Aanddiens – 9 Junie 2019
June 9, 2019

Aanddiens – 9 Junie 2019

Passage: Lukas 4: 1 tot 11

Die erediens is deur ds Kobus Botha waargeneem.

Teksverse:

Lukas 4: 1 tot 13

1  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, 
2  waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword. 
3  Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word. 
4  Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God. 
5  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 
6  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 
7  As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. 
8  En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. 
9  Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer. 
10  Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, 
11  en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie. 
12  En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. 
13  En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk.