Geskiedenis

DIE GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE IN KORT

Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord

Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord het op 15 Oktober 1961 van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Wes afgestig.

Die eerste predikant was ds JLJ Snyman wat later deur ds JJ de Wet Kruger opgevolg is. Dr HA van Dalsen was vir 27 jaar die volgende predikant, waarna hy in 1998 geëmeriteer het en sedert Oktober 2015 in Hermanus woonagtig is. Ds TJ Potgieter is in Mei 1998 as die vierde predikant van Bloemfontein-Noord bevestig. Teen die einde van Mei 2008 het hy ’n beroep na Port Elizabeth aanvaar en na byna sewe maande se vakantskap is ds WJ Botha van die Gereformeerde Kerk Frankfort op 7 Desember 2008 as vyfde predikant van ons Gemeente sedert die stigting 57 jaar gelede, bevestig.

Ons kerkgebou, op die hoek van Dealeweg en Kiplingstraat is op 25 September 1965 in gebruik geneem en die doelmatige kerksaal op 28 Februarie 1988 met die onthulling van die gedenkplaat deur dr Hubrecht van Dalsen.

geskiedenis_01

Die seremoniële sleutel waarmee mev Snyman die kerk oopgesluit het, is gedurende 2012 deur haar aan die kerk gestuur en is aangebring in die voorportaal van die kerk. Die gemeente is dankbaar dat hierdie stukkie geskiedenis beware gebly het.

DIE GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE IN KORT

Rhoncus aenean vel elit scelerisque. Platea dictumst vestibulum rhoncus est pellentesque elit ullamcorper.

15 sept 1965
28 Feb 1988
geskiedenis_06

kanselbybels

Daar is ook twee Kanselbybels, een 1933-vertaling en een 1983-vertaling: Die eerste een is geskenk deur br Frans en sr Ellen Coetzee en is met die inhuldiging van die kerkgebou deur hulle op die kansel geplaas. Br Frans was blind. Die tweede is deur br Wikus Vorster geskenk toe hy 20 jaar lank koster van die gemeente was.

Vier van die lidmate wat by afstigting in 1961 lidmate geword het, is nog steeds deel van die gemeente: Hulle is br Chris en sr Susan Venter (links) , sr Madeline Venter (regs agter) en br Dawie Mynhardt (regs voor). Br Dawie was ook lid van die boukommissie.

geskiedenis_07
geskiedenis_08

kanselbybels

Twee van die eerste drie katkisante is ook nog lidmate van die gemeente: Emmie Smit (vd Walt) – middel en Whitey vd Walt (regs). Hier is hulle saam met Sunet Kruger (van Zyl) links.