VANOGGEND SE EREDIENS WORD deur ds Kobus Botha waargeneem.
Skriflesing:
Lukas 17:1-10
Teksvers:
Lukas 17:5
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 168:1,2,3
Sang tydens die erediens:
Psalm 107:1,3
Liedboek 241:1,3
Skrifberyming 7-2:1,2
Skrifberyming 14-2:1,2
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid.
Die is deurkollektes bestem vir die Gereformeerde Kerke SA se Emeritaatsfonds. Die opbrengs van hierdie fonds help om emerituspredikante, hul weduwees en wese met mediese bystand en lewensonderhoud, eervol te versorg.
Volgende Sondag sal die deurkollektes vir die KERKBLAD afgesonder word.
AANDDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Met die oog op die skoolvakansie, sal daar nie vanaand ’n aanddiens in ons kerkgebou gehou word nie.
Die suidelike Gereformeerde Kerke hou wel gesamentlike dienste by Die Gereformeerde Kerk Bloempark in Stollreitherstraat om 18:00 wat ons kan bywoon.
Die skole heropen weer Dinsdag vir die vierde kwartaal en daarom sal ons aanddienste weer vanaf volgende Sondag normaalweg tot en met 1 Desember 2019 voortgaan.
LIDMATE WAT VERJAAR HIERDIE WEEK
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag:
Diak Joey Nell – 076 745 2131
Sr Yolandi van der Linde – 084 999 5512
Br Wilhelm van der Merwe – 081 427 6838
Almé van Jaarsveld – 072 436 5915
1 Oktober:
Sr Gabby Landman – 083 449 4747
Karli Pienaar – 076 181 3764
Br Pieter van Rooyen – 083 308 4658
2 Oktober:
Sr Priscilla Coetzee – 083 511 9468
Sr Cecile Pretorius – 082 923 1610
3 Oktober:
Oudl Wikus du Plessis – 082 440 9452
4 Oktober:
Sr Martie Eloff – 083 310 5661
Br Theunis Kruger – 082 419 3046
5 Oktober:
Br Jaco Coetzee – 083 743 8137
Br Cobus van der Bijl – 082 780 9717
6 Oktober:
Br Janco Coetzee – 073 778 8412
Sr Magda Smits – 072 064 1803
ONS DINK AAN ….
►Oudl Jan en sr Susan Schutte van William Trollipstraat en hul gesin.
Hulle het die afgelope naweek ’n baie aangename familiebyeenkoms by hul dogter Hantie en Theunis Kruger op die plaas by Trompsburg gehou waar al hul kinders en kleinkinders en agterkleindogter saam gekuier het.
Met die terugrit was ouderling Jan en van sy kleinseuns in ’n motorongeluk op die N1 naby Edenburg betrokke terwyl van die ander families dit sien gebeur het. Daar was genadiglik nie ’n ander voertuig betrokke nie trouens, daar was net op daardie stadium op ’n andersins baie besige pad.
Danksy die bewarende hand van die Here, was geen voertuig in sig nie!
Saam met hulle dank ons ook die Here dat daar nie ernstige beserings was nie, maar dit moes besonder traumaties vir die hele gesin gewees het.
Mag die Here hulle kennelik naby wees en met Sy liefde omvou.
►Br Morney en sr Lettie Vorster van Striata.
Sr Lettie is weer in die hospitaal vir behandeling opgeneem en ons dra hulle en hul kinders op aan die Genade-troon van ons Hemelse Vader dat Hy hulle elke dag naby sal wees!
►Br Piet du Preez van Hillandale met die oorlye van sy dogter, Jean White, se skoonmoeder. Mag die Here aan hierdie familie Sy vertroosting skenk!
KATKISASIE EN BYBELSTUDIE BEGIN WEER HIERDIE WEEK
Die skole heropen weer Dinsdag na ’n kort vakansie, vir die vierde kwartaal en daarom sal ons Gemeentelike aktiwiteite ook hierdie week ’n aanvang neem.
