Here af
Jon 1:5 Die matrose het bang geword, en elkeen het tot sy god om hulp geroep. Hulle het die vrag van die skip in die see gegooi om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip waarheen hy afgegaan het om te gaan slaap. Hy het vas geslaap
Jon 1:12 Jona het hulle geantwoord: “Vat my en gooi my in die see, dan sal dit kalm word rondom julle, want ek weet dit is oor my dat hierdie groot storm rondom julle woed.”
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 476:1 & 477:2
Sang tydens die erediens:
Psalm 103: 1,8& 9
Psalm 86: 6
Psalm 73:12
Psalm 92: 1 & 9
KOLLEKTES
Vandag se deurkollektes word vir Bybelverspreiding en vir volgende Sondag vir GKSA se Sustentasiefonds afgesonder.
Die kollektes onder die erediens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag:
Diaken Petr Havenga – 082 749 6908
Ouderling Tiaan van der Bijl – 082 303 8046
30 Desember:
Sr Elri Botha – 074 908 2381
Sr Renay le Roux – 060 790 8513
31 Desember:
Sr Marisa Havenga – 076 836 0005
Sr Cora Viljoen – 051 436 5957
1 Januarie 2020:
Sr Ciska Badenhorst – 083 415 3000
Br Jacobus Erasmus – 076 208 7687
2 Januarie:
Sr Leri Klopper – 078 509 2963
Sr Elna Nel – 051 444 5638
Sr Carlise van der Merwe – 071 880 9692
4 Januarie:
Br Louis Fouchè – 073 205 4340
Louis van Niekerk – 082 769 7196
Ouderling Peet Venter – 082 416 1718
EREDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Die erediens vanoggend
Ds Kobus en gesin is tans met ’n welverdiende vakansie in die Strand en ons bede is dat hulle dit terdeë gaan geniet!
Ons is baie dankbaar dat ons hulpdienspredikant, dr Frans de Bruyn vanoggend die diens hier gaan lei.
Ons bid hom en sr Petro die seën van die Here toe!
Aanddienste
Tot en met Sondag 12 Januarie 2020 sal daar nie aanddienste in ons kerkgebou gehou word nie.
Daar is ook nie enige ander gesamentlike diens nie.
Op 5 en 12 Januarie 2020 sal die gesamentlike aanddiensteweer hervat met dienste in die kerkgebou van Gereformeerde Kerk Bloempark.
GKSA ALMANAK 2020
Die GKSA se Almanak 2020 is in die konsistorie by die spieël uitgepak en is teen R86 verkrygbaar.
JAARPROGRAM/KALENDER 2020
Ons Jaarprogram/Kalender vir 2020 is gratis in die voorportaal beskikbaar!
SEëNWENSE VIR 2020
Ons wil graag alle lidmate ‘n geseënde & voorspeodige 2020 toewens !
Mag ons Hemelse Vader aan ons as gemeente en aan elke afsonderlike lidmaat Sy seën in oorvloedige mate skenk.
Ons kan nie hierdie jaar sonder Sy seën en nabyheid ingaan nie !
Wat hierdie nuwe jaar alles met ons gaan gebeur, weet ons nie,
maar ons weet wel waar ons hulp vandaan kom –
van diè Here wat die hemel en aarde gemaak het en
nog elke dag deur Sy Voorsienigheid onderhou en regeer!
Mag Hy elke dag by en met on wees ! !
GEDAGTE VIR DIE WEEK
MET JAARWISSELING
Deur Hom(Jesus Christus) glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek
en aan Hom heerlikheid gegee het.
Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.
1 Petrus 1:21
