Katkisasie

Graad 1 tot 8 klasse

Hierdie belangrike deel van die Gemeente se werk vind Sondagoggende ná die erediens plaas vir al die Graad 1 tot Gr 8- leerders. Klasse is as volg ingedeel:
Voorskools: Gr 1; Gr 2&3; Gr 4&5 en Gr 6,7 en 8.

Katkisasie word elke Sondag gehou, behalwe gedurende langnaweke, skoolvakansies en Nagmaalsondae. Op die Jaarprogram kan ouers let op die spesifieke lesnommer wat vir elke Sondag voorberei moet word.  Aan die einde van elke jaar (gewoonlik in Oktober) word ‘n katkisasie-uitstappie gereël wat die kinders baie geniet. Raadpleeg gerus die Jaarprogram om seker te maak.

KUIER NA DIE EREDIENSTE
Kom geniet  ’n koppie tee/koffie of ’n glasie vrugtesap terwyl die katkisasie aan die gang is.

VOORBELYDENIS- & BELYDENISKLAS

Die katkisasie vir die voorbelydenisklas (graad 9 en 10) word Woensdagaande om 18:15 in die konsistorie gehou. Die belydenisklas (gewoonlik gr 11) volg om 19:15.

Koshuisleerders van Sentraal Hoërskool, Oranje Meisies Skool en Grey Kollege word na en van die klasse vervoer.

Omdat katkisasie die toekoms van die kerk raak, mag ons nooit as kerk en ouers onverskillig staan teenoor ons Verbonds-verantwoordelikheid nie.

Ons versoek daarom die hartlike samewerking van elke ouer en elke kind ten opsigte van hierdie belangrike saak.

Voorsitter
Katkisasiekommissie: Karien van Rooyen