Ds Kobus Botha (ons herder en leraar)  gaan vanoggend die erediens lei. 

 LITURGIE VANOGGEND

 Die HERE groet ons met Sy seen

Lofsang

Liedboek 203:1 tot 3

Ons Bely ons geloof

Verootmoediging – Die wet

Sang

Psalm 130:2 & 3

Na gebed

Liedboek 168:1 tot 3

Skriflesing:

Mattheus 26:36-46

Teksverse:

Mattheus 26:36-46

Slotsang

Skrifberyming 10-2

Die HERE stuur ons weg met Sy seen

KOLLEKTES

Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word. 

Die kollekte vir die GKSA se Thusofonds word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk

Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.

 SR RIA KRUGER OORLEDE

Met leedwese word bekend gemaak dat

sr Cornelia Maria (Ria) Kruger

van Estoire op Saterdag 8 Mei 2021 in die ouderdom van 65 jaar oorlede is.

Wyle sr Ria het twee jaar gelede vanaf die NG Kerk by ons aangesluit. 

Sy was geruime tyd siek en is nie agv die Covid-virus oorlede nie. 

Ons dink in hierdie donker dae aan br Johan Myburgh en al die ander familie en bid dat die Here wat oor lewe en dood beskik, hulle sal vertroos en dat hulle die aangename herinneringe altyd sal koester.

Die roudiens is Vrydag in ons kerkgebou gehou.

 KATKISASIE

 Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders open DV vanoggend direk na die erediens. 

 Daar sal nie teebediening wees nie.

 NUUS VAN DIE SUSTERS

Die Sustersbestuur wil graag die volgende sake aan ons susters voorlê:

Geldelike bydrae

Van elke suster word ’n jaarlikse bedrag van R150 gevra.

Hierdie geld word vir verskeie sake aangewend en tans het hulle ’n groot behoefte aan nuwe tafel-doeke en ook ’n nuwe mikrogolf-oond. 

Om die kontrole soveel makliker te maak, kan die bedrag  verkieslik elektronies in hul bankrekening inbetaal word. 

Die rekeningnommer by ABSA, (tak-kode 632005), is: 0470 341 769.

 Hulp benodig

Die Sustersbestuur benodig hulp tydens die tee-en-verversings wat na ’n begrafnisdiens in die saal aangebied word. 

Hulp is in die vorm van die maak van toe-broodjies, teebediening en opwas agterna. 

As u kan help, skakel asseblief vir sr Ester (072 784 9451) sodat u naam op die lys kan kom!

 Boeke

Skenkings van boeke word gereeld ontvang. 

Hiedie boeke word in die koffiehoekie in die saal uitgepak.

Gaan kyk gerus daarna, neem daarvan om te lees en bring dit dan weer terug

 Babaklere

Babaklere vir ’n seuntjie wat in Junie gebore word, word dringend gevra.

Bring dit Sondae kerk toe en oorhandig aan oudl Pieter du Plessis wat soggens in die portaal die kerkgangers kontroleer.

 Baie dankie vir u aandag!

VERJAARSDAE

Gelukwense aan Senior Lidmate wat hierdie week verjaar: 

Br Giel Viljoen van Genl Dan Pienaarylaan 89 verjaar Vrydag

 Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.

 Baie hartlik geluk!

 18 Mei:

Br Johan Roux – 072 169 6995

20 Mei:

Br Daniël van Eeden – 082 607 2407

21 Mei:

Br Gideon Swart – 078 982 7093

Br Luan van der Walt          – 082 366 0794

21 Mei:

Br Giel Viljoen – 076 521 9609

22 Mei:

Br Nico van der Walt – 082 550 2227

Suzaan van Eeden – 082 607 2407

 Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

 BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL

Terwyl die skoolkwartale nou bietjie anders verloop as wat in ons kerk se Jaarprogram opgeneem is, noem ons enkele belangrike datums sodat ons almal ons sake daarvolgens kan inrig.

Woensdag 16 Junie

Openbare vakansiedag, geen katkisasie

Sondag 20 Junie:

Voorbereidingsdiens

Diakonievergadering 16:00 kerksaal

Ouderlingevergadering 16:00 kerkgebou

Katkisasie vir Laerskoolkinders sluit

Sondag 27 Junie

Nagmaal en Gemeente-ete

Woensdag30 Junie

Katkisasie vir Hoërskooljeug sluit af

Donderdag 8 Julie

Bybelstudie sluit af

Vrydag 9 Julie

Skole sluit

Maandag26 Julie

Skole begin weer

Sondag 19 September

Nagmaal en Gemeente-ete

Sondag 28 November

Nagmaal en Gemeente-ete

 WERKAANBOD

Ons ouditeur, br Jaco Kirstein, benodig ’n jongman met ’n EB-bestuurslisensie om sy seun Jaco jnr te karwei, ander rywerk te doen en ook drie of vier keer per week na Jaco se plaas saam met Apools te ry. 

Jaco jnr word meestal vanaf 13:30 tot 20:00 vervoer en in uitsonderlike gevalle ook 06:45 skool toe.  Die voertuig sal voorsien word.

Hierdie situasie sal tot einde November vanjaar voortduur. 

Vergoeding sal tydens die onderhoud vasgestel word.

Indien iemand belangstel of van iemand anders weet, skakel vir br Jaco snr by 082 881 4060.

HARTLIK GELUK AAN…

Vandat die laaste Nuusbrief in 2020 verskyn het het verskeie prestasies en hartseersake van lidmate voorgekom. 

Ons kan dit nie alles hier weergee nie maar twee onlangse uitsonderlike prestasies van twee jong lidmate verdien ons gelukwense!!

 Alex Klopper, dogter van br Steva en sr Mariëtte Klopper het vir die soveelste keer presteer toe sy in April vanjaar in Egipte op die Wêreldskermkampioenskapby-eenkoms vir juniors die eerste plek onder die Afrika-deelnemers behaal het.

Sy het juis weer verlede naweek met welslae in Gauteng aan ’n byeenkoms deel-geneem!

 Amor McKenzie, dogter van oudl Stephan en sr Evelene Kruger wat onlangs op die byeenkoms van die Veteraantrekker en –enjin-klubs die wenner was in die afdeling vir kompakte enjins vir junior restoureerders.  Dit behels die restourasie van ou enjins en om dit weer in werkende toestand te kry.  Sy is ook die nasionale wenner in haar afdeling.

 GEDAGTE VIR DIE WEEK

Maar U, Here, U heers vir altyd.

U troon staan vas van geslag tot geslag