As gevolg van die Belydenis-aflegging vanoggend is die Liturgiese Orde effens anders as gewoonlik:
Ons sing vooraf Skrifberyming 12-3 & 12-5. Tydens die diens is ons lofsang Skrifberyming 2-6:1,5. Ons neem dan weer ons sitplekke in waarna die Wet van die Here volg en ons antwoord met die sing van Liedboek 334:1-4. Die Sakrament van die Heilige Doop word nou bedien aan Guillaume Odendaal, gevolg deur die sing van Psalm 134:4. Die Belydenisaflegging vind hierna plaas en dan bely ons almal saam die Apostoliese Geloofsbelydenis en ons sing Psalm 128:4. Die Skriflesing is Judas:1-25 en die teksvers is Judas:20-21. Na die preek, gebed en kollekte is die slotsang Skrifberyming 18-7:1,9,12.
BELYDENISKATKISANTE
Die volgende jonge broeders en susters sal vanoggend tydens die erediens geleentheid kry om in die openbaar Belydenis van hul Geloof af te lê:
Marianka Fourie, dogter van br Jaco Fourie van Erns Jansenstraat 31
Sumari Janse van Rensburg, dogter van br Frik en sr Dornay Janse van Rensburg van Contra Libre 3
Christiaan Kirstein, seun van br Jaco en sr Gerda Kirstein van Elias Madsoaledi 53
Yornay le Roux, dogter van br Fanus en sr Renay le Roux van La Mottestraat 30
Nelme Opperman, dogter van br Ryno en sr Risna Opperman van Roelf Dreyer-straat 14
Andrei Potgieter, Leithhuis, Grey Kollege, seun van br Thinus en sr Elmarie Potgieter van Rustenburg
Marguerite Venter, dogter van br Herklaas en sr Mareli Venter van Deanelaan 7
Ons wens hierdie sewetal pragtige lidmate, hul ouers en grootouers van harte geluk en bid dat die Here hulle altyd naby sal wees en sal seën! Mag Hy hulle so lei dat hulle altyd meelewende lidmate sal wees.
Baie dankie aan ds Kobus wat hulle vir drie jaar met toewyding onderrig het! Na afloop van die erediens sal daar ’n teegeselligheid in die kerksaal wees waarheen alle lidmate en besoekers van harte uitgenooi word. Baie dankie aan sr Dornay Janse van Rensburg en haar helpers wat die funksie gereël het!
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid. Dit is vandag Hervorming-sondag en getrou aan ons gebruik sal die deurkollektes vir Bybelverspreiding afgesonder word. Die deurkollektes volgende Sondag is bestem vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg.
DIENS BY NG KERK BERG-EN-DAL VANAAND
Dit is noual etlike jare dat ons Gemeente en dié van die NG Kerk Berg-en-Dal oor-en-weer eenkeer per jaar op Hervormingsondag mekaar se aanddienste bywoon. Vanjaar is dit ons beurt om hulle te besoek en dit geskied dan vanaand om 18:00. Ons wil tog ’n vriendelike beroep op ons lidmate doen om hierdie diens by te woon!
SUSTERSVERGADERING
Die jaarlikse Sustersaamtrek word DV volgende jaar op 7 Maart 2020 deur ons susters alhier aangebied. Die Sustersbestuur wil graag soveel as moontlik susters betrek, daarom word ’n Sustersvergadering vir Sondag 10 November 2019 net na die oggenddeins in die kerkgebou beplan om die susters in te lig en vrywilligers gevra vir sekere take. Alle susters word vriendelik versoek om asseblief hierdie belangrike vergadering by te woon. As ons die standaard en sukses van die vorige Saamtrekke wat ons susters aangebied het, as maatstaaf neem, sal hierdie Saamtrek ook iets besonders wees, maar alle susters se samewerking word van harte gevra.
Baie dankie!
KATKISASIEKLASSE EN TEEBEDIENING
As gevolg van die Belydenis-aflegging, sal daar nie vanoggend katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders wees nie. Die normale gebruiklike teebediening sal as gevolg van die teegeselligheid vir die Belydeniskatkisante, ook nie vanoggend plaasvind nie.
