Nuusbrief – 26 Augustus 2018

DAMES LENTETEE

Die Susters van die GK Bloempark bied op Saterdag 15 September 2018 om 09:30 vir 10:00 ’n heerlike Dames Lentetee aan en nooi ons susters hartlik uit om die dag saam met hulle te geniet.

Die tema is “Lente” en die koste beloop R60 wat ’n ligte middagete insluit. ’n Gaskunstenaar sal ook optree. Die kontakpersoon is Orlé Breed 084 555 3045.

LITURGIE VANOGGEND

Skriflesing:

Johannes 12:20-36

Teksverse:

Johannes 12:32-33

32En as Ek van die aarde af verhoog is, sal Ek almal na My toe trek.”

33Dit het Hy gesê en daarmee ook aangedui op watter manier Hy sou sterwe.

Voorafsang:

Liedboek 169:1,2,3

Sang:

Psalm 111:1,2,4 (Cloete)
Psalm 119:62,63
Liedboek 510:1-4

KOLLEKTES

Vandag se deurkollekte sal vir die GKSA se Kas Teologiese Studente te Potchefstroom opgeneem word terwyl volgende Sondag se deurkollektes bestem is vir die TransOranje Instituut vir Buitengewone Onderwys.

Ons wil graag die belangrikheid van die werk van hierdie Instituut, wat hulle ontferm oor skole vir gestremdes, onder ons lidmate se aandag bring.

Die kollektes onder die diens word ALTYD vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid afgesonder

TEEBEDIENING VANOGGEND

Terwyl die katkisasie vir Voorskoolse en Laerskookinders direk na die diens aan die gang is, sal daar terselfdertyd ook weer teebediening by die kerksaal wees waarheen alle lidmate van harte uitgenooi word.

Kom drink gerus ’n heerlike koppie koffie, tee of vrugtesap en kuier lekker saam met medelidmate! Dit is vanoggend die beurt van wyk Cachetstraat om tee te skink en volgende Sondag neem wyk Dealeweg die verantwoordelikheid oor.

Ons bedank graag almal wat daar-mee behulpsaam is!

BROEDERS TER APPROBASIE AS OUDERLINGE

Tydens die Kerkraadsvergadering van 19 Augustus 2018 het oudll Jan Beyers (wyk Cachet-straat) en Jurie Geldenhuys (wyk Lucas Steynstraat) ontslag as ouderlinge aangevra. Dit is so deur die kerkraad aanvaar en eervolle ontslag is toegestaan. Hulle sal DV Sondagaand 9 September eervol uit die amp losgemaak word.

Dit bring die aantal vakante wyke op ses te staan. Ons is dankbaar dat ons hulpdienspredikant, dr Frans de Bruyn, weereens onderneem het om voort te gaan met huisbesoeke in die wyke Eeufeesweg, Jan Wilkenstraat en Langenhovenpark1.

Daar is dus drie wyke waar ouderlinge benodig word en die Kerkraad wil die name van die volgende broeders ter approbasie aan die Gemeente voorhou, sodat hulle in bepaalde wyke kan dien:

Br NC (Nico) Beek, Serenitas 113 – wyk Cachetstraat
Br WE (Wim) Brummer, Paul Rouxstraat 43 – wyk Rayton
Br GA (Gert) Venter, Helio-graafstraat 5 – wyk Lucas Steyn-straat

Ons bid hierdie broeders die seën van die Here toe by die oorweging van hierdie roeping en vertrou dat dit gunstig sal wees!

ONDERSTEUNING VAN TEOLOGIESE STUDENTE VANAF INDIË

’n Skrywe van die Administratiewe Buro van GKSA is op die onlangse Kerkraadsvergadering bespreek. Dit handel oor twee Indiese broers (Raj en Mukesh Kumar) wat in 2015 aan die Teologiese Skool te Potchefstroom vir teologiese studie ingeskryf het.

