Die erediens word vandag deur Ds Kobus Botha, ons dominee, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Skrifberyming 1-6: 1 tot 3
Die wet
Eksodus 20
Sang
Liedboek 334: 1 tot 4
Gebed
Belydenisaflegging
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Sang
Psalm 134: 4
Skriflesing
Brief van Judas vers 1 tot 25.
Teksverse
Judas vers 20 & 21
20 Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.
21 Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.
Slotsang;
Skrifberyming 15-7: 4 & 6
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
EREDIENSTE
Daar sal vandag net een erediens gehou word om 9:30.
Katkisasie het reeds vir die vakansie gesluit.
U moet asseblief nogsteeds vir br Pieter du Plessis per Whattsapp of SMS (082 570 1804) laat weet watter diens u wil bywoon
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Expando-fonds wat aangewend word om ‘n sentrum vir bedieningstoerusting en begeleiding onder die toesig van die Kuratore en in samewerking met Fakulteit Teologie te vestig,word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE NAGMAAL
Die Sakrament van die Heilige Nagmaal sal DV volgende week, 17 Oktober 2021, gevier word.
Daar sal twee eredienste gehou word, naamlik om 8:30 en 10:30.
Daar sal na afloop van die tweede diens, weer ‘n Gemeente-ete in die kerksaal wees.
Die koste beloop R50 vir volwassenes en hoërskoolkinders en R30 vir laerskoolkinders terwyl dit gratis is vir voorskoolse kinders.
Belangstellendes moet asseblief hulle name vandag nog op die vorm in die voorportaal invul.
Almal wat die ete wil bywoon, moet hulle eie eetgerei en drinkgoed saambring.
BELYDENIS VAN GELOOF
Die volgende jonge broeders en susters sal vanoggend tydens die erediens geleentheid kry om Belydenis van hul Geloof voor die gemeente af te lê:
Louis Claasen, seun van Mariëtte Claasen van Ladybrand.
Jaco Kirstein, seun van br Jaco en sr Gerda Kirstein.
Alex Klopper, dogter van br Steva en sr Mariëtte Klopper en kleindogter van sr Skat Klopper.
Franté Nel, dogter van Jaco en Sunet Nel van Ballito en kleindogter van br Piet en sr Franrien Pretorius.
Louis Steyn, seun van br Louis en sr Hetta Steyn.
Ons is saam met die ouers en grootouers dankbaar vir die Here se genade in hulle en hulle kinders se lewens.
Ons bede is dat hulle steeds tot seën sal wees vir almal rondom hulle !
ONS DINK AAN ………
Sr Hester van den Berg wat in die hospitaal opgeneem is.
Sr Lettie van Wyk wie se moeder oorlede is.
Br Piet Knoester wie se suster oorlede is.
ALMANAK VAN DIE GEREFORMEERDE KERK VAN SA
Die Almanak vir 2022 kan bestel word teen R100.00 stuk.
Benewens die besonderhede en statistiek van al die Gereformeerde Kerke in SA, bevat dit ook weer die gewilde Dagstukkies.
U word versoek om voor volgende Sondag 17 Oktober 2021 u bestelling by ouderling Pieter du Plessis te plaas.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
SENIOR LIDMATE:
11 Oktober
Sr Antoinette Coetzee – 051 436 2698
12 Oktober
Sr Rina Smith is 93jaar ! – 082 772 9083
BELYDENDE LIDMATE:
11 Oktober
Br Dieter de Bruin – 083 325 1160
12 Oktober
Br Willem Bonthuys – 074 453 7347
Br Jaco Kirstein jnr – 082 881 4060
15 Oktober
Sr Bessie Labuschagne 079 603 2939
Sr Hester Lubbe – 083 678 6645
16 Oktober
Br Willie Muller – 072 022 1963
DOOPLIDMATE
14 Oktober
Gavin Stoltz – 082 573 9177
