Nuusbrief – 16 Desember 2018
EREDIENS VANOGGEND
Skriflesing:
Daniël 2: 1-3; 31 – 45
Teksverse: Daniël 2:34
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 169: 1,2,3
Sang tydens die erediens:
Liedboek 190:1,2,3
Skrifberyming 5-4:1,2
Psalm 89:6
Skrifberyming 4-6
KOLLEKTES
Vandag se deurkollektes word vir Bybelverspreiding afgesonder.
Volgende Sondag sal die deurkollektes ook vir Bybelverspreiding opgeneem word.
Die kollektes onder die diens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas vir Diens van Barmhartigheid.
DIE AANDDIENS
Daar sal nie vanaand ’n aanddiens in ons kerkgebou gehou word nie.
Die volgende aanddiens sal DV eers weer op 13 Januarie 2019 wees.
Daar is wel die gesamentlike aanddiens vanaand in die kerkgebou
van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid in Haldonweg om 18:00.
ONS NUUSBRIEF VAN 9 DESEMBER 2018.
Die weerlig het die telefoonkabel stukkend geslaan en kon hierdie nuusbrief nie op ons webblad beskikbaar wees nie.
Dit was wel in die voorportaal soos gewoonlik beskikbaar gewees.
LIDMATE WAT DIE KOMENDE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
17 Desember:
Br Roelof Coetzee – 083 294 9445
Sr Hantie Kruger – 082 419 3046
Br Wian Smit – 076 191 7099
19 Desember:
Br Leon Grobbelaar – 082 302 2026
Br Steve van Niekerk – 082 290 8889
ONS DINK AAN ….
► Oudl Louis en sr Marina van Niekerk van die plaas Schaanskraal met die oorlye van oudl Louis se vader.
Dit is ook die oupa van ouderling Francois en sr Welmarie van Niekerk.
► Ons kassier, br Hannes en sr Kotie Fourie van Woodland Hills met die afsterwe van br Hannes se jongste broer.
Hulle was vier broers en dis nog net br Hannes wat lewe.
Ons bid dat die Here wat oor lewe en dood beskik, hierdie twee families deur die vertroosting van die Heilige Gees,
besonderlik naby sal wees!
HARTLIK GELUK AAN …
Br Evan Beyers van Eddie de Beerstraat 36,
sr Corneli Hartung van Huis Roosmaryn UV
en br Jurgens Naude van Unimeent
wat aldrie as mediese dokters gekwalifiseer het met die verkryging van hul grade op 6 Desember 2018.
Sover ons kon vastel is dit die eerste keer in die geskiedenis van ons Gemeente dat drie jong lidmate terselfdertyd as dokters kwalifiseer!
Ons is baie trots op hulle en bid dat die Here hulle ryklik op hul lewenspad sal seën!
Baie geluk ook aan hul ouers, soos br Jan en sr Christa Beyers van ons Gemeente!
ONDERSTEUNING VAN DIE BEUDENE DAGSORGSENTRUM
Sr Machteld du Plessis (073 251 9286) vra vriendelik dat lidmate oortollige items
aan bogenoemde dagsorgsentrum vir mense met gestremdhede sal skenk.
Twee van ons eie Gemeente se kinders word daar versorg.
Hulle benodig die volgende:
Legkaarte 300 en kleiner (al is daar paar stukke weg);
skryfbehoeftes soos vetkryt penne potlode ens;
afvalpapier tydskrifte, koerante;
krale;
waterverf kwaste;
wol garing afvallappe;
plastiese of papierglase, gewone of plastiese teelepels;
plastiese deurskynende bakkies met deksels;
ou speelgoed en soortgelyke items
Hulle sal dit ongelooflik baie waardeer as u kan help
Bring die skenkings asseblief na die kerk toe met duidelike aanduiding dat dit vir BEUDENE bedoel is
ONDERSTEUNING VAN DIE TORINGS VAN HOOP-PROJEK
Sr Ester Botha (072 784 9451) vra susters se ondersteuning vir hierdie belangrike projek waarby sy en ander susters betrokke is.
Hulle benodig hulp met hulle Kersete vir ongeveer 400 hawelose mense asook
verskeie items wat in die gemerkte houer in die voorportaal geplaas kan word.
Voorbereiding van hoederpasteie
20 kg rys
42 dosyn eiers
30 liter langlewe melk
50 pakkies “Muffin Mix”
400 waslappe
400 koekies seep
Helpende hande om die ete
op Kersdag te bedien
400 Roll On
400 mini Vaseline
Finansiële skenkings.
ONS GEMEENTE SE KALENDER/JAARPRORAM 2019
Die Jaarprogram/Kalender vir 2019 is in die voorportaal beskikbaar!
In die Jaarprogram is heelwat inligting vervat soos eredienste, kollektes, vergaderings, katkisasie,
Bybelstudie, huisbesoek deur ds Kobus in bepaalde wyke en nog vele meer.
Ons vertrou dat dit ’n handige gebruiksartikel in elke huishouding sal wees !
DIE GEREFORMEERDE KERKE VAN SA SE ALMANAK VIR 2019
Die Almanak van die GKSA 2019 is teen R85 beskikbaar.
Benewens inligting oor elke Gereformeerde Gemeente in SA, bevat dit ook weer die immer gewilde en kosbare Dagstukkies.
Elke gesin behoort ’n eksemplaar of twee te besit!
Dit is in die konsistorie by die spieël beskikbaar en ’n selfhelpsituasie.
Daar is kleingeld gereed.
Indien u nie vandag kan betaal nie, is daar ’n vorm om u naam op te skryf om later te betaal.
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
BEROEPE ONTVANG
Ds R (Riaan) Jansen van Vuuren van Hendrina/Carolina-kombinasie na Lichtenburg
Prop CJ (Jaco) Lemmer na Buffeldoorns (Fochville)
BEROEP AANVAAR
Prof RS Letsosa van Teologiese Skool Potchefstroom na Boskop
BEROEP BEDANK
Prof J Smit van Teologiese Skool Potchefstroom na Lichtenburg
ONTHOU ………. !
Onthou om jou tafel vir 10 by ouderling Louis van Niekerk (082 651 0001) vir die GALA-AAND te bespreek.
As jy met die funksie kan help, teken jou naam op die Pienk vorm in die voorportaal aan asseblief.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
MET GELOFTEDAG WAT VANDAG HERDENK WORD:
Aan U o God, kom ’n lofsang toe in Sion.
Geloftes moet betaal word aan U wat die gebed verhoor.
Psalm 65: 2,3 NAV
