Nuusbrief – 21 Oktober 2018

DIAKONIE ONTHAAL SENIOR LIDMATE

Die Diakonie wil baie graag weer al die Senior Lidmate in die Gemeente (vanaf so 65 jaar en ouer) met ’n aangename ete by die Botaniese Tuin bederf! Dit sal DV plaasvind op Saterdag 24 November 2018 om 11:00.

Geen toegangsgeld hoef betaal te word nie en die Diakonie wil net hê almal moet dit sorgeloos kom geniet! Dit is die Diakonie se begeerte dat ALMAL wat kwalifiseer, die geleentheid moet bywoon, daarom sal hulle uit hul pad gaan om diegene wat nie op eie stoom daar kan kom nie, te gaan oplaai en vervoer.

Teken asseblief u naam op die liggroen vorm in die voorportaal aan indien u die funksie wil bywoon en dui aan of u vervoer benodig of nie.

Ons bedank noual die Diakonie vir hierdie pragtige liefdesdaad en ons is oortuig daarvan dat dit soos in die verlede, baie aangenaam gaan wees. Vir enige navrae skakel diak Rina Fourie by 082 434 0997.

LITURGIE VANOGGEND

Skriflesing: I Konings 3:1-28

Teksverse: I Konings 3:9-12

10Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!”

11Die Here het dit goedgevind dat Salomo dít gevra het.

12Hy het vir hom gesê: “Omdat dít jou versoek is en jy nie vir jou ‘n lang lewe, of rykdom, of die dood van jou vyande gevra het nie, maar insig in wat reg is,sal Ek aan jou versoek voldoen. Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand vóór jou gehad het of ná jou sal hê nie.

Voorafsang:

Liedboek 151:1,2

Sang:

Skrifberyming 1-6:1,2,3
Skrifberyming 8-1:1,2
Psalm 33:5,6
Skrifberyming 15-7:4,6

KOLLEKTES

Vandag word die deurkollektes vir die GKSA se Emeritaats-fonds afgesonder. Hierdie fonds help om die emeritus predikante, -weduwees en wese van die Gereformeerde Kerke met lewensonderhoud en mediese bystand eervol te versorg.

Volgende Sondag is Hervormingsondag en dan sal die deurkollektes vir Bybelverspreiding opgeneem word.
Die kollektes onder die diens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas van Barm-hartigheid.

KATKISASIEKLASSE EN TEEBEDIENING

Daar sal weer vanoggend katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders na die erediens in die kerkgebou wees. Terselfdertyd sal daar ook weer teebediening by die kerksaal wees, waarheen alle lidmate van harte uitgenooi word.

Dit is vandag die beurt van wyk Kmdt Senekalstraat en lidmate in daardie wyk kan behulpsaam wees met die bediening en opruiming waarvoor ons baie dankie sê!

Volgende Sondag is dit die verantwoordelikheid van wyk Langenhovenpark 1 waar daar ook nie ’n wyksouderling is nie, maar daar sal ’n geselligheid in die saal wees ter ere van die katkisante wat volgende Sondagoggend Belydenis van hul geloof gaan aflê.

VERJAARSDAE

Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

21 Okt:

Sr Liza Coetsee-Hugo – 082 729 0027
Sr Esmé Kruger – 082 801 5470
Sr Rina Strydom – 051 446 2830
Sr Petro Swanepoel – 084 200 1709
Sr Marieta van Nikerk – 082 290 8889
Estelle van Rooyen – 073 617 9222

24 Okt:

Br Cornel Bonthuys – 074 453 7347
Sr Retha Britz – 082 971 5240
Br Pieter Fouche – 051 451 1137
Sr Sindy Richards – 082 906 5010

25 Okt:

Sr Carien Coetzee – 072 867 3963

26 Okt:

Br Johan Erasmus-  083 628 3504
Nienke Lowings – 082 333 3329

SR MARTIE LABUSCAGNE OORLEDE

Met leedwese word die afsterwe bekend gemaak van
sr Martha Labuscagnevan Bayswater Village 44 C in die ouderdom van 90 jaar.

