Nuusbrief – 30 Desember 2018
VANDAG SE EREDIENS WORD DEUR DS KOBUS BOTHA GELEI
Skriflesing:
Deuteronomuim 34: 1 tot 12
Teksverse:
Deuteronomuim 34: 1 tot 12
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 577:1,2,3
Sang:
Psalm 8: 1,3,4
Psalm 38: 1,17
Psalm 68: 9
Skrifberyming 11-2: 1,2,4
KOLLEKTES
Vandag en volgende Sondag se deurkollektes word vir Bybelverspreiding afgesonder.
Die kollektes onder die diens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas vir Diens van Barmhartigheid.
DIE AANDDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Tot 13 Januarie 2019 sal daar nie aanddienste in ons kerkgebou gehou word nie.
LIDMAATREGISTER
Opgeneem in die gemeenskap van die Gereformeerde Kerke vanuit die APK:
Sr Nita Mekarnia en gedoopte kinders Juan Mekarnia en Sarah Mekarnia, woonagtig te Hawai 32, in die wyk Pentagonpark.
Ons heet hierdie suster en haar kinders van harte welkom in ons Gemeente en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees!
ONDERSTEUNING VAN DIE BEUDENE DAGSORGSENTRUM
Sr Machteld du Plessis (073 251 9286) vra vriendelik dat lidmate oortollige items
aan bogenoemde dagsorgsentrum vir mense met gestremdhede sal skenk.
Twee van ons eie Gemeente se kinders word daar versorg.
Hulle benodig die volgende:
Legkaarte 300 en kleiner (al is daar paar stukke weg);
skryfbehoeftes soos vetkryt penne potlode ens;
afvalpapier tydskrifte, koerante;
krale;
waterverf kwaste;
wol garing afvallappe;
plastiese of papierglase, gewone of plastiese teelepels;
plastiese deurskynende bakkies met deksels;
ou speelgoed en soortgelyke items
Hulle sal dit ongelooflik baie waardeer as u kan help
Bring die skenkings asseblief na die kerk toe met duidelike aanduiding dat dit vir BEUDENE bedoel is
LIDMATE WAT HIERDIE KOMENDE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
30 Desember:
Sr Elri Botha – 074 908 2381
Sr Renay le Roux – 083 342 1044
31 Desember:
Sr Marise Havnga – 076 836 0005
Sr Cora Viljoen – 051 436 5957
Br Daniël van der Walt – 051 433 1169
01 Januarie:
Sr Ciska Badenhorst – 083 415 3000
Br Jacobus Erasmus – 076 208 7687
02 Januarie:
Sr Leri Klopper – 078 509 2963
Sr Celia de Klerk – 071 978 8555
03 Januarie:
Sr Elna Nel – 051 444 5638
04 Januarie:
Br Louis Fouché – 073 205 4340
Br Peet Venter – 051 436 7667
Louis van Niekerk jnr – 082 769 7196
05 Januarie:
Pieter Venter – 073 153 9720
PUBLIKASIES 2019
Die Jaarprogram/-Kalender vir 2019 is gratis in die voorportaal beskikbaar!
Ons vertrou dat dit ’n handige gebruiksartikel in elke huishouding sal wees wat gereeld geraadpleeg gaan word.
Die Almanak van die GKSA 2019 beskikbaar.
Benewens inligting oor elke Gereformeerde Gemeente in SA,
bevat dit ook weer die immer gewilde en kosbare Dagstukkies.
Dit is in die konsistorie by die spieël teen R85 beskikbaar. Dis ’n selfhelpsituasie en daar is kleingeld gereed.
GLASE GESKENK DEUR ANONIEME WELDOENER
Die anonieme lidmaat wat glase met ons kerk se logo en die lidmaat se naam daarop, aan nuwe intrekkers en lidmate ouer as 80 jaar skenk,
het so pas weer ’n aantal glase voltooi wat in die voorportaal beskikbaar is.
Die volgende lidmate kan asseblief hul glase neem:
Salomé Bothma
Klasie de Kock
Rina de Kock
Charl du Plessis
Basie du Plooy
Lilene du Plooy
Esther Janse van Rensburg
Susan Kotzé
Arie Kruger
Daphne Kruger
Martie Kruger
Koos Reyneke
Johan Roux
Jurien Smits
Pieter Smits
Rudie Smits
Rina Strydom
Pieter van Zyl
Van ’n vorige besending is daar nog glase vir
Hettie Bonthuys, Elsie Coetzee, Kobus Coetzee, Martie van der Linde en Wlhelm van der Merwe.
Vriende, familie of kerkraadslede van hierdie lidmate kan die glase ook neem en oorhandig asseblief!