Daar bestaan elke jaar die behoefte om die twee broers vir die Desember-vakansie na hul familie in Indië te laat reis. Dit kos ongeveer R20 000. Indien enigiemand ’n skenking wil maak, kan dit in die volgende bankrekening inbetaal word:
Administratiewe Buro GKSA
ABSA 632 005
670 140 040
Verwysing: Kumars

VERJAARSDAE

Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

26 Aug:

Sr Jana van Heerden 082 977 2412

27 Aug:

Br Frik Janse van Rensburg 083 411 3973
Br Tobie Myburgh 051 436 9607
Sr Trudie Venter 079 989 9833

28 Aug:

Sr Marné Opperman 078 458 8183
Sr Estelle Sans 082 770 6636
Br HS van der Walt Yorkweg 082 300 9085
Inge van Driel 051 436 9313

29 Aug:

Br Christiaan Odendaal snr 062 355 6548

30 Aug:

Sr Martie Olivier 076 456 4980

31 Aug:

Sr Titia Cronjé 084 623 6004

01 Sep:

Kaylyn Blair 084 575 5015
Br Izak Boshoff 051 436 4517

NAGMAAL

Net om die regte ingesteldheid te bevorder noem ons weer dat Nagmaal op Sondag 16 September 2018 gevier gaan word met die gebruiklike Gemeente-ete daarna.
Gedurende die volgende twee weke sal die ouderlinge DV weer in hul wyke huisbesoek doen.
Seënwense aan almal!

MEESTERPOTKOMPETISIE

 Dit gaan DV vanjaar op Saterdag 1 September by die kerksaal gehou word. Die spanne wat dit vir die trofee gaan uitspook,  begin reeds teen 12:00 met hul voorbereidings en kookvernuf. Om 18:00 kan lidmate aan die voortreflike voedsel kom smul!

Spanne wat vir die kompetisie wil inskryf sal vergoed word vir die bestanddele wat hulle gaan gebruik. Skakel met oudl Tian van der Bijl of teken sommer direk u naam op die ORANJE-vorm in die portaal aan.

Om weg te lê aan die smaaklike disse, kos dit R30 per porsie vir volwassenes en R20 per kind of student. In hierdie geval moet u name op die GEEL-vorm aangeteken word.
Etekaartjies en betalings word deur diak Cobus Venter hanteer.

Ons wens die organiseerders en deelnemers alles van die beste toe!

GLASE GESKENK DEUR ’N LIDMAAT

Die volgende lidmate se glase wat ’n anonieme lidmaat skenk, is in die voorportaal beskikbaar.

Neem gerus u glas waarop u naam en ons kerk se naam en logo met sand geblaas is. Dis regtig iets besonders!
Baba Boshoff
Elsie Coetzee
Louis Fouche
Louise Fouche
Ria Gerber
Skat Klopper
Elna Nel
Rita Venter
Morney Vorster
Van die eerste besending glase het die volgende lidmate nog nie hul glase geneem nie –
Tersia Labuscagne
Kurt Kruger
Wilhelm van der Walt
Hierdie lidmate of hul familie of vriende of kerkraadslede kan asseblief die glase neem.

BEROEPE ONTVANG

Ds W (Wihan) Jobse van Jeffreys-baai na Kemptonpark
Ds TJ (Jeremia) Moletsane van Sanveld na Zamdela, Boipatong,
Sharpeville en Sebokeng

BEROEP AANVAAR

Ds AB (Braam) van der Walt van Lichtenburg na Eden

BEROEP BEDANK

Ds FJ (Frikkie) van Rensburg van Rustenburg-Noordoos na Kemptonpark

AFRIKAANSE BYBEL 85 JAAR OUD

Vir algemene inligting:

Op 27 Augustus 1933 is die eerste volledige Afrikaanse Bybel in Bloemfontein bekend gestel. Die hersiene uitgawe het in 1953 verskyn. Die Bybelgenootskap het reeds meer as 7,6 miljoen eksemplare van die 1933/1953-vertaling in verskillende gedrukte formate versprei.Op 2 Desember 1983, 50 jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse Bybel, verskyn die 1983-vertaling van die Bybel in Kaapstad.

Die afgelope 35 jaar is daar reeds meer as 4,1 miljoen gedrukte eksemplare van hierdie Bybel versprei.
Om hierdie Bybels uit te gee, kos geld! Ons wil lidmate aanmoedig om saam met hul maandelikse bydrae ook ’n bedrag vir Bybelverspreiding in te sluit.

Stel net die kerkkantoor daarvan in kennis as dit elektronies geskied of dui dit so op die koevertjie aan.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Christus was sonder sonde,
maar God het Hom in ons plek
as sondaar behandel sodat ons,
deur die eenheid met Christus ,
deur God vrygespreek kan wees.
II Kor 5:21 NAV

 

Similar Posts