Nuusbrief – 8 Julie 2018
VANOGGEND SE EREDIENS – Dr Frans de Bruyn
Skriflesing:
Mattheus 11:1-19
Teksverse:
Mattheus 11:2-6
Sang voor die erediens:
Liedboek 190:1,2
Sang tydens die erediens:
Psalm 92:1,2,3
Psalm 138: 1
Skrifberyming 11-2: 1,2,4
Psalm 42: 5,7
DEURKOLLEKTES
Vandag se deurkollektes sal vir die GKSA se Teologiese Studente opgeneem word terwyl volgende Sondag se deurkollektes bestem is vir die GKSA se Sustentasiefonds.
DS KOBUS MET VERLOF UITSTEDIG
Ds Kobus en sy gesin is vandag nog met welverdiende verlof uitstedig.
Ons bede is dat die Here alles voorspoedig sal laat verloop, dat hulle goed sal uitrus en met hernude kragte sal terugkeer.
Ons is dankbaar dat ons hulpdienspredikant, dr Frans de Bruyn vanoggend die Woordbediening sal behartig en ons bid hom en sr Petro die seën van die Here toe !
GEEN AANDDIENS VANAAND
Daar sal nie vanaand ’n aand-diens wees nie.
Die suidelike Gereformeerde Gemeentes hou aanddienste om 18:00 in die kerkgebou van die GK Bloemfontein-Suidheuwels.
VERJAARDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
8 Julie:
Sr Trix Snyman – 083 361 8057
Sr Mercia van der Walt – 051 436 1313
9 Julie:
Br George du Plessis – 073 233 9274
10 Julie:
Sr Estelle Reyneke – 082 464 155
11 Julie:
Sr Janette Cronjé – 083 940 5183
Sr Carina Fouche – 083 925 82379
11 Julie:
Br Willie Snyman snr – 082 375 2524
Br Janneman Venter – 079 659 2862
Br Sarel van der Walt – 083 270 6990
Ezelle van Eeden – 082 607 2407
12 Julie:
Br Pieter Fouche – 051 451 1137
Sr Tryna Fouche – 083 925 8279
ONS DINK AAN …
Br Francois Venter van Lorrainestraat wat ’n stentinplanting gekry het nadat verskeie toetse op hom uitgevoer is.
Ons bid hom die Here se nabyheid toe en vertrou dat hy spoedig weer goeie gesondheid sal geniet!
Sterkte!
GEEN AANDDIENS VANAAND
Daar sal nie vanaand ’n aand-diens wees nie. Die suidelike Gereformeerde Gemeentes hou aanddienste om 18:00 in die kerkgebou van die GK Bloem-fontein-Suidheuwels.
DIE ORREL NIE GESOND NIE
Die orrel het twee weke gelede ’n paar skete opgedoen.
Die orrelbouer, Jan Elsenaar, hou vakansie in Nederland daarom sal ons vandag net met ’n paar note wel kan regkom.
Jammer!
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE VAN SUID-AFRIKA
BEROEP AANVAAR
Prop PW (Wouter) Smit wat aan die begin van die jaar die praktiese werk vir sy predikant-studies hier by ons gedoen het, het die beroep na GK Vereeni-ging aanvaar.
BEROEP BEDANK
Ds MH (Marco) le Roux van Newcastle na Kemptonpark.
ORRELUITVOERING
Ons orrelis, br Lourie Coetzee, deel ons mee dat daar op Saterdag 28 Julie 2018 om 16:00 ’n orreluitvoering in die NG Kerk Bloemfontein-Wes gehou gaan word.
Hyself sal die orrel bespeel en hy word bygestaan deur die violis Elsabé Raath met werke van Bach, Krebs en Pinkham.
Kaartjies kos R100 en is by die deure beskikbaar.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
As ons dan verkondig dat Christus
uit die dood opgewek is, hoe kan
party van julle nog beweer dat
daar geen opstanding van
die dooies is nie?
1 Kor 15:12 OAV
