AANDIENSDIENS BY NG KERK BERG-EN-DAL VOLGENDE SONDAG
Dit is noual etlike jare dat ons Gemeente en dié van die NG Kerk Berg-en-Dal oor-en-weer eenkeer per jaar op Hervor-mingsondag mekaar se aand-dienste bywoon.
Vanjaar is dit ons beurt om hulle te besoek en dit geskied dan volgende Sondagaand om 18:00.
Ons wil tog ’n vriendelike beroep op ons lidmate doen om hierdie diens by te woon!
DIE EREDIENS WORD VANOGGEND DEUR DS KOBUS BOTHA GELEI
Skriflesing:
Jesaja 43: 14-21
Tema:
God maak alles nuut
Sang gedurende die erediens:
Skrifberyming 1-6: 1-3
Skrifberyming 9-1: 1,10,11
Psalm 36:2
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid terwyl die deurkollektes vir die GKSA se Emeritaatsfonds afgesonder word.
Volgende Sondag is Hervormingsondag en getrou aan ons gebruik sal die deurkollektes dan vir Bybelverspreiding opgeneem word.
DIENS BY NG KERK BERG-EN-DAL
Van Hervormingsondag gepraat:
Dit is noual etlike jare dat ons Gemeente en dié van die NG Kerk Berg-en-Dal oor-en-weer eenkeer per jaar op Hervor-mingsondag mekaar se aanddienste bywoon.
Vanjaar is dit ons beurt om hulle te besoek en dit geskied dan volgende Sondagaand om 18:00.
Ons wil tog ’n vriendelike beroep op ons lidmate doen om hierdie diens by te woon!
TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasie vanoggend aan die gang is, sal daar weer tee, koffie en vrugtesap by die kerksaal bedien word.
Dit is vandag die verantwoordelikheid van wyk Cachetstraat (oudl Gert Venter) en ons bedank graag almal wat behulpsaam is! Oudl Gert herstel nog van sy rugoperasie, maar hy het die nodige reëlings getref!
Volgende week is dit die Belydenisaflegging van die katkisante met ’n teegeselligheid daarna waarheen alle lidmate uitgenooi word.
Dit vervang die gebruiklike teebediening maar op 3 November gaan dit weer voort wanneer dit die beurt van wyk Eeufeesweg is en alhoewel daar nie ’n wyksouderling is nie, gaan die teedrinkery normaalweg voort!
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag:
Sr Laurika Koen – 083 669 5517
Kobus van Rooyen – 083 308 4658
21 Oktober:
Sr Liza Coetsee-Hugo – 082 729 0027
Sr Esmé Kruger – 082 801 5470
Sr Rina Strydom – 084 681 9185
Sr Petro Swanepoel – 084 200 1709
Sr Marieta van Niekerk – 082 290 8889
Estelle van Rooyen – 073 617 9222
24 Oktober:
Br Cornel Bonthuys – 074 453 7347
Sr Retha Britz – 082 971 5240
Br Pieter Fouché 051 451 1137
sr Sindy Richards – 082 906 5010
Sr Rina de Kock – 082 566 2255
25 Oktober:
Sr Carien Coetzee – 072 867 3963
Nienke Lowings – 082 333 3329
HARTLIK GELUK AAN …
Oudl Wikus en sr Hettie Vorster wat vanoggend die Dooplegtigheid van hul eerste agterkleinseun in Bethlehem gaan bywoon.
Die Verbondseuntjie is André van der Linde, seun van André en Alecia van der Linde en kleinseun van André en Tersia van der Linde.
André heeltemal junior, was ’n premature baba en het maar net 930 g by geboorte ge-weeg. Vandag, vier maande later, weeg hy 4 kg en die dank teenoor ons Hemel-se Vader is oneindig groot. Die Here se hand van Liefde en Genade is oorvloe-dig en onbeskryflik groot!!
Volgende Sondag woon Wikus en Hettie DV die Doopplegtigheid van die tweede agterkleinseun in Kroonstad by. Die Doop word bedien aan ’n klein-seun van hul dogter, Marita Shone, seuntjie van haar seun Francois en Anna-Mart Nel.
ONS DINK AAN …
Br Martiens en sr Judy du Plessis van Jutastraat met sr Judy se ernstige siekte waar sy tuis behandeling ontvang.
