GEREFORMEERDE KERK BLOEMFONTEIN-NOORD (2016- 17 VOLG JULIE 2016)

Liewe lidmaat
Ontvang hiermee die twintigste uitgawe van die “Omgeeboekie” van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord vir die jaar 2015. Kontak die kerkkantoor vir enige navrae en regstellings. Mag hierdie boekie soos in die verlede ‘n hulpmiddel vir lidmate wees om mekaar beter te leer ken, makliker op te soek en nog hartliker met mekaar saam te lewe. Ons hoop dat dit ook weer handig te pas sal kom by die kerklike organisasie en administrasie. Nadat daar verlede jaar begin is om gesinne se fotos by hul besonderhede te plaas, het dit vanjaar momentum gekry met heelwat meer fotos! Moenie huiwer om hierdie boekie te gebruik nie. Aan God alleen die eer!

31 Maart 2015
INHOUDSOPGAWE
Algemene gegewens van die Gemeente
Funksionarisse van die Kerkraad
Katkisasie
Hoërskooljeugaksie (HJA)
Sustershulpdiens
Bybelstudie
Lesotho-Uitreikaksie
Kerklike bydraes
Besonderhede van lidmate (Verwyder)
Lidmate binne wyksverband (Verwyder)

ALGEMENE GEGEWENS VAN DIE GEMEENTE

Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord het op 15 Oktober 1961 van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Wes afgestig. Ons Gemeente is dus vanjaar 54 jaar oud. Die eerste predikant was ds JLJ Snyman wat later deur ds JJ de Wet Kruger opgevolg is. Dr HA van Dalsen was vir 27 jaar die volgende predikant, waarna hy in 1998 geëmeriteer het en
steeds in ons Gemeente woonagtig is. Ds TJ Potgieter is in Mei 1998 as die vierde predikant van Bloemfontein-Noord bevestig. Teen die einde van Mei 2008 het hy ’n beroep na Port Elizabeth aanvaar en na byna sewe maande se vakantskap is ds WJ Botha van die Gereformeerde Kerk Frankfort op 7 Desember 2008 as vyfde predikant van ons Gemeente sedert die stigting 54 jaar gelede, bevestig. Ons kerkgebou, op die hoek van Dealeweg en Kiplingstraat is op 25 September 1965 in gebruik geneem en die doelmatige kerksaal op 28 Februarie 1988 met die onthulling van die gedenkplaat deur dr Hubrecht van Dalsen. Die saal is vanjaar dus reeds 27 jaar in gebruik!!

KATKISASIE

Graad 1 tot 7 klasse
Hierdie belangrike deel van die Gemeente se werk vind Sondagoggende ná die erediens plaas vir al die Graad
1 tot Gr 7- leerders. Klasse is as volg ingedeel: Voorskools; Gr 1; Gr 2&3; Gr 4&5 en Gr 6&7. Katkisasie word elke Sondag gehou, behalwe gedurende langnaweke, skoolvakansies en Nagmaalsondae. Op die Jaarprogram kan ouers let op
die spesifieke lesnommer wat vir elke Sondag voorberei moet word. Aan die einde van elke jaar (gewoonlik in Oktober)
word ‘n katkisasie-uitstappie gereël wat die kinders baie geniet. Raadpleeg gerus die Jaarprogram om seker te maak.
Voorbelydenis- en Belydenisklas Die katkisasie vir Gr 8-leerders en ook die voorbelydenisklas (graad 9 en 10) word
Woensdagaande om 18:15 in die konsistorie gehou. Die belydenisklas (gewoonlik gr 11) volg om 19:15. Kinders wat in skoolkoshuise woon, word na en van die klasse vervoer. Gedurende Oktober word ‘n Belydeniskamp gehou ter afronding van die belydenis-katkisante se werk. Hierdie kamp is nie verpligtend nie, maar almal word ten sterkste aangeraai om dit by te woon.

Omdat katkisasie die toekoms van die kerk op aarde raak, mag ons nooit as kerk of as ouers onverskillig
staan teenoor ons Verbonds-verantwoordelikheid nie. Ons versoek daarom die hartlikste samewerking van elke ouer en elke kind ten opsigte van hierdie belangrike saak.

Voorsitter: Katkisasiekommissie:
Diak Henda Smith
084 451 0656
HOËRSKOOLJEUGAKSIE (HJA)

Die Laerskooljeugaksie is tans dormant, maar die Hoërskool Jeugaksie (HJA) vergader Woensdagaande vanaf 18:00 tot 20:00 in die kerksaal. (Vanaf 18:00 tot 19:00 is dit die Gr 11-leerders en vanaf 19:00 tot 20:00 vergader die Gr 8-10’s.Die jaarlikse Jeugkamp, word nie meer gehou nie. OudlTian van der Bijl (082 303 8046) en ander kerkraadslede waaronder heelwat diakens, neem die leiding.

SUSTERSHULPPDIENS
Elke suster van die Gemeente is outomaties lid, ongeag haar ouderdom, vermoëns en talente of besige program. Hulle voorsien verversings by verskeie jaarlikse geleenthede, bv verjaarsdae of herdenkingsgeleenthede en voorsien verder broodjies, sop, koffie, tee en vrugtesap met begrafnisse. Jaarliks onthaal hulle ook die senior lidmate van die
Gemeente. Tydens die Kermis verskaf en verkoop hulle die etes en ander verversings. Van elke suster in die Gemeente vra die sustersvereniging ‘n bydrae van minstens R10 per maand of R120 per jaar. Op 8 Maart 2014 het hulle die jaarlikse Sustersaamtrek van Klassis Suid-Vrystaat en Gemeentes van Oos-Kaap met groot sukses hier aanbied.
Die Pres Kruger Kinderhuis op Reddersburg lê die susters baie na aan die hart. Daar word jaarliks projekte geloods om hulle te ondersteun en bydraes in die vorm van klere, sportbenodigdhede, ens in die kas in die saal te plaas sodat dit dan van tyd tot tyd aan hulle afgedra kan word. Die bestuur bestaan tans uit ses susters.

