Nuus uit die Gemeente – Sondag 3 Oktober 2021
Die erediens word vandag deur Ds Kobus Botha, ons dominee, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 188: 1 & 3
Votum
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Skrifberyming 2-6: 1 & 5
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Kolossense 2 & 3
Sang
Liedboek 241: 1 & 3
Sakrament van die Heilige Doop – Die verbondseuntjie van diakens Muller en Elizé Heyns
Psalm 134: 4 en Psalm 105: 5
Skriflesing en Teks
Lukas 7: 11 tot 17
11 Kort daarna het Jesus na ‘n dorp met die naam Nain gegaan,
12 en sy dissipels en ‘n hele menigte mense is saam met Hom. Toe Hy naby die ingang van die dorp kom, word daar juis ‘n dooie uitgedra om begrawe te word. Hy was die enigste seun van sy ma, en sy was ‘n weduwee. Byna die hele dorp se mense was saam met haar.
13 Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry en vir haar gesê: “Moenie huil nie!”
14 Hy gaan toe nader en vat aan die baar. Die draers gaan staan toe, en Hy sê: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op!”
15 Die dooie het regop gaan sit en begin praat. En Jesus het hom aan sy ma teruggegee.
16 Almal is met ontsag vervul en het God geprys deur te sê: “‘n Groot profeet het onder ons opgestaan,” en “God het na sy volk omgesien.”
17 Die berig oor wat Hy gedoen het, het deur die hele Joodse land en die omliggende gebied versprei.
Slotsang;
Liedboek 464: 1 & 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
EREDIENSTE
Daar sal vandag net een erediens gehou word om 9:30.
Katkisasie het reeds vir die vakansie gesluit.
Nagmaal sal op DV Sondag 17 Oktober 2021 om 9:30 gehou word.
U moet asseblief nogsteeds vir br Pieter du Plessis per Whattsapp of SMS (082 570 1804) laat weet watter diens u wil bywoon
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word en beskikbaar op ons webblad(www.gkbfnnoord.co.za)
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Die Kerkblad word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
BELYDENIS VAN GELOOF
‘n Aantal jongmense sal DV volgende Sondag, 10 Oktober 2021, die geleentheid kry omBelydenis van Geloof af te lê.
GELUK AAN ……
Diakens Muller en Elizé Heyns met die doop van hul verbondskindjie.
Sr Jana van Heerden , dogter van br Kobus en sr Corlia van Heerden, wat gister met Chris van der Merwe in die huwelik bevestig is.
Die ouers en grootouers, ouderling Jan en sr Susan Schutte, word van harte gelukgewens.
KERKRAADVERGADERING VAN DIE OUDERLINGE
Die ouderlinge vergader DV vanoggend na die erediens in die kerkgebou.
ALMANAK VAN DIE GEREFORMEERDE KERK VAN SA
Die Almanak vir 2022 kan bestel word teen R100.00 stuk.
Benewens die besonderhede en statistiek van al die Gereformeerde Kerke in SA, bevat dit ook weer die gewilde Dagstukkies.
U word versoek om voor Sondag 17 Oktober 2021 u bestelling by ouderling Pieter du Plessis te plaas.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
SENIOR LIDMATE:
9 Oktober
Sr Ricka Venter – 082 202 4355
BELYDENDE LIDMATE:
Vandag
Ouderling Wikus du Plessis – 051 436 0425
4 Oktober
Sr Martie Eloff – 083 310 5661
Br Theunis Krüger – 082 419 3046
Br Pieter van Rooyen – 083 308 4658
5 Oktober
Br Jaco Coetzee – 083 743 8137
Br Cobus van der Bijl – – 082 780 9717
6 Oktober
Sr Magda Smits – 072 064 1803
Br Janco Coetzee – 051 436 6703
7 Oktober
Diaken Andries Jansen van Vuuren – 051 444 5944
Br Jan-Hendrik Steyn – 082 052 0421
Sr Lucinda Stoltz – 082 573 9177
8 Oktober
Sr Kelsey du Pisanie – 076 775 0991
DOOPLIDMATE
8 Oktober
Lientjie van der Berg – 084 588 4324
Kaylee Grobler – 072 504 2518