Sy het in Junie 2015 vanaf die GK Vleuels by ons aangesluit, maar was dermate verswak dat sy nie die eredienste kon bywoon nie en is Woensdag oorlede. Ons harte gaan uit na haar familie. Begrafnisreëlings is onbekend.

KERKRAADSVERGADERING

Die Kerkraad en Diakonie (sg Breë Kerkraad) vergader DV vanaand direk na die aanddiens in die kerkgebou. Allerlei aan-geleenthede wat die voorspoedige verloop van sake in die Gemeente sal bevorder sodat Woordverkondiging ongehinderd kan voortgaan, sal bespreek word.

Daar sal ook weer aandag gegee word aan die vyf wyke waar daar tans nie ’n ouderling is nie. Ons vertrou dat geskikte mannebroedrs gevind sal word om hierdie belangrike werk te kan doen.

EERSTEJAARSKAMP

Voornemende eerstejaarstudente in 2019 aan die PUK moet noual kennis neem dat die GK Cachet vanaf 7 tot 11 Janaurie 2019 ’n Eerstejaarskamp by die Nooitgedacht-kampterrein by Potchefstroom gaan hou.

Die tema is: “Student-wees in God se Koninkryk”. Die koste beloop R950 per persoon.

Tree in verbinding met ID Nagel by 072 926 6851.

FRANKFORT RIVIERTOER

Ds Ockie Struwig van die GK Frankfort het tot sy spyt laat weet dat die gewilde Frankfort Riviertoer 2018 weens drie grondige redes afgelas is.

BEROEPE ONTVANG

Prop JN (Josef) Hibbert na
Pietersburg-Noord
Ds RJ (Rynhardt) Pretorius van
Buffeldoorns na Benoni as
medeleraar

DANKWOORD

Sr Antoinette Coetzee van Jan Marxstraat wil baie graag, naas haar dank aan ons Hemelse Vader vir Sy nabyheid, alle lidmate van harte bedank vir hul ondersteuning en belangstelling tydens haar siekte en operasie en verblyf in die hospitaal die afgelope vyf maande.

Sy bedank graag spesiaal vir ds Kobus vir sy gereelde besoeke en gebede wat haar telkens nuwe moed gegee het. Die meelewing van lidmate het vir haar en br Martin in hierdie maande oneindig baie beteken!!

NG KERK BERG-EN-DAL WOON ONS AANDDIENS BY

Dis nou reeds baie jare dat ons en die NG Kerk Berg-en-Dal met Hervormingsondag oor-en-weer mekaar se aanddienste bywoon. Dit is vanjaar ons beurt om hulle hier te ontvang. Na die diens sal daar ’n teegeselligheid in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word. Ons vertrou dat daar ’n goeie opkoms sal wees!

LIDMAATREGISTER

Met attestasie her vertrek na die Gereformeerde Kerk Centurion:
Sr Magda Erwee van Striata, vroeër van Brandfort.

BELANGRIKE DATUMS IN DIE VIERDE KWARTAAL

Hier volg ’n opsomming van die belangrikste datums in die vierde kwartaal sodat dit byderhand is en met ’n oogwink waargeneem kan word.

21 Oktober

Breë Kerkraadsvergadering

28 Oktober

Belydenisaflegging
Teegeselligheid in kerksaal
NG Kerk Berg-en-Dal woon ons aanddiens by

01 November

Ds Kobus Botha verjaar

06 November

Sr Ester Botha verjaar

11 November

Voorbereidingsdiens

18 November

Nagmaal

Gesamentlike Gemeente-ete.

Ook verjaarsdagviering van ds Kobus en sr Ester Botha en die
viering van ds Kobus se tien jaar as predikant in die Gemeente

25 November

Kerssangdiens 18:00

12 Desember

Skole sluit

25 Desember

Kersdag

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Dink daaraan:
Wie karig saai, sal karig oes;
en wie volop saai, sal volop oes.
Elkeen moet gee soos hy hom in sy
hart voorgeneem het, nie met teensin
of uit dwang nie., want
God het die blymoedige gewer lief.

II Kor 9:6.7 NAV

 

 

 

Similar Posts