Voorsitter: Ester Botha 072 784 9451
O/voorsitter: Lizelle van der Walt 082 800 4601
Sekretaresse Rina-Maria Schepers 051 447 7362
Tesourier Corlia van Heerden 072 875 1245
Addisionele lede Isabel Vorster & Alida Woityczka

BYBELSTUDIE

Daar is drie Bybelstudiegroepe in ons Gemeente. Twee vind plaas op Donderdae om 09:30 en 18:30. Daar is ook ’n derde Bybelstudiegroep wat uit studente en werkende jongmense bestaan. Hulle vergader Woensdagaande om 20:00 ook in die konsistorie ’n Groot aantal studente woon dit gewoonlik by. Gedurende skoolvakansies en op openbare vakansiedae vergader die groepe nie Ds Kobus Botha lei al hierdie groepe. Die oggendsessie word hoofsaaklik deur huisvroue en pensioenarisse bygewoon. Die aandgroep bestaan uit ‘n groot verskeidenheid van mense. ‘Die boek Handelinge van
die Apostels word vanjaar behandel waar n Bybelstudieboekie ter ondersteuning van die Skrifstudie, wat altyd voorop staan, gebruik. Lidmate sluit spontaan en vrywillig by hierdie Bybelstudiegroepe aan. Die groepe het dit ten doel om gelowiges verder toe te rus en te laat groei in hul geloofslewe. Ons hoop dat elke lidmaat, al is dit in sy of haar
binnekamer, besig sal wees om die Woord van die Here te ondersoek. Kennis van die Woord bring ons immers tot dieper kennis van God.

Kontakpersoon: Ds Kobus Botha
051 436 2930
082 410 7447

LESOTHO-UITREIKAKSIE

Sending word reeds sedert 1975 in Lesotho beoefen. Sedertdien het die naam verander na die LesothoUitreikaksie.
Daar is twee gemeentes in Lesotho:
1. DIE GK BETHEL (in Mafeteng) Die gemeente het hul eie kerkgebou wat gedurende weeksdae as ‘n skool gebruik word. Daar is ook ‘n pastorie op die terrein. Die kerkraad en diakens funksioneer selfstandig. Hierdie gemeente bedien ook ‘n wyk in Maseru wat oor hul eie kerkgebou en pastorie beskik.

2. DIE GK THABA KHUBETSOANA (Mohaleshoek)
Die kerkgebou is in ‘n kleiner gemeenskap geleë en word gepoog om die kerkraad tot selfstandigheid te lei. Ds Mokoena was vóór emiritering vir ‘n geruime tyd predikant van die twee gemeentes. Hy was tot op ’n hoë ouderdom nog behulpsaam by die gemeentes. So ook ds Johan Breedtwat ook ‘n belangrike rol in die prediking en toerusting van die gemeentes gespeel het en onlangs oorlede is. Die lidmate is hoofsaaklik vrouens en kinders aangesien die mans in Maseru of Suid-Afrika werk. Eenkeer per maand word albei gemeentes besoek. Jaarliks gedurende Augustus lê die Belydenisklas besoek daar af. Lidmate van ons gemeente is baie welkom om enige besoek mee te maak!

Sameroeper: Oudl Dirk Coetzee
082 7841993

KERKLIKE BYDRAES

Met ons finansiële kerklike bydrae wil ons ons dankbaarheid teenoor die Here betoon. Die Kerkraad gee slegs ‘n riglyn waarvolgens lidmate die bedrag van hul kerklike bydrae kan bepaal. Die riglyn is dat
elke lidmaat 3% van sy/haar bruto-inkomste vir dié doel sal afsonder. Met die gewone kerklike bydrae moet die Kerkraad alle finansiële verpligtinge nakom, soos die instandhouding van die erediens en die onderhoud van eiendom. Verder maak Ramings aan die Administratiewe Buro, Part Sinode en Klassis ‘n groot deel daarvan uit. Die Ramings beloop ongeveer R720 per belydende lidmaat per jaar. Dit wil sê ongeveer R60 per maand per belydende lidmaat.
Op die afdrakoevert verskyn daar slegs een kolom naamlik Kerkkas, onder die hofie Bydrae. Indien ‘n lidmaat graag vir
‘n ander instansie bo en behalwe sy kerklike bydrae iets wil skenk (bv Bybelverspreiding, Kinderhuis, Lesotho, ens), kan hy/sy dit onder Ander aanteken. Die Kerkraad sal uit dié inkomste en ook die opbrengste van die deurkollektes
bydraes aan ander instansies maak. Teen die einde van elke maand ontvang die wyksouderling ‘n volledige lys van al die lidmate in sy wyk se bydraes, asook die koeverte wat hy aan die lidmate oorhandig. Dit dien as ’n kwitansie.Bydraes word in die maand vir die betrokke maand afgedra.

BANKBESONDERHEDE VIR ELEKTRONIESE INBETALINGS OF
DEBIETORDERS: INLIGTING VERKRYGBAAR BY KERKKANTOOR