Volgende Sondag sal die katkisasie en teebediening DV weer voortgesit word wanneer dit die beurt van wyk Eeufeesweg is en alhoewel daar nie ’n wyksouderling is nie, sal die teedrinkery normaalweg voortgaan!
DIE KERKBLAD
Die Oktober-uitgawe van die KERKBLAD is in die voorportaal vir intekenare beskikbaar.
BROEDERS TER APPROBASIE
Oudl Giel Viljoen (wyke Aliquando en Sewe Damme) het as gevolg van gesondheidredes aansoek om ontslag as ouderling gedoen. Dit is deur die Kerkraad op sy laaste vergadering toegestaan en br Giel word bedank vir sy werk as wyksouderling en seën toegebid! Dr Frans de Bruyn het aangebied om dié twee wyke onder sy vlerk te neem, maar sal dan afstand doen van wyke Eeufeesweg en Jan Wilkenstraat.
Die name van die volgende broeders word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou sodat hulle as ouderlinge kan dien:
Br AJ (Jorrie) Jordaan, La Mottestraat 21 en
Br (HFJ) Francois Venter van Lorrainestraat 46
Die seën van die Here word hierdie broeders toegebid by die oorweging van dié belangrike roeping en ons vertrou dat dit positief sal wees!
ONS PREDIKANTSPAAR VERJAAR
Ds Kobus verjaar DV e.k. Vrydag 1 November en sr Ester volgende Woensdag 6 November 2019. Hierdie verjaarsdae sal nie nou gevier word nie, maar dit sal DV tydens die Gemeente-ete na Nagmaal op 17 November 2019 plaasvind.
Ons wil egter graag by wyse van hierdie Nuusbrief aan hulle ons hartlikste gelukwense oordra en hulle die Here se oorvloedige seën toebid! Ons is werklik besonder geseën en dank altyd die Here dat ons ’n predikantspaar soos ds Kobus en Ester te kan hê as ons herder en leraar te kan hê!
Ds Kobus werk met groot ywer en oorgawe in ’n uitgebreide Gemeente. Sr Ester ondersteun hom in alles veral wat die Sustersake aanbetref. Hy besoek al die lidmate van die Gemeente in net minder as drie jaar en omdat hy dit so deeglik doen, neem dit baie van sy tyd in beslag. Dan praat ons nie eens van sy hospitaal- en ander siekebesoeke, katkisasie en Bybelstudie nie.
Verder is ons bevoorreg om Sondag na Sondag na uiters Skrifgebonde preke te luister wat vir elke lidmaat oneindig baie beteken!
Ons bid ds Kobus en sr Ester en hul kinders die krag, genade en seën van ons Almagtige God en Hemelse Vader toe!
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
28 Okt:
Br Ryno Opperman – 082 567 2804
Sr Ansi Pretorius – 082 353 8439
29 Okt:
Diak Muller Heyns – 072 469 7778
31 Okt:
Br Morney Vorster – 083 699 0344
01 Nov:
Ds Kobus Botha – 082 410 7447
Oudl Stephan Kruger – 084 422 0062
02 Nov:
Sr Lettie Venter – 083 301 8063
Br Francois Venter Lorrainestr – 082 229 4411
ONS GROET VIR ….
Br Arie en sr Martie Kruger van Kiepersol Close 2 wat DV Woensdag met attestasie gaan vertrek na die Gereformeerde Kerk Rietvallei in Pretoria. Br Arie en sr Martie het in Julie 1995 vanaf Kroonstad by ons aangesluit. Hulle het dadelik volstoom by die aktiwiteite van ons Gemeente betrokke geraak.
Br Arie het as ouderling uitnemende werk onder Senior lidmate gedoen en was ook vir baie jare die voorsitter van die Kenmekaargroep (dit was ’n groepering van al die senior lidmate in ons gemeente, maar dit bestaan nie meer nie) waar hy en sr Martie uitsonderlike leiding geneem het om die bejaardes te betrek.
