Nuusbrief – 23 Desember 2018
ONS EREDIENS VANOGGEND GELEI DEUR DS KOBUS BOTHA
Skriflesing:
Matteus 1: 1-17
Teksverse:
Matteus 1: 16
“ Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. ”
Tema van die preek:
“Ons lewe uit God se genade alleen “
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 345: 1,3,4
Sang tydens die erediens:
Skrifberyming 1-6: 1,2,3
Skrifberyming 9-3: 1,2
Skrifberyming 7-2: 1,2
Skrifberyming 4-6
KOLLEKTES
Vandag en volgende Sondag se deurkollektes word vir Bybelverspreiding afgesonder.
Die kollektes onder die diens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas vir Diens van Barmhartigheid.
SR ANNIE VAN DER MERWE OORLEDE
Met leedwese maak ons bekend dat
sr Anna Martha van der Merwe/Coetzee (née v d Walt)
van Mooihawe, Dinsdagoggend in die ouderdom van 95 jaar en ses maande oorlede is
nadat sy die laaste tyd baie verswak het.
Tant Annie het in Maart 2013 vanaf die GK Bloemfontein by ons aangesluit.
Tot ’n paar maande gelede het sy nog getrou beide dienste op ’n Sondag bygewoon
en selfs in die koue winteraande was haar plek selde leeg.
Sy het sodoende ’n pragtige voorbeeld vir baie van ons gestel.
Ons dra haar kinders en kleinkinders op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader dat Hy hulle vertroostend naby sal wees.
In besonder dink ons aan ouderling Gert Coetzee wat met baie deernis en liefde teenoor sy Moeder opgetree het.
Die begrafnis het Vrydag vanuit ons kerkgebou plaasgevind.
DANKWOORD
Na die begrafnisdiens van wyle sr Annie van der Merwe, het die susters van ons Gemeente weer reggestaan met
tee, koffie, vrugtesap en verversings.
Soos ons hulle ken, is die bediening en opruim agterna, weereens met baie grasie en vriendelikheid gedoen.
Ons bedank graag vir susters Ester Botha, Geri Kotzé en Johanda van der Merwe vir hierdie liefdestaak!
EREDIENS OP KERSDAG
Oormôre (Dinsdag) op Kersdag 25 Desember 2018 sal daar DV ’n erediens om 09:00
in ons kerkgebou gehou word waar dr Frans de Bruyn die prediker sal wees.
DIE AANDDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Tot 13 Januarie 2019 sal daar nie aanddienste in ons kerkgebou gehou word nie.
Daar is wel die gesamentlike aanddiens vanaand in die kerkgebou
van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid in Haldonweg om 18:00.
KATKISASIELEERKRAG BENODIG
Die Katkisasiekommissie benodig ’n leerkrag vir die Gr 1-katkisasieklas.
Lidmate wat belangstel om te help, moet asseblief met oudl Hennie de Bruin (082 335 2030) skakel.
Moenie beskeie wees nie!
LIDMATE WAT DIE KOMENDE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
23 Desember:
Br Chris van der Linde snr – 072 476 4292
24 Desember:
Oudl Henk Venter – 051 436 6574
26 Desember:
Oudl Gert Coetzee – 083 459 1039
Sr Doreen du Plessis – 051 436 6712
27 Desember:
Br Piet Botha – 083 673 5448
27 Desember:
Sr Johanda van der Merwe – 079 885 2469
28 Desember:
Sr Susan du Plessis – 051 436 6395
Sr Grietjie Vermeulen – 082 446 1473
29 Desember:
Diak Petr Havenga – 082 749 6908
Oudl Tian van der Bijl – 082 303 8046
ONDERSTEUNING VAN DIE BEUDENE DAGSORGSENTRUM
Sr Machteld du Plessis (073 251 9286) vra vriendelik dat lidmate oortollige items
aan bogenoemde dagsorgsentrum vir mense met gestremdhede sal skenk.
Twee van ons eie Gemeente se kinders word daar versorg.