Die katkisasie vir die Hoërskooljongmense begin DV eerskomende Woensdag 2 Oktober in die konsistorie. Die Gr 8-klas en ook die Gr 9&10-klas begin om 18:15 terwyl die Belydenisklas om 17:15 afskop.
Terwyl die eerste klasse aan die gang is, vergader die Hoërskool Jeugaksie met die gr 11-leerders in die kerksaal waar hulle gesellig saam verkeer en tog ook geestelike versterk word.
Wanneer die Belydenisklas onderrig ontvang, is die Hoërskool Jeugaksie se byeenkoms met die gr 8 tot 10-jongmense. Diak Elizé Heyns en haar helpers neem hier die inisiatief waarvoor ons baie dankbaar is!
Die Bybelstudiegroepe hervat hul bedrywighede DV ook hierdie week op Donderdag om 09:30 en 18:30. Indien daar nog lidmate is wat by hulle wil aansluit, is hulle baie welkom. Daag maar net op of skakel vooraf met ds Kobus.
Die klasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders heropen DV volgende Sondag direk na die erediens in die kerkgebou.
Ons wens al hierdie groepe en diegene wat die leiding neem, die seën van die Here op al hul werksaamhede toe!
DIE KERKKLOK
Lidmate het stellig agtergekom dat die klok nie meer lui nie.
Ons koster, oudl Pieter du Plessis, het baie moeite gedoen om die oorsaak daarvan vas te stel.
Hy het die hulp van br Hannes Carstens ingeroep. Br Hannes het die motor bo uit die toring gehaal, laat herstel en weer teruggeplaas.
Vrydag het hy die motor weer installeer, maar dit moes met die hand aan die lui gekry word!!
Dit is duidelik dat daar nog fout is en dit word steeds ondersoek.
Lidmate moet maar geduldig wees! Baie dankie aan dié manne vir hulle werk in die verband!
DIE FRANKFORT RIVIERTOER
Hierdie gewilde toer vir Hoërskooljongmense vind vanjaar by die Udolpho Kampterrein naby Parys in die Vrystaat vanaf 1 tot 4 Desember 2019 plaas.
Die koste beloop R900 per kind.
Verdere besonderhede is by ons kerkkantoor beskikbaar of skakel direk met ds Ockie Struwig by osrtuwig@telkomsa.net.
BELANGRIKE DATUMS IN DIE VIERDE KWARTAAL
Alhoewel die vierde kwartaal eers Dinsdag aanbreek, noem ons tog enkele datums om beplanning te vergemaklik:
01 Okt: Skole heropen
02 Okt Katkisasie vir Hoërskooljeug begin
03 Okt Bybelstudie begin
06 Okt Katkisasie vir Voorskoolse en Laerskoolkinders begin
15 Okt Gemeente se 58ste bestaansjaar – geen spesiale funksie nie
16 Okt Belydeniskatkisante word ondervra
20 Okt Breë Kerkraadsvergadering na aanddiens
27 Okt Belydenisaflegging van katkisante
27 Okt Ons woon aanddiens by NG Kerk Berg-en-Dal om 18:00 by
01 Nov Ds Kobus verjaar
06 Nov Sr Ester Botha verjaar
07 Nov Bybelstudie se gesellige afsluiting
10 Nov Voorbereidingsdiens
10 Nov Katkisasie vir Voorskoolse en Laerskoolkinders sluit af
10 Nov Diakonie vergader om 17:00 in die kerksaal
10 Nov Ouderlinge vergader na aanddiens
17 Nov Nagmaal (09:30) en Gemeente-ete (11:30)
24 Nov Kerssangdiens 18:00
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word.
Hulle sal My aanroep, en Ek sal
hulle gebede verhoor.
Ek sal sê: “Hulle is my volk.”
En hulle sal sê:
“Die Here is ons God.”
Sag 13:9 NAV
