Ds Kobus Botha (ons herder en leraar)  gaan vanoggend die erediens lei. 

 LITURGIE VANOGGEND

 Die HERE groet ons met Sy seen

Lofsang

Skrifberyming 1-6: 1 tot 3

Ons Bely ons geloof

Verootmoediging – Die wet

Sang

Liedboek 334: 1 tot 4

Na gebed

Liedboek 509: 1 & 2

Skriflesing:

Openbaring 2: 1 tot 7

Slotsang

Skrifberyming 11-2: 1,2 & 4

Die HERE stuur ons weg met Sy seen

KOLLEKTES

Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word. 

Die kollekte vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk

Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.

 EREDIENSTE GEDURENDE INPERKINGSTYD

Ons het verlede Sondag melding gemaak dat ons nou tot 170 lidmate by  ’n diens kan toelaat.  Dit is die helfte van die gebou se kapasiteit. 

Ons moet egter nog steeds maskers dra, hande en die gebou ontsmet en volledig rekord hou van die persone wat die diens bywoon.  Daarom word dit nog steeds van lidmate verwag om die skriba in kennis te stel as en wanneer hulle die diens gaan bywoon. 

Stuur sommer ’n WA of SMS na Wikus Vorster by 083 475 6777.

Lidmate wat die dienste baie gereeld bywoon kan met hom reël sodat hulle name permanent op die lys is en hulle kan hom dan net in kennis stel as hulle NIE die diens kan bywoon nie.  Reël net met hom.  Baie dankie.

 KATKISASIE

 Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders is DV vanoggend direk na die erediens. 

 Daar sal nie teebediening wees nie.

 BR MORNEY VORSTER OORLEDE

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat

br Morney Lion Vorster

op Dinsdag  25  Mei 2021  in die ouderdom van 91 jaar en sewe maande in  ’n Kimberleyse hospitaal as gevolg van die Corona-virus oorlede is.

Br Morney en  sr Anita en hul dogters het in Julie 1980 vanaf GK Bloemfontein by  ons aangesluit toe hulle in Waverleyweg 143 woonagtig was.

 Sr Anita is op 22 Mei 2010 oorlede waarna  br Morney met sr Lettie Stander van Middelburg getrou het. 

Hulle het  later na  Striata Aftree-Oord verhuis.

Sr Lettie is op 30 September 2019 weens hartversaking oorlede.

Br Morney het ’n groot rol in die Diakonie gespeel en was  tot op die ouderdom van 83 jaar ’n getroue diaken! 

Ons harte gaan uit na sy kinders en kleinkinders en ons  bid  dat die  Here  wat oor lewe en doodbeskik, hulle sal vertroos  en dat hulle die aangename herinneringe aan hul ouers altyd sal koester.

Die datum vir die troosdiens is nog nie bekend nie.

 ONS DINK VERDER AAN….

Br Henk, sr Wilna en Heinrich Pretorius van Frans Venterstraat 7 met die oorlye van sr Wilna se vader as gevolg van die Corona-virus.

Ons dra hulle en die ander familie op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader. 

Mag Hy hulle vertroos en mag hulle elke dag van Sy nabyheid bewus wees!

 Sr Mariëtte Klopper van Dersleystraat wat haar hand gebreek en vanoggend ge-opereer word.  Sterkte aan haar, br Steva en Alex

Mag die Here hulle kennelik naby wees!

 NAGMAALDATUMS

Omdat die begin- en einddatums van die skoolkwartale nou effens verander het, moes ons noodgedwonge die datums vir Nagmaal ook aanpas want Nagmaal word teen die einde van elke kwartaal gehou.

Vir die res van die jaar sal Nagmaal op Sondae 27 Junie, 19 September en 28 November gehou word.

Behalwe as die inperkingsmaatreëls verskerp gaan word, sal daar DV ook weer Gemeente-etes na Nagmaal gehou word wat gewoonlik teen 11:30 begin.  

 VERJAARSDAE

 Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.

 Baie hartlik geluk!

 30 Mei:

Sr Chrisna Aucamp – 071 609 9312

Sr Annelize Marais – 082 770 6662

31 Mei:

Sr Clarissa Coetzee – 083 319 8193

Br Niël Storm – 079 081 9910

1 Junie:

Sr Annet Knoester – 083 885 7830

2 Junie:

Br Martiens du Plessis – 082 550 9743

Br Hannes Otto – 082 762 7892

3 Junie:

Br Herman Britz – 084 827 1314

4 Junie:

Ouderling Dirk Coetzee – 082 784 1993

Ouderling Hennie de Bruin- 082 335 2030

Sr Anita Knoester – 083 465 6415

Sr Lydia van der Walt – 083 647 8282

5 Junie:

Br Nico Beek – 082 831 2313

Stefan van Niekerk – 082 290 8889

Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

 WEER GEEN KERMIS VANJAAR NIE

Soos dit in 2020 die geval was, sal daar vanjaar ook nie ’n Kermis gehou word nie!! 