Ons sal hulle as meelewende en innemende lidmate besonder baie mis en bid hulle die seën van die Here toe, veral noudat sr Martie ’n tyd gelede geval en haar skouer ernstig ontwrig het. Gelukkig gaan hulle nou naby hul seun Deon en Elma Kruger woon! Ons dra hulle op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader sodat hulle elke dag Sy nabyheid sal ervaar!
KERKENUUS
BEROEPE ONTVANG
Ds MH (Marco) le Roux van
Newcastle na Reitz/Lindley kombinasie
Ds GP (Gerben) Meijer van
Vryburg/ Bloemburg na Waterkloofrand
Ds TV (Victor) Moruri van
Jouberton na Sebokeng,
Sharpeville, Zamdela, Boibatong-kombinasie
Ds HL (Henk) Stavast van
Totiusdal na Nylstroom
BEROEP AANVAAR
Ds TV (Victor) Moruri van
Jouberton na Sebokeng,
Sharpeville, Zamdela, Boibatong-kombinasie
GK GERMISTON ONTBIND
Klassis Sentraal-Oosrand maak met leedwese bekend dat die GK Germiston na 114 jaar se bestaan op 17 September 2019 ontbind het. GK Germiston was die eerste Gemeente in daardie omgewing en al die gemeentes aan die Oosrand het basies vanuit Germiston ontstaan
GK CRADOCK/SOMERSET-OOS ONTBIND
Klassis Karoo-Kei maak ewe-eens met leedwese bekend dat die GK Cradock/Somerset-Oos op 10 September 2019 ontbind het. Ook hier kan die Gemeente weens afname in lidmaattal, veroudering en swak finansies, nie meer as selfstandige gemeente voortbestaan nie. Die Cradock-wyk en Somerset-Oos-wyk sal onderskeidelik opgeneem word in die GK Middelburg en Graaff-Reinet.
STIGTING VAN RCSS
Aan die anderkant, maak Klassis Boland met vreugde bekend dat lidmate van die Engelssprekende wyke van Bellville op 6 Oktober 2019 oorgegaan het tot afstigting om ’n selfstandige kerk, Reformed Church Southern Suburbs (RCSS) te vorm. Hierdie lidmate is woonagtig in verskeie voorstede van Kaapstad en aanliggende gebiede. Ds KP Steyn van Vreden-burg/Saldanha is as eerste konsulent aangewys.
EERSTEJAARSKAMPE
Stellenbosch
18–22 Januarie 2020. R830. Ds Johan van Heyningen 082 929 1733
Potchefstroom
6–11 Januarie 2020. R990. Nooitgedacht. ID Nagel 072 926 6851
Pretoria
17-22 Januarie 2020. Elria 071 881 4750.
ONS DINK AAN ….
Br André en sr Marietjie van der Merwe van die plaas Uitkomst, dist Smithfield, met die oorlye van sr Marietjie se moeder wat in Serenitas gewoon het. Mag die Here wat oor lewe en dood beskik hulle ryklik vertroos en mag hulle die aangemame herinneringe aan haar altyd koester.
LIDMAATREGISTER
Opgeneem in die gemeenskap van die Gereformeerde Kerke vanuit die Onafhankilke Hervormde Kerk Bloemfontein: Br Boeta de Scande en egg sr Joey de Scande van Beumontplek 8, Alibamastraat, Pellissier, indie wyk Fichardtpark. Ons heet br Boeta en sr Joey van harte welkom in ons Gemeente en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees. Br Boeta het sopas ’n groot rugoperasie ondergaan en ons wens hom sterkte en die Here se nabyheid toe!
GEDAGTE VIR DIE WEEK
MET BELYDENISAFLEGGING
Al sou die vyeboom nie bot nie,
en daar geen druiwe aan
die wingerde wees nie,
al sou die olyfoes misluk
en die lande geen oes lewer nie,
al sou daar geen kleinvee in
die kampe meer wees nie
en die beeskrale sonder beeste wees,
nogtans sal ek in die Here jubel,
sal ek juig in God, my Redder.
Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok,
op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
Hab 3:17-19 NAV
