VANOGGEND SE EREDIENS WORD WAARGENEEM DEUR DR FRANS DE BRUYN
Skriflesing:
Numeri 12
Teksvers:
Numeri 12:1
Mirjam en Aäron het vir Moses aangespreek oor die Kussitiese vrou wat hy gevat het,
want hy het met ‘n Kussitiese vrou getrou
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 184:1,4
Sang tydens die erediens:
Psalm 98:1,2
Psalm 130:1,2,3
Psalm 119:7
Psalm 87:2,3,4,5
Psalm 72:6,9,10
Ons is vanoggend weereens besonder dankbaar en bevoorreg dat ons hulpdienspredikant,
dr Frans de Bruyn,die erediens gaan lei.
Ons bedank graag vir dr Frans en ons bid hom die seën van die Here toe by die Woordverkondiging
en ook baie seën aan hom en sr Petro in hul daaglikse handel en wandel!
Ds Kobus is vandag nog met verlof, maar sal DV môre weer sy werksaamhede hervat.
Ons vertrou dat hulle die tydjie in Nederland baie geniet het!
Ds Kobus sal DV volgende Sondag weer die erediens waarneem.
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid
terwyl die deurkollektes bestem is vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg.
VolgendeSondag sal die deurkollektes vir die GKSA se Kas Teologiese Studente te Potchefstroomafgesonder word.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
1 Julie:
Br Bruce Blair – 084 575 5015
Sr Minnie van der Walt – 076 840 0713
02 Jul: Almero van der Bijl – 082 780 9717
3 Julie:
Sr Suzél Lessing – 072 388 7784
Br Hugh Mclean – 072 455 8484
Sr Ronél Pretorius – 083 462 0958
Br Theo Robbertse – 083 260 4132
Sr Zandra van der Walt – 051 436 3400
4 Julie:
Sr Corlia van Heerden – 072 875 1245
5 Julie:
Sr Christa Beyers – 0833290 2907
6 Julie:
Sr René Barnard – 072 855 3867
Louis Steyn jnr – 051 436 1290
ONS DINK AAN ….
Sr Rosalien Roode van Whitesweg met die heengaan van haar skoonsuster,
sr Anna-Mart van der Walt, eggenote van ds Deon van der Walt van Gereformeerde Kerk Oudtshoorn. Ds Deon is ’n oudlidmaat van ons Gemeente.
Ons harte gaan uit na sr Rosalien, ds Deon en sy seuns.
Mag ons Hemelse Vader die familie ryklik vertroos!
BELANGRIKE DATUMS IN DERDE KWARTAAL ….
Dinsdag 9 Julie
Skole heropen vir derde kwartaal
Woensdag 10 Julie
Katkisasie vir Hoërskooljeug begin
Studentebybelstudie begin
Donderdag 11 Julie
Bybelstudie begin om 09:30 en 18:30
Sondag 14 Julie
Katkisasie vir laerskoolkinders begin. Les 15
Teebediening wyk Paul Rouxstraat is verantwoordelik daarvoor.
Aanddienste hervat weer om 18:00
Maandag 15 Julie – Egskeidingbediening begin
Vrydag 9 Augustus
Openbare Vakansiedag: Nasionale Vrouedag
Sondag 11 Augustus
Langnaweek: Geen aanddiens nie
Sondag 18 Augustus
Breë Kerkraadsvergadering na aanddiens
Saterdag 24 Augustus
Potjiekosaand
Sondag 08 September
Voorbereidingsdiens
Katkisasie vir Laerskoolkinders sluit
Diakonie vergader 17:00 in kerksaal
Ouderlinge vergader na aanddiens in kerkgebou
Woensdag 11 September
Katkisasie vir Hoërskooljeug sluit
Sondag 15 September
NAGMAAL
Gemeete-ete om 11:30
Donderdag 19 September
Bybelstudie sluit
Vrydag 20 September
Skole sluit
Dinsdag 01 Oktober
Skole heropen
KERKBLAD
Die Junie-uitgawe vir intekenare beskikbaar
EGSKEIDINGBEDIENING BEGIN 15 JULIE 2019
Kom sluit by ‘n groep aan wat weekliks vir 13 weke bymekaar kom.
Ervaar dat ander persone dieselfde beleef.
Slegs fasilitering en geen berading !
Bring jou kinders saam ! Sessies vir hul ook beskikbaar.
Begin datum: Maandag 15 Julie 2019 Tyd: 18h00 tot 20h00
Plek: Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
Vir meer inligting en registrasie kontak: Dirk Coetzee – selfoon: 082 784 1993
Vertel vir jou familie en vriende daarvan !
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Vra julle voortdurend af of iets
vir die Here aanneemlik is
Efesiërs 5:10NAV
