LITURGIE VANOGGEND
Skriflesing:
Mar 8:31-33,Mar 9:30-32 en Mar 10:32-34
Teksverse:
Mar 10:32
Voorafsang:
Liedboek 203:1,2
Sang:
Psalm 146:14,8
Psalm 119:6,7
Psalm 66:7
Skrifberyming 18-7:1,12
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid. Die deurkollektes sal vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg afgesonder word.
Die deurkollektes volgende Son-dag is bestem vir die GKSA se Deputate Jeugsorg.
KATKISASIEKLASSE EN TEEBEDIENING
Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskookinders word vanoggend weer voortgesit. Terselfdertyd sal die normale gebruiklike teebediening ook weer hervat wanneer dit die beurt van wyk Eeufeesweg is en alhoewel daar nie ’n wyksouderling is nie, sal die teedrinkery normaalweg voortgaan!
Baie dankie dat lidmate in die wyk daarmee behulpsaam is! Ons waardeer dit opreg.
Volgende Sondag word die laaste teedrinksessie van die jaar gehou met wyk Fichardtpark as verant-woordelike wyk. Die teebediening sal na die somervakansie DV weer op 19 Januarie 2020 begin wanneer dit wyk Navalsig se beurt is.
SR JUDY DU PLESSIS OORLEDE
Met leedwese word bekend gemaak dat sr Judith (Judy) du Plessis van Jutastraat 16A, Woensdag 30 Oktober 2019
in die ouderdom van 85 jaar oorlede is nadat sy geruime tyd ernstig siek was. Sy en haar eggenoot, br Martiens du Plessis, was stigterslede van ons Gemeente in 1961, maar was vir ’n periode in Pretoria voordat hulle in Junie 1984 vanaf GK Voortrekkerhoogte weer by ons aangesluit het.
Voor haar siekte was haar plek Sondae in die kerk selde leeg en ons sal haar vriendelike en aangename geaardheid baie mis. Ons harte gaan uit na br Martiens en hul kinders en kleinkinders en ons bid hulle die troosvolle nabyheid van ons Hemelse Vader toe. Die gedenk- en troosdiens sal DV e.k. Woensdag 6 November om 11:00 in ons kerkgebou gehou word.
GEMEENTE-ETE NA NAGMAAL
Die Sakrament van die Heilige Nagmaal word DV Sondag 17 November 2019 gevier. Na afloop van die Nagmaalsdiens word die gebruiklike en baie aangename gesamentlike Gemeente-ete weer in die kerksaal deur die susters bedien.
Dit neem die vorm aan van ’n heerlike steak-braai. Alles word voorsien, maar elkeen moet net sy/haar eie drink-goed saambring. Dit kos R50 vir volwassenes en Hoërskooljongmense en R30 vir Laerskoolkinders.
Sedert die September-nagmaal het daar ’n egpaar by ons aangesluit. Hulle en die sewetal jonge broeders en susters wat die 27ste Oktober Belydenis van hul geloof afgelê het, is die gaste van die Kerkraad maar moet net eie drinkgoed saambring.
Lidmate wat belangstel om die funksie by te woon, moet asseblief u name op die BLOU vorm wat in die voorportaal is, aanteken. Betaling kan geskied deur die geld in ’n koevert in die Sustersbydrae-kassie te plaas of dit kan elektronies inbetaal word by; ABSA 632 005, rekeningnommer 470 341 769 met vermelding van u naam en “Ete”.
By dieselfde geleentheid sal die verjaarsdae van ds Kobus (1 November) en sr Ester (6 November) ook gevier word.
SUSTERSVERGADERING
Die jaarlikse Sustersaamtrek word DV volgende jaar op 7 Maart 2020 deur ons susters alhier aangebied. Die Sustersbestuur wil graag soveel as moontlik susters daarby betrek. Daarom word ’n Sustersvergadering vir volgende Sondag 10 November 2019 net na die oggenddiens in die kerkgebou beplan om die susters in te lig en vrywilligers te vra vir sekere take.
