Elke suster van die Gemeente is outomaties lid, ongeag haar ouderdom, vermoëns en talente of besige program. Hulle voorsien verversings by verskeie jaarlikse geleenthede, bv verjaarsdae of herdenkings-geleenthede en voorsien verder broodjies, sop, koffie, tee en vrugtesap met begrafnisse. Jaarliks onthaal hulle ook die senior lidmate van die Gemeente. Van elke suster in die Gemeente vra die sustersvereniging ‘n bydrae van minstens R200 per jaar.
TERUG NA INHOUDSOPGAWE
Voorsitter: Ester Botha
DIE OMGEE-PROJEKTE 2015
Lidmate moet onthou dat daar Omgee-projekte identifiseer is. Skryf u naam op die helderkleurige vorms van elke groep indien u in een of ander hoedanigheid behulpsaam wil wees. Menswaardigheid-projek olv Marsha Bronkhorst 082 908 2247. ORANJE vorm. Hier word hoofsaaklik kontant benodig.
Biblioteek-projek olv Rina-Maria Schepers 079 186 1358. GEEL vorm. Storieboeke, tydskrifte, boekrakke ens word benodig vir dié biblioteek wat by Bayswater Nasorgsentrum ingerig word. Versorging van kinders-projek Cora Viljoen 051 436 5957. Ook ’n ORANJE vorm. Saam met ’n Maatskaplike werker word agt kinders deur ’n vrywillige ouerpaar versorg. Hulle benodig beddegoed, skoolklere en –skoene. Tuin-projek olv Kotie Fourie 051 451 1946. GROEN vorm. Die tuin van die nuutste Yadé-huis moet gevestig word. Hande-arbeid, kompos, kunsmis, Clivia’s, wit varkore ens word benodig. Torings van Hoop-projek olv Ester Botha. 072 784 9451. BLOU vorm. Lidmate wat graag ’n besoek wil bring, moet hul name aanteken.
TERUG NA INHOUDSOPGAWE
Nuus van die Susters 1 Mei 2015
Al die susters van die Gemeente behoort outomaties aan die Sustershulpdiens soos dit in die volksmond bekend staan. Hulle benodig fondse vir verskeie projekte en hulp wat hulle verleen en daarvoor vra hulle ’n nominale bedrag van R10 per maand of R120 per jaar. Hulle wil vanjaar die kombuis se voorraad bietjie aanvul of ou uitgediende apparaat vervang. Susters kan dit sommer direk in hul rekening inbetaal met u naam as verwysing. Die beson-derhede is Absabank takkode 632005 en die rekeningnr is (kry by kantoor). Baie dankie aan al die susters wat reeds hul bydraes gegee het!
Bloemfontein-Suidheuwels
Die Sustersbestuur het ’n e-pos van Bfn-Suidheuwels ontvang waarin hulle ons susters se hulp vra met goeie gebruikte klere en skoene vir twee tot sesjarige kinders. Daar is heelwat behoeftige lidmate in hul Gemeente en dit is veral by die kinders waar die nood baie hoog is en klerasie benodig. In die voorportaal is ’n houer waarin sodanige artikels geplaas kan word. Merk duidelik dat dit vir Suidheuwels bedoel is
Botshabelo
Die Sustersbestuur van GK Botshabelo wil vanjaar op 6 Junie hul twintigtal bejaarde lidmate bo 70 jaar onthaal en
vir hulle elkeen ’n kosgeskenk-pakkie gee. Hulle fondse is maar min en daarom rig ons Sustersbestuur hierdie dringen-de versoek dat as daar dalk susters is wat bereid is om iets by te dra in die vorm van blikkieskos en niebederfbare voedsel, hulle dit ook in die voorportaal kan afdra. Baie dankie vir almal se gesindheid!