Sr Emmie Smit van Sewe Damme wat in die hospitaal vir waarneming en behandeling opgeneem is
Ons dra hulle en hul geliefdes op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader en bid dat Hy hulle besonder naby sal wees!
KERKRAADSVERGADERING VANAAND
Ons hou vier vergaderings van die Kerkraad en Diakonie (in die volksmond staan dit bekend as die Breë Kerk-raadsvergadering) gedurende ’n jaar.
Die vierde en laaste een van 2019 word DV vanaand direk na die aanddiens in die kerkgebou gehou. Die werksaamhede van die verskillende kommissies van die Kerkraad kom onder die loep en daar sal veral aan die beplanning vir 2020 aandag gegee word.
Een ouderling het weens gesondheidsredes ontslag gevra en daar sal weer na die verskillende vakante wyke gekyk moet word.
Ons hulpdienspredikant, dr Frans der Bruyn trek ’n groot vrag waar hy vier wyke onder sy vlerke neem nl Eeufeesweg, Jan Wilkenstraat, Pentagon-park en Serenitaswat hy met groot toegewydheid bearbei. Daarbenewens ontferm hy hom ook oor ’n aantal verspreidwonende lidmate! Ons bedank hom opreg daarvoor!
OP SOEK NA HUISVESTING
Noudat sy studies afgehandel is, is diak Petr Havenga (082 749 6908) ernstig op soek na ’n kleinerige woonstel vanaf begin 2020. As daar dalk ’n lidmaat is wat daaroor beskik of weet van iemand anders, skakel vir Petr asseblief.
HULP BY BEELD EN KLANK
Daar was geen reaksie op ons ernstige noodoproep in verlede Sondag se Nuusbrief nie, Daarom herhaal ons die berig weer met die versoek dat veral ons jongerige lidmate hiermee sal help:
Br Francois Venter is daarvoor verantwoordelik dat ons by elke diens die woorde op die skerm kan sien en ook duidelik kan hoor.
Verder word die preke ook opgeneem sodat br Dirk Coetzee dit later op CD’s kan sny. Ons sê vir br Francois en diegene wat hom bystaan, baie dankie daarvoor.
Dit gebeur egter soms dat daar niemand is wat dit op ’n bepaalde Sondag nie kan hanteer nie,
Daarom is hy dringend op soek na lidmate wat hom hierin kan bystaan.
Uit die aard van die saak sal sodanige lidmate behoorlike opleiding ontvang. As iemand belangstel, skakel asseblief vir Francois by 082 229 4411. Dis ’n liefdesdiens sonder enige vergoeding!
PRETOIA FM – GESPREK MET DIE REDAKTEUR VAN DIE KERKBLAD
PretoriaFM se volgende gesprek met die redakteur van Die KERKBLAD vind DV plaas op Sondagoggend 27 Oktober om 07:45.
Ons kan nie 104,2/106.6MHZ opvang nie, maar kan wel na die gesprek luister op TV-oudiokanaal 887
BELANGRIKE DATUMS IN DIE VIERDE KWARTAAL
Hier volg enkele datums in die res van die vierde kwartaal van 2019 om beplanning te vergemaklik:
27 Okt Belydenisaflegging van katkisante
27 Okt Ons woon aanddiens by NG Kerk Berg-en-Dal om 18:00 by
01 Nov Ds Kobus verjaar
06 Nov Sr Ester Botha verjaar
07 Nov Bybelstudie se gesellige afsluiting
10 Nov Voorbereidingsdiens
10 Nov Katkisasie vir Voorskoolse en Laerskoolkinders sluit af
10 Nov Diakonie vergader om 17:00 in die kerksaal
10 Nov Ouderlinge vergader na aanddiens
17 Nov Nagmaal(09:30) en Gemeente-ete (11:30)
24 Nov Kerssangdiens 18:00
OP SOEK NA HUISVESTING
Noudat sy studies afgehandel is, is diak Petr Havenga (082 749 6908) ernstig op soek na ’n kleinerige woonstel vanaf begin 2020. As daar dalk ’n lidmaat is wat daaroor beskik of weet van iemand anders,skakelvir Petr asseblief.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Die Here is in sy heilige tempel:
almal op aarde moet in sy
teenwoordigheid stil wees!
Hab2:20NAV