Hulle benodig die volgende:
Legkaarte 300 en kleiner (al is daar paar stukke weg);
skryfbehoeftes soos vetkryt penne potlode ens;
afvalpapier tydskrifte, koerante;
krale;
waterverf kwaste;
wol garing afvallappe;
plastiese of papierglase, gewone of plastiese teelepels;
plastiese deurskynende bakkies met deksels;
ou speelgoed en soortgelyke items
Hulle sal dit ongelooflik baie waardeer as u kan help
Bring die skenkings asseblief na die kerk toe met duidelike aanduiding dat dit vir BEUDENE bedoel is
TORINGS-VAN-HOOPPROJEK
Sr Ester Botha wil baie graag al die susters bedank vir die pragtige reaksie op haar versoek dat bydraes gemaak kan word.
Sy sê baie dankie vir die ruim skenkings wat hulle ontvang het.
Agtien hoenderpasteie gaan deur ons susters gaar gemaak en op Kersdag aan haweloses bedien word!
Geskenkpakkies gaan ook oorhandig word.
Dis wonderlik dat daar soveel empatie en meelewing by ons lidmate is.
Baie dankie!
PUBLIKASIES 2019
Die Jaarprogram/-Kalender vir 2019 is gratis in die voorportaal beskikbaar!
Ons vertrou dat dit ’n handige gebruiksartikel in elke huishouding sal wees wat gereeld geraadpleeg gaan word.
Die Almanak van die GKSA 2019 beskikbaar.
Benewens inligting oor elke Gereformeerde Gemeente in SA,
bevat dit ook weer die immer gewilde en kosbare Dagstukkies.
Dit is in die konsistorie by die spieël teen R85 beskikbaar. Dis ’n selfhelpsituasie en daar is kleingeld gereed.
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het oorgekom van die volgende Gereformeerde Kerk gemeentes:
Bethulie:
Br Hendrik Frederik Prinsloo (Hennie) Pretorius en egg sr Cecilia (Cecile) Pretorius,
woonagtig te Serenitas 60 in die wyk Serenitas.
Ladybrand:
Br Bernardus Petrus (Pieter) en sr Karien van Rooyen
en twee gedoopte seuns, Bernard van Rooyen en Kobus van Rooyen,
woonagtig te Winterstraat 13 in die wyk Paul Rouxstraat.
Ons heet hierdie twee gesinne van harte welkom in ons Gemeente en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees!
GLASE GESKENK DEUR ANONIEME WELDOENER
Die anonieme lidmaat wat glase met ons kerk se logo en die lidmaat se naam daarop, aan nuwe intrekkers en lidmate ouer as 80 jaar skenk,
het so pas weer ’n aantal glase voltooi wat in die voorportaal beskikbaar is.
Die volgende lidmate kan asseblief hul glase neem:
Salomé Bothma
Klasie de Kock
Rina de Kock
Charl du Plessis
Basie du Plooy
Lilene du Plooy
Esther Janse van Rensburg
Susan Kotzé
Arie Kruger
Daphne Kruger
Martie Kruger
Koos Reyneke
Johan Roux
Jurien Smits
Pieter Smits
Rudie Smits
Rina Strydom
Pieter van Zyl
Van ’n vorige besending is daar nog glase vir
Hettie Bonthuys, Elsie Coetzee, Kobus Coetzee, Martie van der Linde en Wlhelm van der Merwe.
Vriende, familie of kerkraadslede van hierdie lidmate kan die glase ook neem en oorhandig asseblief!
GALA-AAND 1 MAART 2019
Regstelling:
Dit het nou onder ons aandag gekom dat die tafels AGT persone en nie 10 soos in die vorige Nuusbriewe gemeld is nie.
Lidmate kan dus ’n tafel vir 8 persone by oudl Louis van Niekerk (082 651 0001) of diak Cobus Venter (082 055 7083) vir die GALA-AAND van 1 Maart 2019 om 18:00 by Bobbiespark bespreek.
Lidmate wat met of tydens die funksie hulp kan verleen, moet hulle naam op die Pienkvorm wat in die voorportaal is, aanteken, asseblief.
GEDAGTE VIR HIERDIE WEEK
MET KERSFEES
“Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om
met Maria te trou nie, want wat in haar
verwek is, kom van die Heilige Gees.
Sy sal ’n seun in die wêreld bring,
en jy moet hom Jesus noem, want
dis Hy wat sy volk van hulle
sondes sal verlos”
Mat 1:20,21 NAV