Dit was beplan vir eerskomende. Saterdag 5 Junie 2021. 

Die rede is maar steeds die gevaar van die verspreiding van  covid19 waar daar soveel mense byeenkom.  Ander aksies word egter steeds beplan: 

Vleisverkopings gaan nog soos gewoonlik plaasvind. 

Verder word daar beplan om op Vrydag 30 Julie 2021 ’n kerrie-en-rysverkoping en op Vrydag 27 Augustus 2021 ’n verkoping van hamburgers te hou. 

Planne word gemaak om te verhoed dat daar groot samedromming van lidmate gaan wees.

Ons bedank die Gemeente-funksiekommissie vir hul organisasie en vertrou dat ons lidmate dit goed sal ondersteun. 

Lidmate sal betyds en volledig van die besonderhede in kennis gestel word.

VLEISVERKOPE UITGESTEL!!

In verlede week se nuusbrief is genoem dat die Gemeentefunk-siekommissie op 2 en 3 Julie weer vleis as fondsinsamelingaksie gaan verkoop. 

Weens onvermy-delike omstandighede moet dit ongelukkig uitgestel word tot later in Julie. 

Ons sal lidmate betyds van dié datum in kennis stel. 

Ons vra verskoning daarvoor maar dis darem nie afgestel nie!! 

Indien daar nog lidmate is wat graag beeste of skape aan die kerk wil skenk sodat dit verwerk en die vleis aan ons lidmate verkoop kan word, moet u asseblief dringend vir oudl Piet Knoester by 072 991 8882 skakel. 

Afgesien van die feit dat hoë kwaliteit vleis teen billike pryse bekom kan word, beteken die inkomste wat daaruit verkry word ook geweldig baie vir die kerk wat juis finansieel swaarkry.

KERKKANTOOR

Die tye wanneer die kerkkantoor oop is, is nie meer dieselfde as wat op die Jaarprogram en selfs op die Nuusbrief aangedui is nie. 

Vanweë die voorsorg wat ons tref vir die verspreiding van die Corona-virus, werk Wikus Vorster nou meer van sy huis af. 

Hy is egter elke Donderdag vanaf 09:00 tot 11:00 by die Kerkkantoor.  Verder is hy dag en nag per telefoon beskikbaar.   

Kontak hom gerus by  083 475 6777 !

VRIENDELIKE VERSOEK VAN DIE SKRIBA  

 Noudat die Nuusbrief weer gereeld gaan verskyn, wil ons graag die onderlinge meelewing in ons Gemeente probeer bevorder deur inligting oor die soet en suur van lidmate aan ander deur te gee.  Sodoende kan ons in tye van vreugde aan mekaar dink en in tye van droefheid mekaar aan die Here in gebed kan opdra. 

Skakel dus asseblief die skriba by 083 475 6777 of laat weet hom per e-pos by kantoor@gkbfnnoord.co.za.

Moenie beskeie wees nie !  

Ons hoor graag van enige provinsiale, nasionale of internasionale prestasie of van siekte of ander hartseer-omstandighede. 

Stuur dié inligting asseblief laastens teen Vrydagmiddag vir hom. 

Baie dankie!!

 BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL

Terwyl die skoolkwartale nou bietjie anders verloop as wat in ons kerk se Jaarprogram opgeneem is, noem ons enkele belangrike datums sodat ons almal ons sake daarvolgens kan inrig.

Woensdag 16 Junie

Openbare vakansiedag, geen katkisasie

Sondag 20 Junie:

Voorbereidingsdiens

Diakonievergadering 16:00 kerksaal

Ouderlingevergadering 16:00 kerkgebou

Katkisasie vir Laerskoolkinders sluit

Sondag 27 Junie

Nagmaal en Gemeente-ete

Woensdag30 Junie

Katkisasie vir Hoërskooljeug sluit af

Donderdag 8 Julie

Bybelstudie sluit af

Vrydag 9 Julie

Skole sluit

Maandag26 Julie

Skole begin weer

Sondag 19 September

Nagmaal en Gemeente-ete

Sondag 28 November

Nagmaal en Gemeente-ete

 MUSIEKKONSERT

Ons orrelis, br Louri Coetzee, deel ons mee dat daar op e.k. Donderdag 3 Junie 2021 om 18:30 by die NG Kerk Langenhovenpark in Boerneefstraat, ’n Bach-konsert gehou gaan word. 

’n Verskeidenheid van Bach se orrelwerke sal deur Louri self en ook deur Stefan Steyn uitgevoer word.  Almal is baie welkom om dit by te woon. 

Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Louri by 083 776 6989

 GEDAGTE VIR DIE WEEK

Toe het God gekyk na alles wat Hy

gemaak het, en dit was baie goed. 

Dit het aand geword

en dit het môre geword.

Dit was die sesde dag

Genesis 1:31