Alle susters word vriendelik versoek om asseblief hierdie belangrike vergadering by te woon. As ons die standaard en sukses van die vorige Saamtrekke wat ons susters aangebied het as maatstaaf neem, sal hierdie Saamtrek ook iets besonders wees, maar alle susters se samewerking word van harte gevra.
Baie dankie!
BROEDERS TER APPROBASIE
Oudl Giel Viljoen (wyke Aliquando en Sewe Damme) het as gevolg van gesondheidredes aansoek om ontslag as ouderling gedoen. Dit is deur die Kerkraad op sy laaste vergadering toegestaan en br Giel word bedank vir sy werk as wyksouderling en seën toegebid!
Dr Frans de Bruyn het aangebied om dié twee wyke onder sy vlerk te neem, maar sal dan afstand doen van wyke Eeufeesweg en Jan Wilkenstraat.
Die name van die volgende broeders word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou sodat hulle as ouderlinge kan dien:
Br AJ (Jorrie) Jordaan, La Mottestraat 21 en Br HFJ (Francois) Venter van Lorrainestraat 46
Die seën van die Here word hierdie broeders toegebid by die oorweging van dié belangrike roeping en ons vertrou dat dit positief sal wees! Indien die broeders die roeping opvolg, sal die bevestiging DV volgende Sondagaand plaasvind en sal eervolle losmaking uit die amp dan ook aan oudl Giel Viljoen (Aliquando en Sewe Damme) toegestaan word.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
03 Nov:
Sr Elize Mostert 083 377 8695
04 Nov:
Oudl Gert Jordaan snr 071 673 1286
Br Steva Klopper 051 436 2119
Br Elandré Nel 076 130 0751
05 Nov:
Chandrei Patterson 083 500 7136
06 Nov:
Sr Ester Botha 072 784 9451
06 Nov:
Sr Anelia du Toit 073 241 8173
07 Nov:
Sr Kotie Fourie 082 923 5412
08 Nov:
Br Johan Bezuidenhout 082 785 8829
Stephan van der Walt 082 300 9085
09 Nov:
Sr Dornay Janse van Rensburg 082 335 5124
PLAASBESTUURDER GEVRA
Br Karel van der Berg (082 884 9314) verneem graag of daar nie dalk ’n lidmaat (of ’n kennis) is wat ’n blinde vriend van hom op ’n plaas in Barkly-Oos kan help nie. Bel vir Karel asseblief!
DIE SAKRAMENT VAN DIE H DOOP
Die Sakrament van die H Doop is verlede Sondag bedien aan Guillaume Odendaal, Verbondseuntjie van br Christiaan en sr Hester Odendaal van Van Tonderstraat 4. Guillaume is hul derde seun en boetie van Christiaan en Juvan.
Ons is saam met hulle dankbaar dat br Christiaan se vader, ds CJ Odendaal die dankgebed by daardie geleentheid kon doen. Vir een of ander rede het die berig oor hul doop in verlede week se Nuusbrief “uitgeval” waaroor ons baie jammer is en verskoning voor vra. Ons wens hulle van harte geluk en bid die hele gesin die seën van die Here toe! Mag die ouers die krag en genade ontvang om hom op te voed in die vrese van Sy naam en so die Doopbelofte nakom!
ONS DINK AAN …
Die volgende susters wat in die hospitaal is/was. Mag ons Hemelse Vader hulle en hul geliefdes elke dag naby wees en beterskap skenk: Sr Salomé Bothma van Albrechtstraat, sr Alta Edwards van Noorderbloem en sr Emmie Smit van Sewe Damme. Sr Emmie was in die hospitaal vir behandeling en word nou in Bayswater Village versorg.
Ons dink ook aan br Fanie en sr Martie le Roux van Santé nadat br Fanie ’n operasie ondergaan het en ons dra hulle en alle ander beproefdes op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader!
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Die Here is goed,
Hy is ’n toevlug in tyd van nood,
Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.
Nahum 1:7 NAV
